Pasmaak van 'n Plank

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

Hallo almal!

Ek is in die proses om 'n Musgrave RSA aan te koop en begin al planne maak om die ou kleilat te omskep in 'n jaggeweer.  
Image
Een van die aspekte wat vir my belangerik is, is om die kolfkam te lig vir goeie opleining met die teleskoop.

Ek wil nie iets opplak of aanskroef nie, maar wil 'n "inlet" laat aanbring op die kolf.  Het iemand op die Forum al so-iets aangepak?  Sal meer wil uitvind!
Image
Laat hoor asseblief!

Mooiloop!

Hein
Last edited by Hein M. on Sun Nov 13, 2011 12:22 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Monrique (SJ) »

Baie geluk maat.  Daai geweer gaan jou BAIE BAIE goeie tye nog gee.

Geniet die mooi maak en veranderings proses van die geweer, soos jy dit graag wil he.

Glo hier is baie manne wat jou goeie raad kan gee.

Groetnis
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13665
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Geno »

Ek dink Beyers het al so iets gemaak. Kyk op sy topic oor die kolwe....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

Dankie ouens!

Ek sal met Beyers praat.  Ek wonder waar daardie "metaal inlet" te koop is in Suid-Afrika.  En of dit privaat van oorsee af ingevoer moet word?

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by blaser »

Baie ouens sit dit op haelgewere hulle voer dit van brounals vsa in
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by wlm »

Hein
Ek wil 'n nuwe skopkussing op myne sit. Die ou swart rubber is so 'n bietjie hard vir benerige skouers.
Wat beveel die manne soos Beyers aan?
Hoeveel moet ek ag slaan op kolflengte? Is die ou reel van "geweer se kolf in die waai van die arm ,dan moet voorste lid van snellervinger op sneller wees", reg?
Jy gaan mos alleen die "nuwe Plank" gebruik, hoekom nie die kolf eenmaal deur jou houtwerk-vriend laat "pasmaak" deur 'n strook hout in die kolf te laat inlas nie?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

wlm wrote: Hein
Ek wil 'n nuwe skopkussing op myne sit. Die ou swart rubber is so 'n bietjie hard vir benerige skouers.
Wat beveel die manne soos Beyers aan?
Hoeveel moet ek ag slaan op kolflengte? Is die ou reel van "geweer se kolf in die waai van die arm ,dan moet voorste lid van snellervinger op sneller wees", reg?
Jy gaan mos alleen die "nuwe Plank" gebruik, hoekom nie die kolf eenmaal deur jou houtwerk-vriend laat "pasmaak" deur 'n strook hout in die kolf te laat inlas nie?
Wlm

Kolflengte (en eintlik alles wat met die kolf te doen het) is bepalend vir akkuraatheid.  Voor in die Somchem-herlaaihandleiding is goeie riglyne hieroor.  Daardie waai-van-die arm meetmetode waarvan jy praat is reg - het hom ook so.

Ek wil 'n verstelbare kolfkam laat insit, want dit lyk darem beter as 'n inlas...  Ook maar my opinie...  Ek wil net weet waar ek die onderdele kan bestel vir so 'n opset.

Jy kan nie van die rooi "shock absorbers" op jou kolf opsit nie?  Dit werk baie goed.  Die vorige eienaar van my Plank het so-een op die geweer gesit en dit lyk en voel baie goed.

Laat weet asb. watter aanbevelings jy nog kan maak.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by wlm »

Hein
Ek het gedink jy wil die ou spoggerig laat lyk :)
Kyk my post onder skopkussing, hopelik help die manne ons daar.
Ek wil 'n "ching sling" ook aansit vir die staan- en kniel-skiet.
Myne het 'n 4.5 tot 14 by 50 Leopold (30mm) op, maar ek soek 'n ding met meer vergroting op. Die skip sal hopelik eendag in die Karoo aankom. (met of sonder wiele ;D) Waarmee gaan jy die 7.62 toerus?
Mooi Loop
Willem
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

;D

Praat van 'n arm, flintergat dan is dit nou ek daai...  Nee, ek het 'n Vortex 4-12x40 wat ek maar op die ou geweer sal sit - in elk geval tot my skip inkom (dalk 2050...)

Ons droom maar - en die gejeuk duur voort!

Groete!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by wlm »

Wat het jy vir joune betaal? Ek is so bietjie skaam oor myne dis hoekom ek jou liewer pm. myne is geruil vir 'n slagding!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

Wlm

Jy is bitter gelukkig!  Hy is beslis nou meer werd as R900...

Ek het 'n PM gestuur.

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Armand Steenkamp »

Hein,

Sit dan daar nog n ou fototjie op asb. Ekis in die selle booidjie as jy. Wil ook nou my plank mooi maak!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Hein M. »

Armand Steenkamp wrote: Hein,

Sit dan daar nog n ou fototjie op asb. Ekis in die selle booidjie as jy. Wil ook nou my plank mooi maak!

Groetnis
:D

Armand

Hier is nog 'n paar pic's

[img width=560 height=420]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 00x450.jpg[/img]

Hein
Last edited by Hein M. on Sun Nov 13, 2011 10:23 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Wouter Roets »

Hein

Daai geweer van jou lyk in n uitstekende toestand! Ja-nee kleur hom maar in hy is die moeite werd.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
immelmanw

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by immelmanw »

Hier is jou 3 Way adjustabe buttplate!

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... ate__black
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by Armand Steenkamp »

Dankie Hein dis n mooi roer daai! Lyk my my planne kom ook nou bymekaar!

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Pasmaak van 'n Plank

Post by 243Songdaug »

Kry hopelik myne ook binnekort! Armand, ek kyk daarna om myne te WSM - dan behoort hy vetpret te wees.  Het so 'n maand of so gelede met 1 geskiet wat so gemaak is en dis pret!!!
Dont tell me, show me......
Post Reply