Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Beretta »

Stefan764
Het julle die bok gekry en hoe ver het hy ge hardloop
Beretta
Gerard

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Gerard »

Vet weet, nou verstaan ek nie die ding nie.  My verstand is nou begogel.  Die bespreking raak al meer eng want eers word alle ander koeel fabrikate uitgesluit.  Mens kan ook nie die Barnes koeels in geheel bespreek nie, net Barnes pryssange word toegelaat.  Ander fabrikate kan egter afgeskiet word.

Wanneer verkeerde Barnes feite weergegee word is dit goed, maar, wanneer die regte Barnes feite gegee word is dit nie goed nie.  Ek wens ek het nie so maklik begogel geraak nie.

Maar dit geld net vir sommige mense.  Ander kan praat van 'n wye verskeidenheid van tegniese goed en dit is nie 'n probleem nie.  Stefan, wil jy nie asseblief die doelpale net vir 'n oomblik op een plek hou nie, asseblief.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

Biltongjagter wrote:
Voor jy nou verder almal 'n rat voor die o? probeer draai, s? nou net eers vir ons, het jy die Barnes koe?l se deursnee behoorlik gemeet met 'n Vernier?
Indien so, wat is di? se deursnee op die dikste deel van die koe?l se skag in duisendstes van 'n duim?

En ja, voor ek nog klaar kon antwoord, het Gerard jou sommer reeds reggehelp.

Stefan, dink voor jy skryf!

Groete,
Koos.
Verder.

Ek probeer niemand n rat voor die oe draai nie. Eks die doner in oor jy my van die start af dan van die wal in die sloot gehelp het. Die post in Maart wys duidelik my intergriteit op die forum. Ek is as n leek op die gebied word n verduideliking deur iemand gegee en dit maak toe perfek sin. Die feit (en dis n feit soos n baksteen) dat die TSX koeels in my 7x64 onder 10mm gegroep het 4 uit 5 groepe, wys dat jy die een is wat toe op die ou end vir my n rat voor die oe probeer draai het, of verstaan ek nou die storie mis?

Wat my nog meer de black-sam in maak is die feit dat jy en oom Gerard geen post kan uitlos sonder om moeilikheid te maak nie. Ek was nie betrokke by of bewus van daardie bakleiery (die een waar mr GS gewai het) nie. Hierdie bakleiery het nou reguit met my te doen. Hierdie post is begin en gemik op BarnesTSX se uitmuntende prestasie op wild wat deur honderde fotos bewys kan word. Lourens het ook vriendelik gevra dat julle nie die post moet ontspoor nie, mar nou ja. Gerard wys op 5x fotos van failiure. 5 fotos uit hoeveeeeeeeel miljoen fotos beskikbaar?????? Gooi die Untouchable GS fotos op die post lat ons sien. En moenie met dai strontstorie kom van julle vang nie koeels op nie.

As julle wil stry en baklei dan doen ons so. ONTHOU net, ek skryf hier in my eie persoonlike hoedanigheid, NIKS met S&O te doen nie, ekself, Stefan Fouche.

Manne wat gatvol is vir stryery en persoonlik raak, hou verby, julle hoef nie die post te volg nie.

Moderators of Baas Hein, as julle dink eks out of line en wil die post toemaak, maak so, die besluit le by julle manne, maar eks nou keelvol hiervoor.

Styefan Fouche

(PS - Koos Biltongjagter, die email is aan GSC (Gerard sellf) gestuur maar wag nogsteeds na 3 maande vir n antwoord)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Gerhard »

Gerhard,
Oor die ander PUNTE wat hier genoem is
Jou halstarrigheid en doelbewuste verkeerd doen is ook al vervelig.  Ek hoop van harte jy is meer professioneel in jou professionele hoedanigheid.

Gerard,

Jy weet toe ek jou produkte leer ken het...

Ja jou punte...

Was ek n groot voorstaander van die GSC's want ek verkies Afrikaanse produkte bo produkte wat uit die buite land kom.

Ek was selfs bereid om met die 500 Jeff jou punte te gebruik...

Maar jy sien ...

Ek begin toe die selfde tipe van argumente lees op ander internasionale forums soos wat hier aan gaan...

