BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING TELESKOOP TOETS

Ek kyk nou al n gruime tyd na hierdie scope, en het hierdie week die geleentheid gekry om een te toets.

Eerstens wil ek s? dat die nie n gewone scope is nie, maar uniek is in die sin dat dit nie net die afstand baie akkuraat ?range? met n ingeboude rangefinder nie, maar ook die mikpunt vir jou aandui waar om te mik op watter afstand, deur n klein LED liggie te laat aankom op die vertikale kruishaar, presies waar jou betrokke kaliber sal skiet op daardie afstand wat hy vir jou range.
Kyk na hierdie link vir n baie mooi verduideliking. 








Ek moet erken dat ek maar redelik skepties was, en nie regtig geweet het wat om te verwag.
Ek was stomgeslaan, en dit het my hoogste verwagtinge v?r oortref. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so beindruk was met enige produk wat ek al ooit gebruik het nie.

Eers meer oor die scope:

Die scope kom met n vergroting van 4x ? 12x - 42mm  wat oor genoeg is om mee te jag.
Hy word gepas op die geweer met  2 x klampies wat voorsien word, wat op n Piccatini rail, of Weaver basisse vaskom.

So klamp hy vas aan die geweer. Die scope het n Piccatini railonder aan, en hy klamp dan vas aan die geweer se picattini rail of weaver bassise.

Image


Dit het my 2 minute gevat om die scope te mount, en 4 skote om hom in te stel op 100m. Soos met alle Burris scopes wat ek tot dusv?r mee te doen gehad het, was sy verstellings baie akkuraat en het hy presies gestel soos ek van hom gevra het. Ek het die handleiding gevolg om my geweer se trajek in te pons, en het nie eers die ?fine tune? metode gevolg nie. Dit het ek sommer die aand voor die baantoets by die huis gedoen, en net so gaan skiet. Die hele opstel en programering van die scope vat minder as n minuut, en is baie eenvoudig as jy die instruksies volg.

Daar is so n klein remote skakelaar wat jy op enige plek op die geweer kan plaas waar dit vir jou gemaklik is, wat jy net druk met een van jou vingers om vir jou die afstand te gee. Hy werk baie doeltreffend.

Die Toets:

Soos ek ges? het, het dit my nadat ek hom ge ?boresight? het, slegs 4 skote geneem om hom in n 32mm plakkertjie te laat skiet op 100m. Toe skiet ek nog een om seker te maak.

Image

Daarna het ek op die 200m 2 x skote geskiet, en toe op die 300m 3 x skote. So lyk hulle: (Dit is die wat nie in rooi omkring is)

200m

Image

300m

Image


Die afstand  en die mikpunt word binne n sekonde aangedui in die boonste segment van die scope. Plaas net die helder verligte kolletjie op die teiken en druk die sneller. Die kolletjie is baie helder selfs in helder sonskyn.

Nadat ek  hierbo tevrede was dat die scope op al die die bogenoemde afstande in die kol was, het ek terugbeweeg na 357m en 2 skote geskiet. Ek het gaan kyk waar hulle was en gesien dat ek hulle bietjie hoog laat breek het.


Image


Ek het teruggery en toe vanaf 352m 2 skote geskie.

Image



Ek het toe vorentoe gery met my bakkie, en elke nou en dan gestop, agterop geklim en 2 skote geskiet van al die volgende afstande af.


357m x 2
352mx 2
326mx 2
300m x 3
279m x 2
247m x2
205m x 2
170m x 2

Hier is die resultate van die 17 skote wat geskiet is met die mikpunt aanduidings soos deur die scope vir my aangedui is. Hieruit kan mens sien dat die resultate verstommend is. In ag geneem dat daar n 4 -8mph wind gewaai het, waarvoor ek ook nog afgemik het, daarom die horisontale verspreiding van die groepering. Ek kon vanaf die 247m my skote baie duidelik sien op die teiken.

Image


Net daar het ek besluit om die scope ook in die nag te toets op Jakkalse om te sien hoe goed hy gaan vaar in die donker. Die scope het ongelooflik goed ge ?range? in die donker, maar die afstand syfers het my vir sowat 4 sekondes uit aksie gehaal aangesien die lig wat die syfers maak te helder is. Maar sodra die syfer liggies afgaan, kon ek gemaklik skiet met die mikpunt liggie wat nog brand, maar moet s? dat die liggie baie skerp is, en sal ek hom graag in die nag so bietjie wil verdoof. Ek gaan uitvind of dit moontlik is. Daar het 3 x jakkalse en 1 x ystervark gesnewel, waarvan net een n stilstaande skoot was, die ander het almal beweeg. Ek kon die vergroting vinnig afdraai vir die bewegende teikens.

