Kom julle ook sulke goed oor?

Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Johan04 »

Eh het my chronograaf perongeluk raak geskiet toe ek ladings probeer uitwerk het.Ek het nogal by die versekering reggekom en 'n nuwe een is oppad.[img width=360 height=480]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020366.jpg[/img]                                                                  [img width=360 height=480]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020363.jpg[/img]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by BLOK »

;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by FE »

Dit is dan wat jy alles op pak en ry! Jy is so gatvol vir jouself, magteloos die moer in!! Ken die gevoel!! ;D
Born to hunt, but forced to work!
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Johan04 »

Blok,jy kan mos nie so vir my lag nie  ;D, dit was nie lekker nie.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Gerhard »

Jup....

Twee tipes manne wat herlaai...

Die wat sy chrony al pap geskiet het en die wat die nog gaan doen...  ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by BLOK »

Is maar net snaaks jammer ek lag soos Gerhard se dit is soos om n bok te kwes as jy nou nie het nie gaan jy nog. Dan kry jy manne wat daaroor stry
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Gerhard »

BLOK wrote: Is maar net snaaks jammer ek lag soos Gerhard se dit is soos om n bok te kwes as jy nou nie het nie gaan jy nog. Dan kry jy manne wat daaroor stry
My pa was nie baie beindruk toe die Hornet klap en die chrony se voorste pilaartjies spring die hele wereld vol soos ek hom met die 45gr PMP skiet nie...  ;D  :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4600
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by James Wilson »

nee wat Johan. die dinge gebeur.  kom oor die naweek op die baan om my nuwe scope te toets. baie voorbereiding alles gelaai. dit gaan nou te lekker wees. daar is die geweer se slot nie daar nie >:(  die hele dag en voorbereiding moertoe.

ek is self n makelaar en het al snaakse goed uitbetaal aan kliente na n jagtog.  die beste was n ratkas van n spilpunt. die Valley ratkaste het so n blink plaatjie op die kant waarop die serial nom staan. nou op n skoon land waar die spilpunt nou en dan beweeg en onder die "regte"  omstandighede lyk die plaat dan seker soos n oog wat beweeg (in die nag). nou dis seker aanvaarbaar maar as n man dan sommer 2 keer skiet as jy dan sien dat die oog nog steeds daar is,   is maar moeilik om dit aan n assesor te verduidelik.  gelukkig is die assesor ook n jagter gewees.

manne wat oor n chrony wil kommentaar lewer wat raakgeskiet is, se koring staan blou op die land
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
molopohunter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 476
Joined: Sun Aug 29, 2010 5:54 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by molopohunter »

Eina...vir die chronie en die skade.
Nog nooit so erg met my gebeur nie, maar het wel my wit panele bo op die chronie met n voorlaaier se sabot geklap...
Ruger 10/22, BRNO 22 mod2, Ruger mini 14, CZ 22-250 varminter, Ruger 77/44, BRNO 270, Mauser M96 30-06 straight pull, Remington T/T 308, Ruger 375, Ruger 416, Howa 375 ruger, Baikal 12ga S/S, CZ 12ga O/U, Taurus 9mm PT111, Vector 40s&w sp2, Hoyt.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Pvdw »

Die wat sy chrony al pap geskiet het en die wat die nog gaan doen.
Johan ek stem saam met Gerhard.

As jy nog nie jou krono raak geskiet het nie, moet nie bekommerd wees nie want een van die dae gaan jy wel ;D ;D

Moet nie sleg voel nie, meeste manne loop uiteindelik daai pad.

Lees bietbie hier op die forum hoeveel manne het al hul roepers die ewigheid in gegelp ;D ;D :P

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Gerhard »

Jagbehep! wrote:  die beste was n ratkas van n spilpunt. die Valley ratkaste het so n blink plaatjie op die kant waarop die serial nom staan. nou op n skoon land waar die spilpunt nou en dan beweeg en onder die "regte"  omstandighede lyk die plaat dan seker soos n oog wat beweeg (in die nag). nou dis seker aanvaarbaar maar as n man dan sommer 2 keer skiet as jy dan sien dat die oog nog steeds daar is,   is maar moeilik om dit aan n assesor te verduidelik.  g

He he he he

Dis mis man daar is sy oog weer ....

SKIET!!!!

