Arnold
Ek was ook nie seker of hulle op bekende afstande skiet, maar het gou gaan loer. Jis Arnold, jy skiet ook 'n paar goete en sal graag jou ondervindinge wil hoor met sulke tipe dinge wat ons(ek) lees in verskillende artikels en dan nog so teenstrydig.
Kyk, die XC is baie mooi en doen verseker sy ding op ons bane, maar dit bly 'n nuwerige konsep en almal is nou die ene vuur-en-vlam. Dink net ek moet nog so bietjie meer tyd gee vir die ou en dan later eerder self kyk wat in sy dop(broek) sit. Die 6-250 is maar in dieselfde dop kapasiteit range(lyk en ek dink so) as die XC en spoed van 3400fps met 75gr koe?ls was as klaar redelik naby aan maksimum en wonder ek hoe sal die 30grade skouer nou soveel verskil maak. Die XC se skouer sal makliker voer uit magasyn, maar dit kan nie al rede wees nie.
Skerper skouers het meer te doen met dopleeftyd(verlaag ook die druk drasties, in elk geval na vlakke waar jou dop for ever hou) as enige iets anders sou ek dink, maar daar kan iets wees wat ek miskyk of misdink.
Darie 260 van julle is groot wenners en sien dat hulle(260's) darem al paar jaar aankom. Dinge maak sin in darie konsep en alles lyk net dat dit moet werk en hou. Ek het amper(aksie en lope was al gere?l) 'n 6.5x57(improved) gemaak, maar het my bedink en eers weer gaan kyk na bestaande roere. Ek dink ook maar baie en doen nie veel nie!
In die vorige post het ek gepraat van 4000fps met 65grein koe?ls in die 243AI, inder waarheid het ek begin op 4220fps met hulle maar doppe wou nie hou nie. Nie omdat ek darie spoed wou skiet nie, eerder omdat ek by 'n maat ge-chrony het en die spoed was in die 4050fps omgewing en redelik veilig gelyk en gevoel, maar dit was in die winter en het nie self chrony gehad nie. Darie selfde jaar, net later in die somer het ek gesien die doppe begin uit bail op so 3-4skote en kry toe 'n chrony as geskenk by my neef en sien toe die vreeslike spoed. Ongelukkig het die loop al skade op gedoen na omtrent 600skote(skiet mos alles van torre tot vo?ltjies met die nuwe ding) en staan so bietjie terug met die lading om op so 3900-4000fps te kom en dinge word toe al beter met groepe en flyers verdwyn toe.
Dit is vir my vreeslik interresant om te lees en te kyk na hierie lekker kalibers/doppe, maar paar dinge maak nog nie sin vir my nie.
Wonner maar altyd.
Mooiloop