Ek het stadig maar seker begin respek verloor vir jou en jou produkte deur die manier hoe jy antwoorde gee en in kleinlike argumente betrokke raak.

Ek het emails en PM's gestuur oor vrae op ladings ens maar het nooit antwoord gekry nie...

Seker oor my halstarigheid en doel bewuste verkeerde manier van goed doen en s? volgens jou...

Ek het na wat alles gebeur het op die forum die laaste 6 maande waar jy betrokke was alle respek vir jou verloor.

Jy sien Gerard...

In my profesionele hoedanigheid bestuur ek n FMCG Supply Chain besigheid waar ons met gemak oor die R15Mil per maand se voorraad van internasionale verskaffers ontvang en uitstuur na ons winkels toe. So jy hoef nie oor my profesionele doen en late bekommerd te wees nie...

Ek werk hard genoeg vir my salaris.

En op die einde van my dag is dit my keuse by wie ek my geld spandeer.

Nie Barnes of Nosler of Hornady het n probleem of ek n pun n kop n koel of n bullet in my gewere skiet nie...

Hulle stel belang in kliente diens en kwaliteit produkte soos wat al hier gesien is op die Barnes TSX thread.

Ek hoop jy verstaan my punt.

Groete,
Last edited by Gerhard on Fri Nov 04, 2011 6:17 pm, edited 1 time in total.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by WillemS »

Gerhard

+10000

Dis jammer, maar ek dink daar is heelwat manne wat al so voel!

Willem
Biltongjagter

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Biltongjagter »

Stefan Fouche,

Waar jy die volgende s?:
Eks die doner in oor jy my van die start af dan van die wal in die sloot gehelp het.
Dan is dit veel eerder dat jy vir jouself die hoenders in is oor jou eie ONINGELIGTHEID  ???

Ek gaan dit aan jou bewys uit jou eie terugvoer n?dat ek jou ingelig het dat jou 7 x 64 'n .285" deursnee loop het en NIE 'n .284" soos jy verkeerdelik gedink het nie.
Hier is jou terugvoer - en ek aanvaar jy het hier die waarheid gepraat - waarin jy verklaar aan hierdie forum se lede dat:
Voorbeeld1:
Interbond (loodkern wat kan uitsit in die loop vanaf 0.284 na 0.285) beste groep met my 7x64 = 7,6mm
SST (loodkern wat kan uitsit) beste groep 6,4mm
Interlock (loodkern wat kan uitsit) beste groep = sub 10mm, nie gemeet
SPEER BTSP (Loodkern wat uitsit) beste groep = 8,2mm
en so kan ek regtig nog so paar byvoeg van sub 15mm groepe, PMP en Highland punte

Voorbeeld2:
Impala 0.284 (solid, kan nie uitsit) beste groep met my 7x64 = 35mm
GMX (0.284 monolisties, kan nie uitsit) beste groep = 40mm

Ons kan uit voorbeeld1 duidelik sien dat daar geen fout met die loop of met die teleskoop of met die skroewe of enige ander kompenent is nie.
En dan volg jou amper bewo? volgende verklaring:
Jaracal lede, sonder hierdie stukkie insigewendheid van Koos sou ek nog baie BAIE BAAAIE lank gesoek het na die probleem. En baie blikke kruit en duur premium koeels(GMXe) op papiere uitgeskiet het.
Hieruit blyk dit baie duidelik te wees dat jou 7 x 64 op daardie tydstip w?l 'n .285" deursnee loop op gehad het. As jy nou enigsins logies kan dink, sal jy besef hoekom ek jou die volgende vrae gevra het:
Voor jy nou verder almal 'n rat voor die o? probeer draai, s? nou net eers vir ons, het jy die Barnes koe?l se deursnee behoorlik gemeet met 'n Vernier?
Indien so, wat is di? se deursnee op die dikste deel van die koe?l se skag in duisendstes van 'n duim?
S?, indien jy nie jou 7 x 64 herloop het na 'n .284" loop nie, moet daar dus iets anders wees aan die Barnes koe?ls wat dan soveel beter groepeer as die ander monolitiese koe?ls wat jy in jou voorbeeld 2 hierbo vermeld het - naamlik hulle deursnee.
Hulle kan tog sekerlik nie uitsit in deursnee om op jou .285" deursnee loop se lengte as te sentreer soos die koe?ls genoem in jou voorbeeld 1 hierbo nie, of hoe dink jy miskien?