Die volgende dag het ek die scope laat toets deur 3 x ander manne op n  8? staal gong. Ek het teruggestoot met die bakkie, en hulle laat skiet. Die resultate was weereens verstommend. Vanaf 228m tot en met 444m het hulle nie een keer mis geskiet. Ek het sowat 6 keer gestop op verskillende afstande tot en met 444m. Nie een van die skuts skiet SA Jaggeweer skiet kompetisies, en ken derhalwe nie n gong nie.  Ek is oortuig..!!!

Ek glo dat hierdie teleskoop n skut of jagter instaat kan stel om skote te skiet waarvoor hy nog nooit kans gesien het nie. Dit is net verstommend om te sien hoe maklik hy dit maak om oor enige afstand, angeag die betrokke geweer se trajek so dodelik akkuraat te kan skiet. Dit is ons plig as jagters om n bok so eties as moontlik te skiet, met so min lyding as moontlik. Hierdie teleskoop maak dit juis moontlik om baie akkurate skootplasing te lewer wat sal lei tot n vinnige dood van die dier.

Ons het ook in die plaas se wildkamp gaan rondry om te sien hoe effektief die rangefinder werk. Weereens was ek verstom. Ek self besit n Leica 1600 rangefinder wat sekerlik die heel beste is, en ek was verstom om te sien hoe effektief die scope kon rangefind. Omdat die geweer baie stiller as n klein rangefinder in jou hand gehou kan word, het ek die bokke baie vinniger kon range as met my Leica. Ek het n Takbok wat net sy kop bokant die lang Smutsvinger gras uitgesteek het op 426m kon range, en Blesbokke wat oop gestaan het, gemaklik binne n sekonde op oor die 500m gerange. Ek het ook gekyk hoe groot die kolletjie is wat as mikpunt gebruik word op n bok se kop, en kon gemaklik n Blesbok en Gemsbok in die die kop skiet op daardie afstande, met die kolletjie wat nie naastenby die hele kop toemaak nie. As die kolletjie op die bok se kop gehou word, kan jy nog gemaklik n groot deel van sy kop sien uitsteek op oor die 400m. Die v?rste wat ek beeste kon range was 634m.
Die enigste nadeel van die teleskoop is dat daar n klomp klein en baie fein draadjies sigbaar is in die scope by sy vertikale kruishaar, wat die LED liggies voer. Dit lyk soos n vo?ltjie se veer wat daar sit, en dit maak die deel sowat n millimeter aan elke kant van die vertikale kruishaar so bietjie dof, veral as jy oor die teiken beweeg. As jy daarby kan verby kyk, en al die ander voordele in ag neem, is hierdie n uitmintende stuk gereedskap vir n profesionele oes skut, sowel as n jagter wat net so nou en dan in die veld kom, en glad nie sy betrokke kaliber se trajek ken nie. Dit maak ook van kleilat soos n .308, n ongelooflikke langafstand kaliber wat baie akkuraat aangewend kan word oor n verskeidenheid afstande.

Hierdie teleskoop het die vermo? om n gemiddelde skut te laat lyk soos n pro in die jagveld, en veral op lang afstande, mits jy hom reg kalibreer wat baie eenvoedig en maklik is, en natuurlik jou kant bring om n goeie skoot aft e vuur.

Ek besef dat die puruste onder ons die aapstuipe sal kry net om daaraan te dink om so n scope te gebruik, sowel as die manne wat gewoond is aan die tipe van beeldkwaliteit van n Swarovski, maar alles in ag geneem, en as jy nie dwarssteek teen enige nuwerwetse tegnologiese vooruitgang, is hierdie n MASJIEN..!!!!

Sal ek een koop?
Hierdie toets model bly net hier, hy gaan nie weer terug winkel toe nie.


Ek glo met so bietjie speel en gewoont raak, kan hierdie n uitstekende scope wees vir jakkalse en ongediertes skiet in die nag. Veral vir ons manne wat nie so baie in die nag uitkom en afstande goed kan skat, sowel as vir die gebruik op kalibers wat nie so plat skiet nie. Die scope doen al die trajek skat werk vanself, en is ongelooflik akuraat daarmee soos gesien kan word uit hierdie toets. As ek net die liggie so bietjie dowwer kan stel in die nag, gaan hierdie beslis n wenner wees.

En al 3 skuts wat saam met my vandag die gonge geskiet het, het klaar vir hulle ook bestel, die een het sommer 2 gevat.


