Die

User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by baboonstalker »

Arnold,

Ek het die 95's teen 3440 fps gestoot uit my 28" loop. Daar was minder druktekens op die dop as wat ek gesien het met die 70's teen 3900. Nou moet ek wonder hoeveel meer skote die 6XC jou gaan gee teen 3300fps? Moet ek nie dalk maar die pak vat en nog 'n 6mm rem AI bou? (ek spaar mos dan klaar op doppe en dies  ;D)
Jou sondes word minder maklik vergewe met die swaarder koe?ls en dit is daar waar die lope vinnig hulle gatte sien. Ons moet seker ook nie uit die oog verloor dat performance geld kos in enige sport of stokperdjie. Ons wil darrem nog so af en toe "Ons Winkel" ook kan ondersteun vir nuwe lope, doppe en Matryse!
Kry maar vir jou 'n 6mm, jy kan nie s? jy hou van gewere as jy nie ten minste ('n paar) 6mm's in jou kas het nie! (en maak sommer gou voor daar nog 'n piekvoet die budget kom plunder!) ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Gerhard »

Ek sal die ou 6mm Rem AI by jou oorvat as jy die nuwe een bou...  :angel:
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Arnold

Ek was ook nie seker of hulle op bekende afstande skiet, maar het gou gaan loer. Jis Arnold, jy skiet ook 'n paar goete en sal graag jou ondervindinge wil hoor met sulke tipe dinge wat ons(ek) lees in verskillende artikels en dan nog so teenstrydig.

Kyk, die XC is baie mooi en doen verseker sy ding op ons bane, maar dit bly 'n nuwerige konsep en almal is nou die ene vuur-en-vlam. Dink net ek moet nog so bietjie meer tyd gee vir die ou en dan later eerder self kyk wat in sy dop(broek) sit. Die 6-250 is maar in dieselfde dop kapasiteit range(lyk en ek dink so) as die XC en spoed van 3400fps met 75gr koe?ls was as klaar redelik naby aan maksimum en wonder ek hoe sal die 30grade skouer nou soveel verskil maak. Die XC se skouer sal makliker voer uit magasyn, maar dit kan nie al rede wees nie.

Skerper skouers het meer te doen met dopleeftyd(verlaag ook die druk drasties, in elk geval na vlakke waar jou dop for ever hou) as enige iets anders sou ek dink, maar daar kan iets wees wat ek miskyk of misdink.

Darie 260 van julle is groot wenners en sien dat hulle(260's) darem al paar jaar aankom. Dinge maak sin in darie konsep en alles lyk net dat dit moet werk en hou. Ek het amper(aksie en lope was al gere?l) 'n 6.5x57(improved) gemaak, maar het my bedink en eers weer gaan kyk na bestaande roere. Ek dink ook maar baie en doen nie veel nie! :D

In die vorige post het ek gepraat van 4000fps met 65grein koe?ls in die 243AI, inder waarheid het ek begin op 4220fps met hulle maar doppe wou nie hou nie. Nie omdat ek darie spoed wou skiet nie, eerder omdat ek by 'n maat ge-chrony het en die spoed was in die 4050fps omgewing en redelik veilig gelyk en gevoel, maar dit was in die winter en het nie self chrony gehad nie. Darie selfde jaar, net later in die somer het ek gesien die doppe begin uit bail op so 3-4skote en kry toe 'n chrony as geskenk by my neef en sien toe die vreeslike spoed. Ongelukkig het die loop al skade op gedoen na omtrent 600skote(skiet mos alles van torre tot vo?ltjies met die nuwe ding) en staan so bietjie terug met die lading om op so 3900-4000fps te kom en dinge word toe al beter met groepe en flyers verdwyn toe.

Dit is vir my vreeslik interresant om te lees en te kyk na hierie lekker kalibers/doppe, maar paar dinge maak nog nie sin vir my nie.

