Ek kyk nou al n gruime tyd na hierdie scope, en het hierdie week die geleentheid gekry om een te toets.
Eerstens wil ek s? dat die nie n gewone scope is nie, maar uniek is in die sin dat dit nie net die afstand baie akkuraat ?range? met n ingeboude rangefinder nie, maar ook die mikpunt vir jou aandui waar om te mik op watter afstand, deur n klein LED liggie te laat aankom op die vertikale kruishaar, presies waar jou betrokke kaliber sal skiet op daardie afstand wat hy vir jou range.
Kyk na hierdie link vir n baie mooi verduideliking.
Ek moet erken dat ek maar redelik skepties was, en nie regtig geweet het wat om te verwag.
Ek was stomgeslaan, en dit het my hoogste verwagtinge v?r oortref. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so beindruk was met enige produk wat ek al ooit gebruik het nie.
Eers meer oor die scope:
Die scope kom met n vergroting van 4x ? 12x - 42mm wat oor genoeg is om mee te jag.
Hy word gepas op die geweer met 2 x klampies wat voorsien word, wat op n Piccatini rail, of Weaver basisse vaskom.
So klamp hy vas aan die geweer. Die scope het n Piccatini railonder aan, en hy klamp dan vas aan die geweer se picattini rail of weaver bassise.

Dit het my 2 minute gevat om die scope te mount, en 4 skote om hom in te stel op 100m. Soos met alle Burris scopes wat ek tot dusv?r mee te doen gehad het, was sy verstellings baie akkuraat en het hy presies gestel soos ek van hom gevra het. Ek het die handleiding gevolg om my geweer se trajek in te pons, en het nie eers die ?fine tune? metode gevolg nie. Dit het ek sommer die aand voor die baantoets by die huis gedoen, en net so gaan skiet. Die hele opstel en programering van die scope vat minder as n minuut, en is baie eenvoudig as jy die instruksies volg.
Daar is so n klein remote skakelaar wat jy op enige plek op die geweer kan plaas waar dit vir jou gemaklik is, wat jy net druk met een van jou vingers om vir jou die afstand te gee. Hy werk baie doeltreffend.
Die Toets:
Soos ek ges? het, het dit my nadat ek hom ge ?boresight? het, slegs 4 skote geneem om hom in n 32mm plakkertjie te laat skiet op 100m. Toe skiet ek nog een om seker te maak.

Daarna het ek op die 200m 2 x skote geskiet, en toe op die 300m 3 x skote. So lyk hulle: (Dit is die wat nie in rooi omkring is)
200m

300m

Die afstand en die mikpunt word binne n sekonde aangedui in die boonste segment van die scope. Plaas net die helder verligte kolletjie op die teiken en druk die sneller. Die kolletjie is baie helder selfs in helder sonskyn.
Nadat ek hierbo tevrede was dat die scope op al die die bogenoemde afstande in die kol was, het ek terugbeweeg na 357m en 2 skote geskiet. Ek het gaan kyk waar hulle was en gesien dat ek hulle bietjie hoog laat breek het.

Ek het teruggery en toe vanaf 352m 2 skote geskie.

Ek het toe vorentoe gery met my bakkie, en elke nou en dan gestop, agterop geklim en 2 skote geskiet van al die volgende afstande af.
357m x 2
352mx 2
326mx 2
300m x 3
279m x 2
247m x2
205m x 2
170m x 2
Hier is die resultate van die 17 skote wat geskiet is met die mikpunt aanduidings soos deur die scope vir my aangedui is. Hieruit kan mens sien dat die resultate verstommend is. In ag geneem dat daar n 4 -8mph wind gewaai het, waarvoor ek ook nog afgemik het, daarom die horisontale verspreiding van die groepering. Ek kon vanaf die 247m my skote baie duidelik sien op die teiken.

