3 Been Skiet Stokke

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

3 Been Skiet Stokke

Post by Frikjordaan »

Forumlede.

Ek wil graag drie been skietstokke aanskaf maar sal eers graag hoor wat s? ouens wat ondervinding het.

Wil dit gebruik om gemsbokke in die berg te jag so dit moet lekker lig wees om saam te dra maar tog redelik stabiel.
Het 'n twee been "Bipod" wat aan die geweer pas maar met die lang gras en baie swarthaak is hulle net eenvoudig te laag.

verstaan daar is verskillende soorte beskikbaar, dink dit is 'n eenmalige aankoop so man kan maar seker die beter een koop.
Die vraag is watter soort is die beter een.

Enige goeie plan om so stabiel as moontlik te wees sal waardeer word, 200 meter en verder en gemsbok is mos ook niemand se maat nie.
Baie dankie
Frik
Karasberge Namibi
User avatar
Berg-Bewer
Full Member
Full Member
Posts: 110
Joined: Tue Mar 23, 2010 9:48 am

Re: 3 Been Skiet Stokke

Post by Berg-Bewer »

Hallo Frik

Kyk na 'n Rustic Rifle Rest. Ek het een, dit is duursaam, lig en goeie kwaliteit en ook nie te duur nie.

Groete Ber-Bewer
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: 3 Been Skiet Stokke

Post by baboonstalker »

Hi Frik,

As die dra van 'n driepoot al 'n probleem raak, hoe maak jy dan om die gemsbok onder te kry? (Jonas, Jonas, dis baas Frik - oor) ;D

BS
User avatar
GreyGhostGear
Hero Member
Hero Member
Posts: 1022
Joined: Mon Apr 04, 2011 6:34 pm

Re: 3 Been Skiet Stokke

Post by GreyGhostGear »

Frik, jy kan gerus kyk na die Bog-Pod's. Hulle is bietjie duurder, maar lig, stewig, en stel lekker maklik en vinnig.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 3 Been Skiet Stokke

Post by Gerhard »

Frik,

Persoonlik hou ek glad nie van n 3 been skiet stok nie.

Is altyd n probleem om die stokke gou op gestel te kry.

Ek gebruik  maar n 2 been stokke wat ek van jong bloekom boompies gemaak het.

Hulle is vir my net so stabiel soos die 3 been stokkie net baie meer handiger...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: 3 Been Skiet Stokke

Post by VdWalt »

Ek gebruik Vanguard se 3 been skiet stokke met 360grade draai V op. Hulle is lekker lig - dit het glad
nie gelyk of Blok gesukkel het om hulle te dra nie  ;D ;D en hy het ook nie gesukkel om hulle
op te slaan nie  ;D ;D.

Hulle is net lekker lank genoeg vir my 6 voet en manne wat bietjie langer is kan dalk sukkel, maar
hulle maak die bewe baie beter. Ek sal nie sommer sonder hulle skiet nie.
Post Reply