Wonner maar altyd.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Pieter

Gaan google die IBS skiete en jy sal verbaas wees hoeveel 6mm Rem die job net so lekker doen as al hierdie volksvreemde goete. Ek het net die 1ste 10plekke gepos en tussen die die 1ste 30plekke is die RemAI nie skaam om sy slag te wys nie. Sien nogal van die Remingtons deur hulle smitte self geskiet word. Sal seker nie sommer hulself so in die voet skiet nie?

Ek jeuk ook so bietjie vir noggeding in die kas, maar dinge werk dan die heeltyd terug na wat ek reeds het(of ten minste nagenoeg). Lyk vir my 'n paar doppe staan uit tussen die baanskieters: 6BR, 22-250, 308, 7x57mm Rem en natuurlik alles wat daarop gebaseer is. Lyk verder vir my of recoil ook 'n groot rol speel op bane. Wetie?

Wat is recoil? Vir elke aksie is daar 'n reaksie. Hoe meer energie dit neem om iets(koe?l) oor sekere afstand teen sekere spoed te skuif hoe meer sal die recoil wees. Of so dink ek. Die anderkant klink dan meer vir my nommerpas vir klein groepe en baanskiet: Hoe minder energie dit neem om iets(koe?l) oor sekere afstand teen sekere spoed te skuif hoe minder sal die recoil wees. Weet okkie?

Jammer dat ek julle vankansietyd so steel.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Ludwig

Dit is ook 'n nice dop sou ek reken en dink dit het maar in "ongebruik" geword nadat die Dasher die lig gesien het. Selfde ou storie van fire form wat glo makliker is. Fire form is fire form my maat. Die aangehaalde skrywer dat om vals skouer te maak is ook ongegrond. Seat die koe?ls in die lands vir fire form ladings, in elke geval sal ek reken dat koe?ls in die lands looplewe bevorder.

Korter en langer nekke is ook wolhaarstories reken ek.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Taffie
in elke geval sal ek reken dat koe?ls in die lands looplewe bevorder.
Verduidelik bietjie hierdie stelling van jou.....wil nie stry nie, wil net leer....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Jagtersdok »

Oom Taf
Die stelling wat OOm Frans nou vra het ek ook al gewonder en ek moet s? ek dink nogals dieselfde, ek weet net nie of wat ek dink die regte redes is nie.

1) Jou start up presure is met so laai ho?r om daai koeel aangedryf te kry, dit ook hoekom jy dan minder kruit gebruik om dieslefde spoed te kry as wat jy s? 2mm van die lande af is.
Nou sien ek met die gedagte twee dinge
a) Minder kryt = minder ontbranding in daai keel en minder erosion
b) Die breekdeel van seconde wat dit langer vat om daai koeel te lanseer omdat meer ontbranding binne die dop nodig is om sodoende die start up pressure op te jaag maak dan ook nou dat daar minder kryt in daai keel hoef te brand en so spaar jy hom.

2) Omdat jy half konsenrisiteit en opleining forseer deur teen daai lande of so 0.2mm in die lande te seat is daar minder "trauma" aan daai lande want jy squeez die koeel nou tipe van deur as wat die koeel kom en elke keer in die lande in "stamp".

Miskien kan oom Taf ons meer vertel van sy gedagtes.

om FM dalk daar paar goed om aan te dink en dalk kan jy my s? of my gedagtes rondom die teorie heel van die pad af is

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by baboonstalker »

My teorie sal wees dat die koe?l vinniger in die loop se?l vaneer in die lands gelaai word en dus die flame cutting wat gebeur wanneer die warm gas verby die projektiel geforseer word voor dit die loop afseel sal verminder.
Toe ek die anderdag in my 6mm se loop afkyk kon ek duidelik die "mudd cracking" in die loop sien. Die eerste paar mm het egter geen mudd cracking nie, maar eerder sulke strepe in die lengte van die loop af. Dit is agv die warm gas wat by die koe?l verby sny voor hy seel, en dit vreet metaal vinniger weg as wat hy weer kan "mudcrack". Onthou dat die helfde of meer van my loop se skote met 70gr'ers geskiet is wat +-5mm van die lands af geseat was omdat dit so lank is as wat my magasyn sou toelaat. Daar sou dus baie tyd wees vir gas om by die projektoel verby te bloei.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Neels

Ek stem.....maar....