Net daar het ek besluit om die scope ook in die nag te toets op Jakkalse om te sien hoe goed hy gaan vaar in die donker. Die scope het ongelooflik goed ge ?range? in die donker, maar die afstand syfers het my vir sowat 4 sekondes uit aksie gehaal aangesien die lig wat die syfers maak te helder is. Maar sodra die syfer liggies afgaan, kon ek gemaklik skiet met die mikpunt liggie wat nog brand, maar moet s? dat die liggie baie skerp is, en sal ek hom graag in die nag so bietjie wil verdoof. Ek gaan uitvind of dit moontlik is. Daar het 3 x jakkalse en 1 x ystervark gesnewel, waarvan net een n stilstaande skoot was, die ander het almal beweeg. Ek kon die vergroting vinnig afdraai vir die bewegende teikens.
Die volgende dag het ek die scope laat toets deur 3 x ander manne op n 8? staal gong. Ek het teruggestoot met die bakkie, en hulle laat skiet. Die resultate was weereens verstommend. Vanaf 228m tot en met 444m het hulle nie een keer mis geskiet. Ek het sowat 6 keer gestop op verskillende afstande tot en met 444m. Nie een van die skuts skiet SA Jaggeweer skiet kompetisies, en ken derhalwe nie n gong nie. Ek is oortuig..!!!
Ek glo dat hierdie teleskoop n skut of jagter instaat kan stel om skote te skiet waarvoor hy nog nooit kans gesien het nie. Dit is net verstommend om te sien hoe maklik hy dit maak om oor enige afstand, angeag die betrokke geweer se trajek so dodelik akkuraat te kan skiet. Dit is ons plig as jagters om n bok so eties as moontlik te skiet, met so min lyding as moontlik. Hierdie teleskoop maak dit juis moontlik om baie akkurate skootplasing te lewer wat sal lei tot n vinnige dood van die dier.
Ons het ook in die plaas se wildkamp gaan rondry om te sien hoe effektief die rangefinder werk. Weereens was ek verstom. Ek self besit n Leica 1600 rangefinder wat sekerlik die heel beste is, en ek was verstom om te sien hoe effektief die scope kon rangefind. Omdat die geweer baie stiller as n klein rangefinder in jou hand gehou kan word, het ek die bokke baie vinniger kon range as met my Leica. Ek het n Takbok wat net sy kop bokant die lang Smutsvinger gras uitgesteek het op 426m kon range, en Blesbokke wat oop gestaan het, gemaklik binne n sekonde op oor die 500m gerange. Ek het ook gekyk hoe groot die kolletjie is wat as mikpunt gebruik word op n bok se kop, en kon gemaklik n Blesbok en Gemsbok in die die kop skiet op daardie afstande, met die kolletjie wat nie naastenby die hele kop toemaak nie. As die kolletjie op die bok se kop gehou word, kan jy nog gemaklik n groot deel van sy kop sien uitsteek op oor die 400m. Die v?rste wat ek beeste kon range was 634m.
Die enigste nadeel van die teleskoop is dat daar n klomp klein en baie fein draadjies sigbaar is in die scope by sy vertikale kruishaar, wat die LED liggies voer. Dit lyk soos n vo?ltjie se veer wat daar sit, en dit maak die deel sowat n millimeter aan elke kant van die vertikale kruishaar so bietjie dof, veral as jy oor die teiken beweeg. As jy daarby kan verby kyk, en al die ander voordele in ag neem, is hierdie n uitmintende stuk gereedskap vir n profesionele oes skut, sowel as n jagter wat net so nou en dan in die veld kom, en glad nie sy betrokke kaliber se trajek ken nie. Dit maak ook van kleilat soos n .308, n ongelooflikke langafstand kaliber wat baie akkuraat aangewend kan word oor n verskeidenheid afstande.
Hierdie teleskoop het die vermo? om n gemiddelde skut te laat lyk soos n pro in die jagveld, en veral op lang afstande, mits jy hom reg kalibreer wat baie eenvoedig en maklik is, en natuurlik jou kant bring om n goeie skoot aft e vuur.
Ek besef dat die puruste onder ons die aapstuipe sal kry net om daaraan te dink om so n scope te gebruik, sowel as die manne wat gewoond is aan die tipe van beeldkwaliteit van n Swarovski, maar alles in ag geneem, en as jy nie dwarssteek teen enige nuwerwetse tegnologiese vooruitgang, is hierdie n MASJIEN..!!!!
Sal ek een koop?
Hierdie toets model bly net hier, hy gaan nie weer terug winkel toe nie.
Ek glo met so bietjie speel en gewoont raak, kan hierdie n uitstekende scope wees vir jakkalse en ongediertes skiet in die nag. Veral vir ons manne wat nie so baie in die nag uitkom en afstande goed kan skat, sowel as vir die gebruik op kalibers wat nie so plat skiet nie. Die scope doen al die trajek skat werk vanself, en is ongelooflik akuraat daarmee soos gesien kan word uit hierdie toets. As ek net die liggie so bietjie dowwer kan stel in die nag, gaan hierdie beslis n wenner wees.
En al 3 skuts wat saam met my vandag die gonge geskiet het, het klaar vir hulle ook bestel, die een het sommer 2 gevat.
So lyk hy op my geweer. Ek erken dat toe ek hom op die rak gesien het in die winkel, hy maar vrek lelik was, maar op die geweer lyk hy nie te sleg nie