Hoop darm dit was 2 dood skote gewees op die ratkas... he he he he
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Flip Nel »

Sterkte, ek het dit al 2 keer reggekry, raak 'n duur storie
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by JACQUES BOTHA »

Johan
Watse punte het jy gebruik?
Sien die skade is darem minimaal. penetrasie nie wat wonders - seker baie hoe spoed met baie sagte punt.
Miskien kon daar meer penetrasie gewees het en minder gewigsverlies.
Het die put gemushroom of kon jy hom herwin vir weer gebruik?
Die punt is ek [raat nou sommer woefiepoefie..
Gelukkig darem  dat die versekering uitbetaal- jyken dalk regte ou op regte plek...punt
mooibly
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Johan04 »

Jacques,dit was 75gr v-max teen 3700vt/sek.Daar het niks van hom oorgebly nie,maar dit is interessant hoe die skrapnel fyn gaatjies gemaak het op die plaat aan die agterkant.

Johan
User avatar
Dirkie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Oct 25, 2011 7:50 am

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Dirkie »

Dit dam nog nooit met my gebeur nie  ;D

Hoop ook nie dit gaan nie.

Groete
Ou honde loop laat...
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Beyers »

Jip myne was net regs van middel
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Dawid »

Jare terug toe dit nog koplampe en oopvisier was en n man tevoet nagjag gedoen het toe skiet n oubaas sy eie trekker wat heel onskuldig op "selfstart-hoogte" gestaan het.

Hy was nogals hoogs bemoerd toe ek en my pa vir hom lag en my pa se ek moet sommer gou die ding se keel sny en binnegoed uithaal.

Jy`s nogals heel gelukkig die versekering dek sulke dinge.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by pietjacobs »

Johan, hoe het jy hom verseker? Is dit op jou gewone huis versekering of op daai wapen versekering goeters?

Ek het ook net noudie dag aan dieselfde ding gesit en dink, en het presies dieselfde chrony as jy  :o
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by VdWalt »

Ek sou se so 2 cliks reg en 4 af ..... :angel:
Johan04
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Johan04 »

Piet, ek het hom nie gespesifiseer nie,so ek glo hulle het hom op my gewone versekering uit betaal.Ek was baie verbaas toe hulle laat weet die eis is goed gekeer.
Die meisietjie wat die eis hanteer het,het verseker nie geweet wat 'n chronograaf is nie,ek moes maar probeer verduidelik.

Groete

Johan
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Monrique (SJ) »

Johan04 wrote: Piet, ek het hom nie gespesifiseer nie,so ek glo hulle het hom op my gewone versekering uit betaal.Ek was baie verbaas toe hulle laat weet die eis is goed gekeer.
Die meisietjie wat die eis hanteer het,het verseker nie geweet wat 'n chronograaf is nie,ek moes maar probeer verduidelik.

Groete

Johan
Lekker man,  geniet die nuwe een, en maak mooi!!!! ;D ;D ;D ;D

Groetnis
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by baboonstalker »

As myne gedek word skiet ek hom net m?re twee keer in sy moer en eis 'n oehler! -  of een van daardie duitse jobbies wat die oehler se plek gevat het
Ek het al baie dae gedink as hy weer daardie E1 of E0 durf gooi is dit so, maar dan hou ek myself maar weer in soos dit 'n goeie mens betaam :angel: (nie)
HUNTER
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by HUNTER »

Hoeveel manne het al 'n chrono as trofee??? ???
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by THOMAST »

Mt eerste chronograaf was en van daai groen Chrony's gewees , gekkop in die vroe? tagtigs(dink het hy het nog met Voco gewerk).
My een maat het sy 220Swift laat herloop na 6mmSuper- 'n 270 dop met 'n 6mm koe?l. Hy laai hom met MR5 en verskillende koe?le en ons is baan toe. Die nuwe McGowan loop het 'n baie vinnige groefdraai en met 'n ligte Sierra Koe?l is die eerste lesing 3500++ fps. met die tweede koe?l steier die Chrony op sy dreipoot, noodlotting gewond. Die mantel het los getrek van die lood kern agv die ho? RPM en is deur die skerms, die kern was meer doeltreffend deur die gearbox.
Stuur toe die wrak terug na Missisauga toe met 'n pasient wat Kanada toe gegaan het vir besigheid. Hulle gee toe vir my 'n nuwe rooie vir $20.00. Hulle beleid was as hulle hom nie kan regmaak nie , vervang hulle hom.
Het hom later jare  vir my neef gegee en vervang met CED.
Deesdae het ek 'n roetine: Stel teiken op en mik geweer op teiken op 'n rus. Haal slot uit en stel dan chronograaf op tussen geweer en teiken. Loer maar deur loop vir gemoedsrus. Net ek skiet oor die chronograaf...
Kokkie
Newbie
Newbie
Posts: 31
Joined: Mon Jun 20, 2011 4:00 pm

Re: Kom julle ook sulke goed oor?

Post by Kokkie »

Ek wou vir my een gekoop het,ma hoekom sal ek dit doen as ek hom in sy m&*r in gaan skiet? ;D
Push to test....Release to detonate
Post Reply