My persoonlikke ondervinding is dat as jy TPL verleng, moet jy MEER kruit gooi om by jou aanvanklikke spoed uit te kom, omdat jou dop kapasiteit nou groter is. Is hierdie verskynsel in jou redinasie ingebou, of reken jy die hoer "wegspring" druk kanseller hierdie versynsel uit??

Ek skiet al my klein kalibers teen of baie naby aan di groewe, dit werk net vir my, het al my BR md borescope gekyk, hy moet seker al n goeie 1200 skote deur he, groot was my verbasing toe ek sien die loop het GEEN merkbare slytasie in die throat gedeelte nie. Hierdie geweer word baie mooi na gekyk, nie warm geskiet en al daai goete, maar wat jy en Taf hier noem reken ek moet erens water dra, maar het noggie regtig mooi daaraan gedink nie, maar altyd gerken die 'lang'nek vd BR kan dalk ook hier iets beteken....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Pieter

Wat jy se maak ook heeltemal sin......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Francois
My teorie sal wees dat die koe?l vinniger in die loop se?l vaneer in die lands gelaai word en dus die flame cutting wat gebeur wanneer die warm gas verby die projektiel geforseer word voor dit die loop afseel sal verminder.
Ek het dit agtergekom dat wanneer die skouers van doppe begin carbon wys(net te stadig om foto's te laai), die koe?l te v?r van die lands is en dan brand die throat met 'n spoed van witlig. Jy sal ook op die chrony sien dat die spread sommer met tot 120ft is. Die lading kan jy maar jaag, die spoed bly min of meer dieselfde intussen brand darie lands soos gras.
flame cutting
...............dit is hoeka die cutting torch-flam waarvan ek so dikwels praat, jy het die naam nou in die anale van Jaracal ge-ets. Maak nie saak hoeveel gas in die bottel is nie, maar hoe gefokus die nossle is.

Dankie vir die verduideliking, presies wat ek ingedagte gehad het.

Mooiloop
Last edited by tafjak on Tue Dec 06, 2011 8:06 pm, edited 1 time in total.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
immelmanw

Re: Die "beter" 243Win?

Post by immelmanw »

Sjoe.....nou lees ek lekker! Een van die beter topics op die forum nog!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Pieter

Hierie internet van my kan lag-lag in die ry gaan staan vir All-Pay.

Nog ietsie, lyk my dit help om net die helfte van die nek te size omdat dit ekstra se?l bied in die gassluit en ook daarom my stelling van: Kort- of langnekke is ook maar wolhaarstorie. Hoe kan 'n langer nek die gas/vlam binne hou? Agtog, help 'n bietjie! Ja, die langer nek sal help met die langer koele om nader aan die lands te seat wanneer loop begin afdraand werk en nogsteeds genoeg grip h?.

Nee jong, ek wonner maar altyd, maar mens kan ook nie hele lewe lank wonner nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Willem

Ek lees self lekker, hoop nie my ou kasteeltjie val om nie. Sal nog diesel in die generator gaan gooi om nog laat te gesels.

Jy moet ook bietjie praat, jy is mos tussen die goete. Wil graag maandag by julle draai maak as jy nog innie kaap is.

Mooilees
Mooiloop en Geseende Kersfees!
immelmanw

Re: Die "beter" 243Win?

Post by immelmanw »

Taffie.....op die forums moet n man mos maar jou woorde tel, dink maar voor ek iets se, wat ek kan se is dat ek al 243, 6x284, 6mm-250, 6mm Rem Ack en 3x 6mm xc's gehad het. Bou ook nou maar n BR, net om te try....hulle se mos beproef alles......

