Nuwe Loop vir 243

Post Reply
User avatar
Peter OMoore
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Fri Nov 26, 2010 9:19 am

Nuwe Loop vir 243

Post by Peter OMoore »

Hallo manne,  ;D

My 243 Musgrave Mod 80 se loop is nou uit geskiet en ek is in die mark vir n nuwe loop.

Watter tipe loop en wat steeds bekostibaar is sal julle aanbeveel?

Truvello?

Dankie byvoorbaat.
;D ++>:
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by Lourens »

Piet308 welkom hier by die forum! Hoop jy gan dit geniet hier!

Geen foute met Truvello se lope op die groot kalibers (375+) nie, maar op die kleiner goed sal ek eerder kyk na 'n Pac-Nor, Broughton of Bartlein. Truvello se lope is aan die sagte kant en ek het al heelwat manne gehoor wat kla dat hulle nie dieselfde vlak van akkuraatheid ervaar as met die ander bogenoemde lope nie. Ek kan ongelukkig nie uit eie ervaring praat nie omdat ek nog nooit self 'n Truvello loop gehad het nie. Ander manne op die forum mag jou dalk 'n meer ingeligte opinie kan gee.

net my 2c....

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by baboonstalker »

Ek wil ook hier inchip want dit kan dalk op PS308 ook betrekking h?:

Ek moet ook 'n loop vervang op my Steyr-Manlicher .243. Ek skiet self op 'n ander geweer met 'n 6mm broughton loop en die loop was baie akuraat, maar op die manlicher wil ek graag die karakter van die wapen behou en weer vir hom 'n ligte chromoly (swart) loop opsit. Hoe nou gemaak? watter goeie cromoly lope is in SA beskikbaar?

PS308, as die bg. nie vir jou belangrik is nie, en jou sak laat dit toe sal ek nie skroom om vir 'n broughton te aan nie.

BS
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by tafjak »

Piet308

As jy Brougton kies, sorg dat die reamer skerp is, jou gun smith moet nog skerper wees agv die canted lands. As jy alles dan in plek het is die brougton 'n baie gr?nd loop, maar bartlein sal glad nie afsteek nie.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Peter OMoore
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Fri Nov 26, 2010 9:19 am

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by Peter OMoore »

Dankie oom Taffie & lede  ;D

Wie is "suppliers" wat ek kan bel vir lope en pryse?

Die Bartlein klink 'n goeie opsie, so ook die Pac-Nor Match.

Verder weet ek ook nie of ek my "Silencer" weer wil opsit nie?

Versteur die balans van die geweer.

Dankie sover.  ;D
;D ++>:
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by FrancoisN »

PIETSKIET308 wrote:
Die Bartlein klink 'n goeie opsie, so ook die Pac-Nor Match.

Verder weet ek ook nie of ek my "Silencer" weer wil opsit nie?
Ek dink brougton is n baie goeie loop maar hou nogsteeds meer van n bartlein of selfs n krieger. Laasjaar met een of ander world champs in amerika was bartlein 17 van die top 20 se lope en die res was krieger. Hulle is in elk geval amper dieselfde lope. My opinie sny maar die skroefdraad op die nuwe loop netnou gebeur dit dat jy met hom wil skiet en dan kan jy nie.

My 2c
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Nuwe Loop vir 243

Post by tafjak »

Verkies ook self die Bartlein. Nog nie stories van hon gehoor nie en ook 'n lekker langafstandloop en in klas(miskien even better) van Krieger.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Post Reply