Ai manne, toe ek en Stefaans vanoggend praat oor die post wat ons wil begin het ek voorspel dat dit weer wye reaksies sou ontlont. Ek was vinnig reg bewys toe Oom Gerard en Remingtom hul posts hier kom maak het en sodoende die bal aan die rol gesit het vir 'n debat oor watter koeel is beter as 'n ander. Manne asb, moet nie nou weer die post kom hijack en baklei oor watter koeel beter is as 'n ander nie. As julle dit wil doen is julle welkom om so post oop te maak. Ons probeer rerig een post maak wat ons toewy aan hierdie wonderlike koeel waarmee ons en duisende ander al so baie sukses gehad het. Baie ander manne het dalk weer 'n ander koeel waarmee hy groot welslae behaal.
Ek wil graag dievolgende aanspreek.
Die Barnes punt waarvan Gerard die foto geplaas het: Dit is duidelik dat die blou punt skeef is maar dit se nerens die hele pakkie sin of die hele batch sin is skeef nie, slegs sommiges. Dis ook die eerste keer dat ek so iets sien op die koeels. Soms gebeur dit dat daar so iets verby kwaliteitsbeheer glip, dit gebeur in enige maatskapy. Ek kan uit ondervinding met Barnes se dat hulle meer as bereid is om te vergoed indien 'n klient ongelukkig is. Hulle kliente diens is uitstekend. Ek het eenmaal met die eerste generasie Barnes punte 'n punt gehad wat nie oopgemaak het op n koedoebul nie. Ek het Barnes gekontak en hulle het onmiddelik met Formalito geskakel en gesorg dat ek 'n splinternuwe pakkie koeels van my keuse ontvang het.
Remington se stelling dat GSC beter tegnologie is: Het jy dit in die huisgenoot gelees?? Ek kraak nie hiermee GSC af nie, maar dit staan nerens dat dit so is nie. Dit staan ook nerens dat Barnes beter tegnologie is nie. Dus se ek die doel van hierdie post is nie om twee koeels met mekaar te vergelyk nie.
Remington se vraag oor hoekom ons koeels nie hier met mekaar kan vergelyk nie: Die naam van die post is
Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!! en nie
Barnes TSX vs the rest - the quest for the ultimate bullet nie. 
Jy is welkom om 'n aparte post te maak om koeels te vergelyk. Hierdie post is gemik op die werksverigting van Barnes koeels. Ons sal dit graag so wil hou.
Frederik se stelling dat hy smile van oor tot oor as kliente Barnes bring om te jag: Ek sou ook smile, dis gewoonlik die manne wat hulle huiswerk mooi gedoen het. Dis wonderlike koeels en ek ervaar dieselfde as jy, baie bloed en groot wondkanale met 'n maklike opvolg. Dit is 100% akkuraat dat die Gen 1 Barnes koeel nie altyd betroubaar oopgemaak het nie. Ek het meer as 500m geloop na ek 'n trofee-koedoebul 'n sitter van 'n hartskoot geskiet het voor ek hom gekry het. By herwinning het ek gemerk dat die puntjie toegebuig het en die koeel soos 'n solid reageer het. Die probleem is egter helemal uitgestryk.
PVDW se vraag oor Barnes in sy 223: Ek het net ervaring van die 53gr koeeltjie in die .22-250 en hy is dodelik. As ek jy is sal ek hom probeer en kyk wat maak hy. Dis dalk ook 'n slim plan om die 50gr een ook te toets en dan te kyk wat werk beste. Oor die groewe en die kort nek kan ek nie kommentaar lewer nie, maar soos ek gese het laai hom en kyk wat maak hy. As hy werk kan ek jou belowe jy sal nooit weer iets anders skiet nie.
COBB se vraag oor monometaal: Ja die Barnes is 'n monometaal ontwerp wat gelykmatig en beheerd omklink in 4 blare om 'n kenmerkende X te vorm as die omklink-proses voltooi is. Dit verskil van Impala in die sin dat Impala 'n soliede koeel is wat geensins oopmaak of omklink nie. Beide die Barnes en die Impala bevat egter geen lood nie.
Aan al die ander manne wat by die onderwerp hou en die res aanmoedig om dit ook te doen: Great, met julle kan mens 'n nasie bou!!
Ek wil glad nie persoonlik raak hier nie, ek wil net hard probeer dat daar hierdie keer by die onderwerp gehou word en nie kort kort afgedwaal word nie!!
Enige insette of vrae oor die werksverigting van die Barnes koeels sal baie waardeer word!
Daar is 'n hele klompie fotos en toetse wat sal volg waar die werksverigting van die Barnes Koeels mooi gewys sal word.
Stefaans kom in, Stefaans kom in....
Barnes-TSX Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...