Maar my entelike toy is my 6.5x284.....what a gun!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by tafjak »

Willem

'n BR is regtig van die maklikste goete om mee te skiet en vir te laai soe ek reken. Van die min goeters wat die tyd deurstaan het en nogsteeds kop bo water hou tussen al hierdie smart goeters.

As ek in 'n posisie was om verskillende gewere te maak het ek al lankal die stompies voor julle deure opgetel. Nee, jong! te verslawend! Gelukkig is daar manne wat dit kan doen en ons leke help met keuses.

Net 'n regstelling:
. Maak nie saak hoeveel gas in die bottel is nie, maar hoe geus die nossle is.
......dit moet lees gefokus, sien  ek kan dit nie modify nie. Ek wens my gewere se lope het so stadig gebrand soos die spoed van my internet, jarrreeee geskiet met dieselle ou lopie.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by DSBW »

Willem

Wragtag waar, jy het altyd vir my na 'n verstandige man gelyk, maar jou wapen keuses het dit nie weerspie?l nie................., totnou toe. Wat my aanbetref bou jy nou eers 'n regte akkurate geweer, al die ander goete kan ook baie baie akkuraat skiet, as jy hom mooi opvryf en die regte ladinkies en dingetjies doen, 'n BR is akkuraat, punt, selfs met dakspykers.

Dis natuurlik nou as akkuraatheid absoluut belangrik is, seker nie dieselfde vir almal nie.

Groete

Dawie
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Arnold »

Wel, toe ek vandag met n man praat was sy woorde: if your not shooting a 6ppc you can forget about winning. (Die gesprek was gebasseer rondom LV en HV BR gewere)
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Jagtersdok »

Francois Marais wrote: Neels

Ek stem.....maar....

My persoonlikke ondervinding is dat as jy TPL verleng, moet jy MEER kruit gooi om by jou aanvanklikke spoed uit te kom, omdat jou dop kapasiteit nou groter is. Is hierdie verskynsel in jou redinasie ingebou, of reken jy die hoer "wegspring" druk kanseller hierdie versynsel uit??
Oom Cois

Ja dit is daarby in gebou. die druk/spoed kurwe in vergelyking met afstand van die lands lyk soos parabool.
Image

As jy konstante lading gebruik bv 40gr en jy seat 5mm van die lands af is joe spoed ho?r as wat jy 3mm weg seat want die dop kapasiteit is kleiner. maar daardie spoed afname word al hoe minder tot by die punt waar die spoed weer toeneem. Die enigste manier vir my om dit te verduidelik aan iemand is dat daai aanloop nou te "kort" is so die koeel sit so bietjie vas en die druk bou effe op en jaag die koeel vinniger deur. en dan is die druk weer op die max met die spoed op die max waar die koeel in die lande gejam word.

Nou met die "Blowby" en cutting effek van die gasse wat verby blaas stem ek 100% mee saam, ek het dit ook waar geneem dat dit toeneem met korter koele, veral waar jy lang freebore het en die koeel wil ek amper s? Half "te kort" is. Die wat die koeelal die nek half verlaat voor dit die lande tref en die flam blaas verby, ook as die dop se nek te groot oop rek.

Maar ja ek dink oom Taf se teorie dra baie water in wat ek in praktyk opgemerk het
Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Neels

OK maat het hom nou, verstaan jou redinasie 100%, ek verstaan ook wat Pieter se, maar weereens, kom ons gebruik die norm van seat jou koeel tot ten minste kal size in die nek in, dan selfs met n lead van 5mm is jou koeel tog teen/in die lands voor die punt uit die dop is dus maak jou waarneming van ook as die dop se nek te groot oop rek. hier vir my dalk meer sin, op watter stadium van die koeel die nek gedeelte verlaat reken jy word die nek oopgerek??

Mooi Loop
Francois
Last edited by Francois Marais on Tue Dec 06, 2011 10:30 pm, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Arnold

Wil graag hier vir Dawie probeer help, dit is aanvaar dat n PPC meer akkuraat is as n 6BR, tot net oor die 200m, die PCC is egter n VOLBLOED kortafstand benchrest kaliber en net dit, nog nooit gehoor van n PPC wat in enige ander applikasie aangewend word nie, nie eers as varmint gun deur die skietmal yankies nie. Wat jy dus gehoor het is baie waar, as jy 100-200m benchrest skiet en jy het nie n PPC nie, is die kans dat jy kan wen, redelik skraal.......

