Forumlede.
Ek wil graag drie been skietstokke aanskaf maar sal eers graag hoor wat s? ouens wat ondervinding het.
Wil dit gebruik om gemsbokke in die berg te jag so dit moet lekker lig wees om saam te dra maar tog redelik stabiel.
Het 'n twee been "Bipod" wat aan die geweer pas maar met die lang gras en baie swarthaak is hulle net eenvoudig te laag.
verstaan daar is verskillende soorte beskikbaar, dink dit is 'n eenmalige aankoop so man kan maar seker die beter een koop.
Die vraag is watter soort is die beter een.
Enige goeie plan om so stabiel as moontlik te wees sal waardeer word, 200 meter en verder en gemsbok is mos ook niemand se maat nie.
Baie dankie
Frik
3 Been Skiet Stokke
-
Frikjordaan
- Full Member

- Posts: 217
- Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm
3 Been Skiet Stokke
Karasberge Namibi
- Berg-Bewer
- Full Member

- Posts: 110
- Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am
Re: 3 Been Skiet Stokke
Hallo Frik
Kyk na 'n Rustic Rifle Rest. Ek het een, dit is duursaam, lig en goeie kwaliteit en ook nie te duur nie.
Groete Ber-Bewer
Kyk na 'n Rustic Rifle Rest. Ek het een, dit is duursaam, lig en goeie kwaliteit en ook nie te duur nie.
Groete Ber-Bewer
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: 3 Been Skiet Stokke
Hi Frik,
As die dra van 'n driepoot al 'n probleem raak, hoe maak jy dan om die gemsbok onder te kry? (Jonas, Jonas, dis baas Frik - oor)
BS
As die dra van 'n driepoot al 'n probleem raak, hoe maak jy dan om die gemsbok onder te kry? (Jonas, Jonas, dis baas Frik - oor)
BS
- GreyGhostGear
- Hero Member

- Posts: 1022
- Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm
Re: 3 Been Skiet Stokke
Frik, jy kan gerus kyk na die Bog-Pod's. Hulle is bietjie duurder, maar lig, stewig, en stel lekker maklik en vinnig.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: 3 Been Skiet Stokke
Frik,
Persoonlik hou ek glad nie van n 3 been skiet stok nie.
Is altyd n probleem om die stokke gou op gestel te kry.
Ek gebruik maar n 2 been stokke wat ek van jong bloekom boompies gemaak het.
Hulle is vir my net so stabiel soos die 3 been stokkie net baie meer handiger...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: 3 Been Skiet Stokke
Ek gebruik Vanguard se 3 been skiet stokke met 360grade draai V op. Hulle is lekker lig - dit het glad
nie gelyk of Blok gesukkel het om hulle te dra nie
en hy het ook nie gesukkel om hulle
op te slaan nie
.
Hulle is net lekker lank genoeg vir my 6 voet en manne wat bietjie langer is kan dalk sukkel, maar
hulle maak die bewe baie beter. Ek sal nie sommer sonder hulle skiet nie.