So lyk hy op my geweer. Ek erken dat toe ek hom op die rak gesien het in die winkel, hy maar vrek lelik was, maar op die geweer lyk hy nie te sleg nie

Image

Image
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Piet Breedt on Fri Feb 17, 2012 7:39 am, edited 1 time in total.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Gerhard »

Baie netjiese veslag Piet.

Wat kos die teleskoop hier in SA?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Zack Benade

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Zack Benade »

Hallo Piet

Jou verslag bevat alles wat 'n man wil weet.  Dankie vir die volledige terugvoer.  Jy het beslis die scope duer alle fase getoets.

Net een vraag.  Is die 42mm voor nie 'n bietjie klein vir nag skiet nie?

Groete en nogmaals dankie
Zack
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by cassie_calvinia »

gerhard, hy by S&O, 'n pel van my het laasjaar in kalihari gaan springbok jag, en hy het bitter ver geskiet,kopskote. dink hy so by R11 000.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Gerhard »

cassie_calvinia wrote: gerhard, hy by S&O, 'n pel van my het laasjaar in kalihari gaan springbok jag, en hy het bitter ver geskiet,kopskote. dink hy so by R11 000.
Dankie man.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Beyers »

uITSTEKENDE VERSLAG
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

Zack, dit is altyd beter om n groter voorste lens te h? vir nagskiet, maar my huidige nagskiet scope is ook maar n Burris 4,5 - 14 x 42, en hy is baie duidelik in die nag. Baie beter as baie ander dubbel so duur scopes met 50mm voorste lense wat ek al mee geskiet het. Vra maar vir enige Burris eienaar hoe goed hulle kyk.

Gerhard, die Eliminator verkoop vir sowat R10500.00 by S & O. Ek hoor n vo?ltjie vluit dat Jaracal lede moontlik n beter prys kan beding.  Ek dink vir wat die scope jou bied, is dit n baie goeie prys. Hulle verkoop vir sowat 800 US Dollar in die VSA, wat ongeveer R 6400.00 is, sonder belastings. In ag genome al die slep, en invoerbelastings wat nog daarby gevoeg word, + vervoerkoste, dan is S & O se prys baie goed, en boonop het jy hulle waarborg en backup wat jy op die koop toe kry.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4599
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by James Wilson »

ek het die naweek wat verby is een in my hande gehad op die pmp se groep skiet dag. die teleskoop was werklik helder en was besonder user friendly.

dankie vir die verslag dit was baie voledig
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Dawie D
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Tue Sep 01, 2009 7:52 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Dawie D »

Piet Breedt

Ek is bly iemand het nou die scope ordentelik getoets, ek wou al lankal vir my so n scope koop maar ek was nog altyd bang dat jy nie n bok se kop op 300m +sal kan sien nie.

Watse kaliber het jy gebruik?

Dankie vir n goeie verslag Piet

Groete Dawie
As ek jou sien gaan jy val
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Gerhard »

Piet Breedt wrote: Gerhard, die Eliminator verkoop vir sowat R10500.00 by S & O. Ek hoor n vo?ltjie vluit dat Jaracal lede moontlik n beter prys kan beding.  Ek dink vir wat die scope jou bied, is dit n baie goeie prys. Hulle verkoop vir sowat 800 US Dollar in die VSA, wat ongeveer R 6400.00 is, sonder belastings. In ag genome al die slep, en invoerbelastings wat nog daarby gevoeg word, + vervoerkoste, dan is S & O se prys baie goed, en boonop het jy hulle waarborg en backup wat jy op die koop toe kry.
Een van die operkings wat ek baie gehoor het oor die teleskoop is dat hy te "grof" is en di kolletjie n bok se lyf toe maak op 350m +

Dit is goed dat jy nou die teen deel bewys het Piet.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by BLOK »

Oom Piet

Dankie vir die baie lekker leesbare en verstaanbare verslag. Ek was nogal baie skepties oor die scopes gewees. Hierdie verslag het my n ander persepsie gegee, ek weet ook dat die verslaggewer weet waarvan hy praat en al genoeg ander scopes ook getoets het.

Baie dankie

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Koos Barnard »

Dags?
Dankie Piet vir die goeie verslag. Moet s? ek het nie van die scope se dik kruishaar gehou toe ek hom getoets het nie. Hy maak heeltemal te veel van die bok toe na my sin.
Mooi loop
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

Ja Koos, nie almal sal van die kruishaar hou nie. Maar soos ek ges? het, as jy bereid is om om die enigste nadeel in my o? te kyk nl: die kruishaar se dikte waar die draadjies vir die LED's inkom, en al die positiewes wat die scope jou bied teen dit opweeg, en hom fisies toets om te sien hoe ongelooflik efektief hy aangewend kan word, dan is die dikkerige kruishaar n baie klein prys om te betaal vir dit wat hy jou bied.