As jy egter bietjie verder as 200m beginne skiet is daar min, indien enige kaliber, wat saam met n BR loop as dit by suiwer akkuraatheid kom, dink die beste 600yrd 5skoot groep is nou al onder n duim, 0.76 ", as ek reg onthou, met n 6BR geskiet....die BR het selfs al die 6.5X284 se gat geskop op 1000 yrds.....lees hier http://www.6mmbr.com/gunweek070.html

Baie het al gekom en gegaan, en sal seker ook nog, maar reken die BR se baas moet nog kom.....daar is noggie een nie.  ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Jagtersdok »

Francois Marais wrote: Neels

OK maat het hom nou, verstaan jou redinasie 100%, ek verstaan ook wat Pieter se, maar weereens, kom ons gebruik die norm van seat jou koeel tot ten minste kal size in die nek in, dan selfs met n lead van 5mm is jou koeel tog teen/in die lands voor die punt uit die dop is

Oom Cois
Die het ek gesien met my 303 wat 'n moerawiese vryboor het en daai ligte speer koele geskiet hiet. Ook met maat se 243 toe hy 55gr Noslers geskiet het. Met sy 243 kon jy sommer baie gou sien die lande raak weg. Toe ons dit aanvanklik gelaai het was sy jump van so aard dat as jy die koeel net net seat dan raak die lands, na so paar boksies toe raak dit glad nie meer. Hyt nog so paar so geskiet maar akuraadheid het gegaan vir pot poefie en al wat dit vir my ges? het dit is omdat daai koeel vir tydjie in lug hanh voor dit die lande tref.
Ek dink ook met die dinge wat lang boattails het kan die tipe van ding voorkom


dus maak jou waarneming van ook as die dop se nek te groot oop rek. hier vir my dalk meer sin, op watter stadium van die koeel die nek gedeelte verlaat reken jy word die nek oopgerek??

Kyk soos ek dit het met die druk opbouing in die dop sit hy uit van agter af en en druk van die agterkant skouer/nek joint oop. Die is maar by daai kamers wat se kele om die nek area te groot gesny is, dink jy ek redeneer reg hier?
Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by DSBW »

Francois

Dankie, jy som dit uitstekend op.Ek het sommer so tong in die kies die opmerking teenoor Willem gemaak, maar jy is 100% reg, vir die werk wat ek doen met 'n roer ( 150 tot maksimum 400meter nag en dag skiet) is daar nie beter nie, daar is vinniger, groter, mooier en wat nog als, nie beter nie.

Maar ja, as ek 'n beter skut was sou ek dieselfde met 'n .303 kon doen, en dan was daar seker ook nie beter nie, so laat ek nou nie weer nog 'n lang, uitgerekte debat begin nie, vir my persoonlik is dit die "ultimate" samestelling van dop en kaliber.

Groete

Dawie
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Neels

Ek is 100% met jou oor die 303, die 243 met 55gr koeele en die BT koeele, en reken jou redinasie tov die te groot keel kamers is ook inni kol, al hierdie voorbeelde wat jy genoem het is egter aan die een end vd spektrum, en kan ons dan seker, met redelikke sekerheid aanneem, dat sou ons na gevalle in mid spektrum kyk, hierdie verskynsel van "vlam wat verby koeel beweeg voor dit seel" baie minder skade sal aanrig indien jou kamer op speks is, jou FB nie te lank is nie, en/of jy koeels skiet wat by jou FB aangepas is....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Die "beter" 243Win?

Post by Francois Marais »

Dawie
Maar ja, as ek 'n beter skut was sou ek dieselfde met 'n .303 kon doen, en dan was daar seker ook nie beter nie,
Ja, ja...... ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply