Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Jou antwoord 98 verwys.
Ek neem aan die koeel gebruik was 'n Barnes. As ek reg kyk is die skoot te laag en deur die onderste deel van die borsvleis (brisket). 'n Swak skoot wat nie die lewensorgane getref het nie. Daarom sekerlik die lang opvolg. Is die been getref wat die bloedskade kan beantwoord?
Ek het my heel eerste rooibok met my nuwe 7 x 64 op kort afstand met 'n 130gr GS HV geskiet. Die blad was 'n redelike bloedmassa, maar beter as met konvensionele koeels. Geen snotbloed nie. Met bietjie snywerk deur die vliese en afwas was dit nog goed genoeg vir dro? wors.
Ek het begin met Goodnel se koeels en het gevind dat kopskote 'n no-no is. As jy die brein mis het jy probleme. My voorkeur is dus bladskote met alle monos. Oor die algemeen het ek minder vleiiskade ervaar en geen van die slymerige bloed nie. Ek jag dus jare al met hoofsaaklik die ou Barnes X, maar gebruik ook nog van die Goodnel's, veral as dit by vlakteskiet kom.
Rakende die terminologie. Ek verstaan waarvan die man praat of glad nie. Ek vermy dus die onverstaanbare en reageer slegs op dit wat ek korrek kan interpreteer. As hy 'n swak vraag vra gaan ek hom nie antwoord nie. Ek vermy dus konflik - sien dat die spelling in baie plasings baie swak is vanaf ons dae se onderrig. Ek maak dit nie 'n lewenskwessie nie, maar probeer my eie antwoord so korrek as moontlik hou. Een van die plasings het verwys na 'n standaard 268 grein koeel vir die 9,3 - het besef dit is 'n tikfout en hy het dit self later reggestel. Ek sou slegs die regte gewig van 286 gebruik het in 'n antwoord. Gee feite mee en ons sal die koring van die kaf kan skei. Jy is ook betrokke op Gunsite en daar vind ek nie die kleinlike gekyfery soos hier nie.
My gevoel is dat julle te presies wil wees oor kwessies en later die trant van die tema verloor. Daarom my vorige post dat julle soos 6 jariges stry en nerens kom nie. Staan buite die gesprek en julle sal verstaan wat ek bedoel.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
LOLOL!! Christo! +100000%Christo wrote: [ek koop ook nie by Hugu van Zyl Sport in die Paarl, as jy daar uitstap voel jy ook soos 'n pawpaw.
Daai man (kan nooit sy naam onthou nie) is die "slimste" wat ek nog ooit ontmoet het!! .......en hys 'n pyn in die g@t. As gevolg van hom, was ek seker 3 jaar laas daar.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
-
Gerard
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
tripodmvr,
Die jagter se presiese beskrywing is: "The Impala was almost standing horizontally, just slightly quartering towards us. The bullet impacted on the front right shoulder, (see small hole almost in the centre of the photo) and deflected 90 deg downwards blowing away the bone at the joint. The bullet did not penetrate through the shoulder, the chest cavity was untouched." Wat dink jy?

Ek hoor wat jy s?. Die dilemma is dat mens soms gevra word vir detail, of die enigste verduideliking is detail, en wanneer dit gegee word, word dit twak genoem. Nou is dit mos so dat ek nie 'n bemarker is nie en, as iemand vir my s? swaartekrag is 'n versinsel van my verbeelding, dan bevraagteken ek sy redenasievermo?.My gevoel is dat julle te presies wil wees oor kwessies en later die trant van die tema verloor.
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Oom Gerard
I.v.m die foto van die Impala sien ek die volgende. Dit lyk vir my asof daar n skoot op die ribbes hier op die linkerkant van die foto ook moontlik sit.
Die skoot op die blad wat 90 grade gedraai het en uitgegaan het, het ek nog nooit van gehoor met n monolitiese koeel nie, maak nie saak die vervaardiger nie, en ook nie met die tipe van spoed wat mono's gelaai word om te loop nie. Is daar dalk genoem met watter kaliber gejag is?
Indien daardie bok efeens teen n skuinste geskiet was van bo is daardie skoot op die blad van voor n kwesskoot in my boek. Dis jammer mens kan nie n foto gesien het van die anderkantse borshlte na die kant toe geneem. Op die oorkantse ribbes kan gesien word dat daar 2 of 3x ribbes gebreek is, asook vleis, seker bloedvleis van daai ribbes afgesny is indien daar na die lyn aan die bokant van die ribbes gekyk word,wonder waar dit vandaan kom en of dit verklaar kan word deur die skut? Glo dat dit lig op die onderwerp sal plaas.
As ek die foto so kyk is daar dalk 3 of 4 skote op hierdie bok geskiet en dalk die vyfde die nekskoot en doodskoot.
Groetnis

Ek dink nie eers jy kan waarborg dat enige koeel reguit gaan penetreer na dit die voorbeen getref het nie. Daar is rondings van die been in en om die potjie wat die koeel kan deflekteer. Die hoogte van die skoot is baie laag en wys na 'n te lae skoot. Geen foto doen reg aan die werklikheid nie. My reaksie sou wees "shit happens" en tree daarvolgens op. Moenie die koeel uit die staanspoor veroordeel nie. Ek het met 303 'n perfekte bladskoot op 'n gemsbok met loodkoeel geskiet en eers die volgende dag na 8 km die bok gedood. Koeel het ribbe getref en getol en slegs die bokant van die long geraak. Swak trefskote moet ongelukkig ook getel word. Niks is gewaarborg in die lewe nie en risikos moet beperk word. Een daarvan is dan goeie skootplasing.
Ek dink nie eers jy kan waarborg dat enige koeel reguit gaan penetreer na dit die voorbeen getref het nie. Daar is rondings van die been in en om die potjie wat die koeel kan deflekteer. Die hoogte van die skoot is baie laag en wys na 'n te lae skoot. Geen foto doen reg aan die werklikheid nie. My reaksie sou wees "shit happens" en tree daarvolgens op. Moenie die koeel uit die staanspoor veroordeel nie. Ek het met 303 'n perfekte bladskoot op 'n gemsbok met loodkoeel geskiet en eers die volgende dag na 8 km die bok gedood. Koeel het ribbe getref en getol en slegs die bokant van die long geraak. Swak trefskote moet ongelukkig ook getel word. Niks is gewaarborg in die lewe nie en risikos moet beperk word. Een daarvan is dan goeie skootplasing.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Quote, Gerard.
Frederik,
Vertel vir ons hoe werk dit. My indruk is dat baie oorsese kliente nie herlaai nie. Hulle koop ammunisie wat in die VSA of Europa gemaak word en Barnes, Swift of ander koeels gebruik. Wanneer 'n klient herlaai, dan kontak hy die PH en vra wat die PH aanbeveel. Ons weet wat jy aanbeveel. Is dit hoe dit werk?
Nee dit is nie hoe dit werk nie maar dit sal seker op dowwe ore val die Amerikaners kan enige iets van die rakke optel en meeste van hulle is ervare jagters wat self op die einde van die dag uitvind dat TSX die ding doen as dit nie TSX is nie is die ander groot ene wat gebruik word Swift A frame. (Eks nie groot fan van hulle nie want hulle is partykeer te hard veral in kleiner kalibers as .338)
Dan het ons die Europeers en hulle is die klomp wat nie so veel herlaai nie hulle bring gewoonlik fabrieks ammunisie wat gewoonlik Norma of RWS die wat herlaai bring TSX, Rhino wat suksesvol in Europa bemark en Nosler Partition. Die manne is ook almal besig met jag forums so weet wat aangaan. Die Aussies is speed freaks en hulle het al lankal uitgevind hulle woodleigh's werk nie teen spoed nie en ook uitgevind die TSX is die ding. Selfde tel vir baie Amerikaners ook.

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Gerard
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Dankie Frederik,
My ore is darem nie albei dof nie, ek hoor nog redelik goed aan die linkerkant.
As ek dit reg verstaan, bring jou kli?nte dan dit wat beskikbaar is waar hulle vandaan kom. Soms is dit nie wat jou goedkeuring wegdra nie maar jy skryf nie voor nie.
Op 'n ander onderwerp: Wat dink jy van die skoot op die impala wat ek op die vorige bladsy geplaas het? Ekskuus tripodmvr, ek sien jy neem aan dit is 'n Barnes maar dit was nie. Dit was 'n 270 Kaliber 110gr HV teen 3300fps en die skoot was op ongeveer 50m gevat. Die beskrywing wat die skut gee pla my want ek het nog nooit gesien dat 'n mono, van enige fabrikaat, 90 grade draai binne sy eie lengte nie, nie eers op baie groter en harder voorwerpe nie.

- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Gerard,
Ek dink hy het die bok van voor af geskiet, die bors gemis en hy is teen die blad en die ribbes uit. Ek kan seker baie verkeerd wees maar dan lees ek die foto verkeerd.

Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Oom Gerard. Jammer. Ek het presies in dieselle strik getrap as baie manne voor my en kom vra nou vir jou en vir Koos om verskoning hiervoor. Ek het (en gaan ook nie) enige van my posts verander of afvee nie, ek glo nie dis in die gees van om verskoning vra nie. Wat ek gese het staan, al is ek baie spyt oor seker venynige op/aanmerkings wat ek gemaak het. Trek nie my woorde trug nie, vra maar net nederig om verkoning oor my uitbarstings. Sal nie weer op hierdie Forum gebeur nie, dis nie my manier van dinge doen nie.Gerard wrote:Gegewe dat Barnes 24% van die premium koeel mark het en GSC het 0.04%, sou 'n billike verhouding seker een GSC vir elke 600 barnes wees? Ek sien kans daarvoor. Die res van jou bydrae het werklik afgedaal na eenvoudige beledigings toe.ons (Barnes fans) onderneem om vir elke GS koeel 5x fotos van uitnemende prestasie op hierdie post te sit.
Trug by die performance debat...
Jys reg, om appels met appels te vergelyk moet ek seker die verhouding reg he. Dankie vir die stukkie inligting van die mark%, dis nogal interessant.Gerard wrote:Gegewe dat Barnes 24% van die premium koeel mark het en GSC het 0.04%, sou 'n billike verhouding seker een GSC vir elke 600 barnes wees? Ek sien kans daarvoor. Die res van jou bydrae het werklik afgedaal na eenvoudige beledigings toe.ons (Barnes fans) onderneem om vir elke GS koeel 5x fotos van uitnemende prestasie op hierdie post te sit.
Laastens, die Rooibok, volgens die info wat ek ontang het is daai bok in met n GSC geskiet, op die blad in en by dieselle voorbeen uit. Oom moet maar se of ek dit reg het.
Groete en nogmaals jammer oor my uitlatings en uitbarstings, sallie weer gebeur nie.
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Stefan ek sal enige inligting oor 36g hp vg .224 wardeer ek sien dat ek hulle teen sowat 4000f/s kan laai het iemand dalk vir my inligting wat het julle bevind ek het n 1-12 twist hoe lyk die verbranding van die loop teen oor se 55g koeels teen sowat 3200f/s

- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2480
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Nice Stefan!
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1240
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
[quote][/quote]
Maar is dit nie die punt wat baie probeer maak nie. Daar is soveel veranderlikes dat geen persoon d.m.v. wetenskaplike teoretiese beredenering kan bepaal hoe die koe?lbaan presies gaan wees as dit oneweredige weefsel vel been takke en blare tref nie.
Maar is dit nie die punt wat baie probeer maak nie. Daar is soveel veranderlikes dat geen persoon d.m.v. wetenskaplike teoretiese beredenering kan bepaal hoe die koe?lbaan presies gaan wees as dit oneweredige weefsel vel been takke en blare tref nie.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Gerard ek gaan niks oor daardie rooibok se nie want dit is tweedehandse inligting.
Maar bygese het ek in 2008 'n .338 225gr Swift wat waterbok op die skouer gevang het gekry wat 90 grade gedraai het en uit die nek uit is 3 ure later darem die bok gekry.
Bygese dit kan met enige koeel gebeur en is nie die rede hoekoem ek nie van swift hou nie.
Maar bygese het ek in 2008 'n .338 225gr Swift wat waterbok op die skouer gevang het gekry wat 90 grade gedraai het en uit die nek uit is 3 ure later darem die bok gekry.
Bygese dit kan met enige koeel gebeur en is nie die rede hoekoem ek nie van swift hou nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
PvR
- Newbie

- Posts: 26
- Joined: Wed Sep 28, 2011 11:53 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Hi Gerard,Gerard wrote: Gegewe dat Barnes 24% van die premium koeel mark het en GSC het 0.04%, sou 'n billike verhouding seker een GSC vir elke 600 barnes wees?
Ek volg hierdie post as n beginner in die herlaai bedryf met groot belangstelling aangesien ek nou met verskillende koe?ls eksperimenteer en GSC hoog op my lys is om te toets.
In n ander post "Koe?l Punt Form" noem jy dat dit was die regte skuif van jou dogter om GSC na die VSA, Europa en Australi?/NZ toe uit te brei en nie hier nie. Is die die mark aandeel van 0.04% wat jy genoem het slegs plaaslik of sluit dit bg. markte ook in? Die statistiek wat jy aanhaal toon ook dat Barnes 24% van die totale premium koe?l mark het. Wat sou jy s? sal hulle mark aandeel wees indien ons slegs mono's inag neem?
Met alles wat ek op die forum gelees het, asook julle webblad, is dit vir my duidelik dat die GSC koe?l n puik produk is. Wat ek egter nie kan verstaan nie is die marginale mark aandeel van GSC, plaaslik of internasionaal. Waaraan sal jy dit toeskryf?
Beste
Paul
Last edited by PvR on Mon Nov 07, 2011 9:49 am, edited 1 time in total.
-
Gerard
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
PvR,
Dit is 'n interessante vraag. Ek het hier geantwoord.
http://jaracal.com/index.php?PHPSESSID= ... ic=4719.60
Dit is 'n interessante vraag. Ek het hier geantwoord.
http://jaracal.com/index.php?PHPSESSID= ... ic=4719.60
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Hi Gerard
Het jy dalk die verkeerde post aan gehaal ,Dit beandwoord nie die vrae nie
Oor die skuif VSA toe en die mark aandeel

Vlakvark,
Daar is drie vraagtekens in PvR se #113 bydrae. Dit dui vir my op drie vrae. Ek het die drie vrae beantwoord in my bydrae #74 op die link wat ek gegee het. Het jy 'n vraag oor die VSA ens. uitbreiding? Vra gerus hier:
http://jaracal.com/index.php?PHPSESSID= ... ic=4719.60
Daar is drie vraagtekens in PvR se #113 bydrae. Dit dui vir my op drie vrae. Ek het die drie vrae beantwoord in my bydrae #74 op die link wat ek gegee het. Het jy 'n vraag oor die VSA ens. uitbreiding? Vra gerus hier:
http://jaracal.com/index.php?PHPSESSID= ... ic=4719.60
Last edited by Gerard on Mon Nov 07, 2011 3:04 pm, edited 1 time in total.
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Goed link het oop gemaak by bydra 60 en ek het dit gelees sal wel 74 ook nou gaan lees dankie

-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
-
fanie17
- Hero Member

- Posts: 513
- Joined: Tue Nov 09, 2010 9:15 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Ek het nou Barns tsx 130gr vir 308 en 55 in my 22.250 gelaai het nie meer die skywe nie.Die groepering was sonder om n lading te ontwikkel baie goed.Ek sal dit vir seker weer gebruik . Die koels is beskikbaar en die koste maak nie vir my saak nie.Ek kan nie glo daar is altyd mense wat SOEK op die forum nie.Ek dink dit is tyd dat ons makaar persoonlik moet ontmoed.
.22bruno 223sako 243sako 22-250sako 270sako 308sako 308rsa 30-06sako 30-06bulbarel 300winmag dubbelbrug mauser 375 pre 64 .22mag zastava 12boor 357 38spes 9mmpara 25-06truvelo
-
Gerard
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Hier is 'n stukkie geskiedenis wat die herkoms van Barnes en hulle ontwikkeling oor die jare beskryf.
http://www.barnesbullets.com/about-us/history/
http://www.barnesbullets.com/about-us/history/
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Dit is baie tragies dat die Brooks familie 'n tradisie gestand gedoen het en maandeliks 'n nuusbrief laat verskyn het. Na die oorname is daar slegs 'n koue stilte. Het gehoop die nuwe eienaars sou die' tradisie voortgesit het.Gerard wrote: Hier is 'n stukkie geskiedenis wat die herkoms van Barnes en hulle ontwikkeling oor die jare beskryf.
http://www.barnesbullets.com/about-us/history/
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Gerard
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Nog 'n interessante feit is dat daar 'n onderbreking in die Barnes Bullets naam was:
"Then in 1968 Barnes Bullets was sold to Russ Cook and Rich Hoch from Montrose, Colorado. They moved the company there and changed the name to Colorado Custom Bullets."
Randy Brooks vertel verder van 1974: "My wife Coni and I bought the company and moved it to American Fork, Utah. 1975 I contacted Fred and asked him if he was interested in coming over to Utah and showing me how to make bullets. It was really an education. He sold the name back to me to for one dollar and we changed the name back to Barnes Bullets. Fred would periodically come by to help me for years after that; he was just a great guy."
http://www.barnesbullets.com/informatio ... t-hitters/

Last edited by Gerard on Wed Nov 09, 2011 11:16 pm, edited 1 time in total.
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Fotos van n vriend Mick Chapman
Below is photo of four 338 210 Barnes projectiles after being shot out of my 338 Rem Ultra Mag at approximately 3100 ft per sec. The projectile on the extreme left was recovered from a giraffe after hitting a rib and then continuing on to the far side after damaging both lungs. It was fired from a distance of approximately 100 meters.
The second from left was the projectile recovered from my zebra after it passed through seven inches of a Red Bush Willow it continued another fifteen meters before passing through the zebra?s rumen and coming to rest under the skin on the far side of the animal. The full story can be read in the latest issue of Australian International Trophy Hunter Magazine. See pictures below
The third projectile has hit bone and broken off the petals and damaged the projectiles nose. But still retains 115 grains or over 50% weight retention. The fourth projectile was shot out of the 338 RUM into a gemsbok at a ranged distance of 330 meters the projectile weighs 209.9 gns and doubling its diameter after hitting both lungs and the heart then penetrating through to the far side skin.