Ek is in die proses om 'n Musgrave RSA aan te koop en begin al planne maak om die ou kleilat te omskep in 'n jaggeweer.

Een van die aspekte wat vir my belangerik is, is om die kolfkam te lig vir goeie opleining met die teleskoop.
Ek wil nie iets opplak of aanskroef nie, maar wil 'n "inlet" laat aanbring op die kolf. Het iemand op die Forum al so-iets aangepak? Sal meer wil uitvind!

Laat hoor asseblief!
Mooiloop!
Hein

