Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Machann, baie dankie vir jou moeite!!
Hoe dit vir my lyk, en se asb of julle saam stem, is dat ek moet gaan vir die 243win en dan as ek sukkel om hom te laat werk, miskien dan daaraan moet dink om hom hom te Ackley?
Ek is mal oor die 25-06 se vermoeens, maar soos dit vir my lyk uit wat julle se, is dat die 243 beter gaan inpas by my ander roere?
Nuweseun, plesier. Onthou hierdie is egter met die 75gr vmax en 26" loop en S365. Kan dalk ander wees met ander kombo. Maar net begin speel met die QL en OBT teorie. Kyk nou met nuwe oe na spoed. Ek wil ook bietjie gaan sit en speel en kyk watse voordele AI oor gewone kalibers het en of dit rerig tot voordeel is. Kry die 243 en dan kan j dit altyd AI. Groete
Ek het ook gou na die nodes gaan kyk en ek kry vir die 243AI n nodespoed van 3653ft/sek met 75gr VMax. Met die 25-06AI kry ek n nodespoed van 3778ft/sek met n TPL va 80mm ook met 75 VMax. As n mens n werklike vergelyking wil maak sal jy ook n bietjie swaarder koeel moet na kyk met die 25-06. Dit is juis hier waar hy tot sy reg kom.
Hierdie sit die twee kalibers so bietjie in n ander lig. Ek stem om die 243AI voor te stel vir sy kaliberkeuse met sy huidige kalibers.
Hi Wouter. Met die data soos hierbo kon ek nie volgende node kry met die 243AI sonder dat die program my waarsku dat die lading veilig is nie. Soos el se het ek S365 gebruik, 26" loop en die res van die data soos bo. Se asb j nie dieselde kry sodat ek my fout kan soek. Thanks
Verander die weighting factor op beide na 0.35. Dit strook met beide kalibers met my bevindinge met hulle. Die 25-06 se TPL het ek ook korter gemaak(80mm) omrede daar te min van die koeel in die nek is met 82mm. Barreltime op beide is 1.105.
Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Sun Nov 20, 2011 4:43 pm, edited 1 time in total.
As j in Afrika in gaan maak net seker j bere orals ammo sodat as j een sak velore raak jy darem nog ander sak het met ammo. Gelukkig kan j by hoof man gaan 375 H&H ammo haal as j 375 H&H ammo erens langs pad verlore raak? Gelukkig of moet se ongelukkig jag nie baie van genoeg buite SA.