Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Stem saam Cobus. Hulle is huilerig want hulle moet die hond ook biltong gee wat saam loop as die Landy gaan staan het. Die hond se naam is mos Rover!! LMGA
Julle spot so met die Landrovers maar daar is tog ander voordele as net oefening as hy gaan staan
Jy kan dalk n trein ongeluk oorleef
Man oorleef botsing teen trein
2011/12/28 08:51:14 PM
DIE feit dat hy ?n botsing met ?n trein kon oorleef, is net ?n Kersfees-wonderwerk.
S? het mnr. Kobus van Blommestein (35) van Kemptonpark, Gauteng, ges? nadat hy kort voor Kersfees ternouernood aan die dood ontkom het.
Van Blommestein, ?n bemarker van plaasprodukte, het Vrydag omstreeks 17:00 op ?n grondpad tussen Edenburg en Bloemfontein met ?n ou Landrover teen ?n trein vasgejaag nadat sy remme ingegee het.
?Ek het gesien die trein kom aan en het rem getrap, maar daar was niks. Toe draai ek die voertuig in dieselfde rigting as die trein en tref hom met die kant van die Landrover.?
Met die slag van die botsing is hy uit die voertuig geslinger.
?Ek het deur die lug getrek en ?n paar keer gerol. Die Landrover se dak het op my geland.?
Hy het die Landrover drie dae voor die ongeluk gekoop en wou dit restoureer om daarmee in die veld te ry.
Volgens Van Blommestein, ?n pa van drie jong kinders, het hy oor-en-oor vir homself ges?: ?Kobus, jy is oukei, jy is oukei.?
Hy het hom later nader na die treinspoor getrek waar mense hom gehelp het.
Sy pelvis is op twee plekke gebreek en hy het verskeie skrape aan sy lyf opgedoen. Hy het ook ?n tand verloor.
?Ek kon nou dood gewees het. Nie baie mense bots met ?n trein en oorleef nie. Ek bid elke dag om dankie te s? vir die Here.?
Hy was gister in ontspanne luim in die Pelonomi-hospitaal en kon selfs grappies oor sy noue ontkoming maak.
Van Blommestein en sy tweeling, Lihan en Limarie (1), sou op die dag van die ongeluk na Richardbaai vertrek het om daar vakansie te hou.
?Die lewe het nou ?n nuwe betekenis gekry. Ek wil nou net my kinders vashou en tyd met hulle spandeer?
Hy sal nog minstens sewe weke in die hospitaal moet deurbring voordat hy ontslaan kan word.
A Land Rover doesn't leak oil, it marks it's territory.
Did you hear about the man whose Land Rover didn't leak oil?
The factory took it back and worked on it until it did.
Did you hear the one about the guy that peeked into a Land Rover and asked the owner
"How can you tell one switch from another at night, as they all look the same ?"
"He replied, it does not matter which one you use, nothing happens !"
Not many people know that the manufacturer
of Land Rovers attempted to market a computer.
Why did they stop?
The could not find a way to get it to leak oil!
Gerrit as jy nie soms vassit nie doen jy dit nie reg nie. Ek dink egter as jy so 'n sticker op jou kar het bly maar eerder op die teer want jy gaan darem regtig soos 'n p**ph*l voel as jy eendag hulp gaan nodig he.
'n Land Rover is soos 'n pragtige vrou.
Kos jou baie geld, gee jou baie probleme en laat jou wag as jy laat is.
Maar soos 'n mooi vrou kan jy nie help om te glimlag as jy jou Landy sien nie en al jou vriende wil altyd jou Landy van nader bekyk.
As jy met jou Landy ry het jy altyd 'n glimlag op jou gesig, elke keer is lekker jy weet nie wanneer jy weer 'n kans gaan kry nie.
'n Toyota is soos 'n lelike vrou.
Jy hoef nie geld aan haar te spandeer nie, want sy gaan by jou bly, maak nie saak wat nie, waar gaan sy weer iemand kry.
Sy gaan jou nooit probleme gee nie sy is bang jy jaag haar weg.
Niemand wil rerig na haar kyk nie almal lyk maar dieselfde.
Sy sit nie rerig 'n glimlag op jou gesig as jy na haar kyk nie.
'n Toyota sit nie 'n glimlag op jou gesig as jy met dit ry nie, maar jy is tevrede omdat jy weet jy kan ry wanneer jy wil.
Ha Ha, net toe Sani Pass begin rof raak toe sny die een sommer uit...iets met 'n warm gearbox te doen....die Indicators kom sommer self aan met 'n breakdown...2 uur later toe ry hy weer.
http://i825.photobucket.com/albums/zz176/cobus2/img038_zpsc6e8c32c.jpg
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)