Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Piet308 welkom hier by die forum! Hoop jy gan dit geniet hier!
Geen foute met Truvello se lope op die groot kalibers (375+) nie, maar op die kleiner goed sal ek eerder kyk na 'n Pac-Nor, Broughton of Bartlein. Truvello se lope is aan die sagte kant en ek het al heelwat manne gehoor wat kla dat hulle nie dieselfde vlak van akkuraatheid ervaar as met die ander bogenoemde lope nie. Ek kan ongelukkig nie uit eie ervaring praat nie omdat ek nog nooit self 'n Truvello loop gehad het nie. Ander manne op die forum mag jou dalk 'n meer ingeligte opinie kan gee.
Ek wil ook hier inchip want dit kan dalk op PS308 ook betrekking h?:
Ek moet ook 'n loop vervang op my Steyr-Manlicher .243. Ek skiet self op 'n ander geweer met 'n 6mm broughton loop en die loop was baie akuraat, maar op die manlicher wil ek graag die karakter van die wapen behou en weer vir hom 'n ligte chromoly (swart) loop opsit. Hoe nou gemaak? watter goeie cromoly lope is in SA beskikbaar?
PS308, as die bg. nie vir jou belangrik is nie, en jou sak laat dit toe sal ek nie skroom om vir 'n broughton te aan nie.
As jy Brougton kies, sorg dat die reamer skerp is, jou gun smith moet nog skerper wees agv die canted lands. As jy alles dan in plek het is die brougton 'n baie gr?nd loop, maar bartlein sal glad nie afsteek nie.
PIETSKIET308 wrote:
Die Bartlein klink 'n goeie opsie, so ook die Pac-Nor Match.
Verder weet ek ook nie of ek my "Silencer" weer wil opsit nie?
Ek dink brougton is n baie goeie loop maar hou nogsteeds meer van n bartlein of selfs n krieger. Laasjaar met een of ander world champs in amerika was bartlein 17 van die top 20 se lope en die res was krieger. Hulle is in elk geval amper dieselfde lope. My opinie sny maar die skroefdraad op die nuwe loop netnou gebeur dit dat jy met hom wil skiet en dan kan jy nie.
My 2c
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”