Ek skiet geweldig baie op die bane, en in die veld waar ek met balistiese tabelle werk om raak te skiet op die langer afstande, en hierdie scope maak al daardie werk en toerusting obsoluut en oorbodig. Hy doen al die werk binne twee sekondes. Dit is partykeer net daardie twee sekondes wat jy het op n skoot suksesvol te kan skiet as jy bokke oes.

Ek dink n man soos Dawie D sal so scope ongelooflik goed kan benut, en sy reeds ho? sukses syfer nog beter kan maak. Daar is geen twyfel in my hart daaroor na wat ek gesien het met my toets.
User avatar
Vantheman
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Vantheman »

Goeie verslag, baie dankie.

Die scope is vir R9000 beskikbaar by VLT as mens kontant betaal. Dink nie dus te sleg vir wat jy kry nie...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Francois Marais »

Pieta

Ek het met een probeer skiet in die nag, en kon gladnie die 4 sek, wat jy niks kan sien na jy gerange het, hanteer nie, voel vir my soos n ewigheid....

Net my 2c....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Koos Barnard »

Francois
Stem saam met jou. Daar is ander dinge waarvan ek ook nie hou nie. Maar omdat ek 'n ander scope brand smous wil ek nie Burris afkraak nie. Elke ou moet maar self besluit wat vir hom werk en wat nie.
Mooi loop
immelmanw

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by immelmanw »

Koop nou by Safari & Outdoor - R9500.00 (kontant / kaart / skape / beeste)

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... 2x42_laser

Groete

Willem
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Sarelss »

Aggenee man,
Almal s? dankie vir die toestverslag. Ek moet ongelukkig kla. Ek "eye" die scope nou al meer as 'n jaar. Nou is my besluitloosheid in sy )*)(*) in en sal ek een moet aanskaf vir my kleilat! Daai kleilat skiet erg akkuraat, maar met baas wat sukkel met afstand skat, gaan hy nou eers lekker skiet.

Groetnis
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
immelmanw

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by immelmanw »

Geniet dit!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

Ek het vanmiddag weer 3 manne gaan wys hoe werk die scope, onder andere een van my broers, en Hennie van PTA S & O. Hulle was aanvanklik nie te opgewonde oor die scope, en het net soos Koos gekla dat die kruishare bietjie dik voorkom, en dat die o?nskynlikke helderheid, veral om die vertikale kruishaar nie na wense is. Ons het eers in die wildkamp gaan kyk en range, waar hy nie so goed gevaar het in n reenbui soos verlede week. Immers waarsku die handleiding teen nie so goeie rangeing in reen. Selfs my Leica 1600 het ook nie goed gevaar in die reen soos verwag. Almal was egter beindruk oor hoe klein die verligte kolletjie is, en hoe presies jy hom op n bok se kop kan hou oor redelikke lang afstande oor die 300m, selfs op Rooibok en Blesbokkoppe.

Maar toe die reen verby is en ons begin skiet, het die manne se monde behoorlik oopgehang, veral toe ons verder as 250m, tot op amper 600m die gong laat lui in eentonige reelmaat. Almal wat skepties was, was oortuig. My broer het op n kleinerige 2" helder oranje plakker geskiet wat definitief kleiner as n rooibok se brein area is, en hom baie netjies raakgeskiet vanaf 260m en 303m. Daar is definitief n plek vir die scope in mens se arsenaal, en met so bietjie fine tuning is dit n dodelikke wapen in jou arsenaal wat jou skote kan laat skiet wat voorheen net n droom was, of gedoen kon word met n uitgerekte range en turret verstelling sessie, met gepaardgaande balistiese tabelle en programme. Hierdie scope doen dit vir jou in n oogwink, en al wat jy moet doen is mik en n goeie skoot afvuur.

Ek is bereid om meeste skuts uit te daag om met enige geweer, met enige scope n challenge te skiet teen my met hierdie scope op verskillende afstande, net waar die bakkie stop, en net so vinnig soos ek te skiet. As jy met n konvensionele scope skiet, en baie tyd vat om te range, jou balistiese tabelle beraadslag, en dan verstel, sal jy definitief kan saamskiet. Maar in die tyd wat dit my neem om die skoot te skiet, twyvel ek. En dit is presies wat ek s? waar die scope gaan werk. In die veld tydens n oes, of voorsit waar daar nie altyd baie tyd aan n skoot bestee kan word, voordat die bok weer wegspring.

As jy die moeite doen om hom te fine tune soos hulle beskryf in die handleiding, is baie lang skote van onbekende afstande af, amper te maklik. Skiet eers met die scope wat mooi ingestel en gekalibreer is, voor jy n oppinie lig. Ek dink meeste van ons sal aangenaam verras wees, soos ek was. Om te sien is om te glo, soos hulle s?

Ek het Burris ge mail om te hoor of mens die lig intensiteit kan afstel vir naggebruik, en wag om van hulle te hoor. Ek sal laat weet wat hulle antwoord is.
immelmanw

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by immelmanw »

Aai Piet, jy maak swak! net sodra ek gedink het my roere is reg en klaar kos jy my geld. Ek het nou retig gedink my 22-250 was klaar met sy scooe en al, nou moet ek my duur scope afhaal vir een vir een van die manne! Ek moet se vir jakkalas en springbok voorsit en oes is daar seker nie beter nie. Ek bring my 22-250 met sy elminator een van die dae na jou vir n "tweede sessie" van jakkalsjag! Of sal ek se opvolg sessie!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Gerhard »

Nee man Piet...

Jy gaan maak dat ek ernstig begin soek na kliente om jakkalse te skiet om die teleskoop te kan bekostig...

Skuif dan die Burris Black Diamond na die 303 toe en die Eliminator op die 30 06...  :o  :o

Ek neem aan jy sal nie die teleskoop mag gebruik vir veld skiet kompetisies nie.  ???

Met die dat di intensiteit in die nag dalk nie gestel kan word nie sal ek nie eers daar aan dink om hom op my 222 te sit nie.

Die Nikon se groen kolletjie op sy dof ste verstelling is al amper te helder en rooi werk glad nie vir my nie...

Maar vir dag skiet is dit n heel ander storie.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by MEERKAT »

Hallo

Ons gebruik al 'n hele tydjie een van die scopes vir onder andere jakkalse skiet en ook springbokke skiet in die dag. Sal se die scope werk beter in die dag as die nag en dit is baie gerieflik veral vir goete redelik ver is. Die enigste fout wat ons kon agterkom is dat die scope se lesing foutief was op 240m waar die lesing 224 verskeie kere gegee is. Al die ander afstande was binne meter of 2. Eintlik is 224 na 240 vir wat ons doen met die scope irrelevant.

Die Zeis is die duurder boetie in die reeks en op die skietbaan het ons 'n vergelyking probeer maak tussen die scopes.
Alles was redelik dieselfde tot op die 300 waar die groepering met die Burris beter was, die Zeis met groter bell laat wel meer lig in wat vir die fynproewer met die diep sakke vir sy eie gemoed beter sal wees.

Sal graag vir Piet vra om die 2 scopes te vergelyk en te kyk na waarde vir geld R9000.00 teen R30000.00.
Onthou net by veldskiete moet batterye uit wees.

Groetnis en lekker range
MEERKAT
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by JPS »

Gerhard wrote: Baie netjiese veslag Piet.

Wat kos die teleskoop hier in SA?
R8500 volgens Optics international se website.

Groete
JP
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: BURRIS ELIMINATOR LASER RANGEFINDING SCOPE TOETS

Post by Piet Breedt »

Soos ek ges? het, ek dink nie die scope gaan aanklank vind by almal nie, veral nie by die vynproewer onder ons as dit kom by beeldkwaliteit soos met die duurder Europese scopes. Maar vir die regte doel, kan ek julle waarborg gaan min goed indien enige hom klop. Ek het al baie scopes in my lewe getoets, en n klomp gekry waar ek baie tevrede mee was, en ander weer minder tevrede. Maar het nog nooit een gekry wat met so min moeite my so akuraat kan laat skiet oor so groot verskeidenheid afstande, sonder enige ekstra hulpmiddels soos n aparte rangefinder, balistiese programme en baie draai aan die turrets, of n groot mate van duimsuig en raai nie.

Vir die van ons wat nie n groot en deuglikke kennis van ons gewerer se trajekte oor verskeie afstande het, is hierdie die antwoord, sowel as vir die bok oesters onder ons, veral in die dag. Ek stem saam met FM en Meerkat dat die afstand liggie te lank aanbly en te skerp is vir nagskiet. Indien die lig intensiteit afgestel kan word, is dit n ander storie, en kan hy dan baie efektief aangewend word vir nagskiet.
Post Reply