Om my dus verkeerdelik en vals te beskuldig, soos wat jy hier op 'n openbare forum gedoen het, is 'n duidelike bewys van jou algehele gebrek aan integriteit, openbaring van swak maniere, van veral 'n persoon wat die publiek in 'n besigheid moet bedien en van inligting (???) moet voorsien, ongeag die feit dat jy jou nou hier kamstig distansieer van daardie hoedanigheid.

Die res van jou uitlatings reageer ek nie eers op nie, want dit is om die minste te s?, kinderagtig en kleingeestig.

Ek vertrou dat lede van die forum wat my uitbarsting hier lees sal verstaan uit watter agtergrond dit voortspruit.

Groete,
Koos.
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1611
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by blaser »

As totale buitestander maak koos se redinasie vir my sin maar wonder hoeveel  gaan hom nou aanval
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by tripodmvr »

Ek verstaan wragtig nie dit wat op hirdie forum gebeur nie.

My pa s'n is groter en beter as joune, lyk my is die algemene tendens. Ek is reg en jy is verkeerd. Dit klink soos kinders van 6 jaar oud. Kyk met 'n buitestaander se o? na wat julle kwytraak.

Ek herhaal weer - die is 'n inligtingsforum - gebruik dit as sulks. Help ander mense met minder kennis om hulle probleme te oorkom. Doen dit op 'n vriendelike en saaklike manier en nie om julle self te bevoordeel of om beter en meer geleerd as ander te klink nie. Ons leer lewenslank en het nie al die kennis in pag nie. Jou deelname aan die forum is dan juis om die' kennis te deel. Doen dan so sonder persoonlike aanvalle en beterweterigheid.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6974
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by DWB »

Ek gaan nou my s? s?.

Ek is 'n nuweling in die jag leefstyl, ek probeer soveel as moontlik lees en leer.
Dit is te danke aan manne op hierdie forum se bereidwilligheid dat ek kan vorentoe beweeg.

Tweedens wil ek vra:
Besef die van julle wat gedurig oproering veroorsaak hoeveel skade julle aan die nuwelinge se belangstelling doen?
Ek wil al braak as ek al hierdie goed sien en lees, want dit maak my onseker en dit maak my twyfel in my gereedskap.
En as 'n man begin twyfel jaag hy aan. Soos ek op die stadium voel wil ek die monolitiese punte/koeels wat ek het uitskiet en liewers goeie loodkern koeels koop.

Julle is besig om die nuwelinge se drome op te neuk!!!

Stop tog asseblief!!!

Dankie. Deon
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Stefan764 »

Koos

Ek het gevra dat jy asb vir my voorbeelde sal gee van die voortreflike prestasie van GS koeels (want dis duidelik wat nou hier gebeur). Dis nog meer duidelik dat jy geen voorbeelde kan gee van die sogenaamde wonderlike prestasie van GS koeels/punte/bullets/heads nie. Maw, dit is wensdenkery en begogelgeid in sy ekstreme. Verder maak jy jongelinge in die bedryf (soos DWB) beswaard ongeag die mentorskap van jou oom Gerard. Soos alreeds aan julle gestel, is die nouliks logiese gevolgtrekkings van jou en jou mentor asemrowind, om die minste te se. Bring asb (terwyl die "gloves" nou af is) fotos van julle koeels se voortreflike prestasie en ons (Barnes fans) onderneem om vir elke GS koeel 5x fotos van uitnemende prestasie op hierdie post te sit. Ek glo nie dat dit sal gebeur nie, synede oom Gerard vir eens en altyd erken (en dis n feit soos n baksteen) het dat hy ongogeld redeneer. Ek is van mening dat berading die enigste uitweg nou is, aangesien hierdie verkynsel die laaste paar jaar op menigte forums n saak van gebed was...... Sover as jouself aangaan moet jy miskien dink aan visvang as n tydverdryf komende van n bekommerde medemens.

BARNES - Groete

Stefan Fouche

(PS - PM my jou selfoon nommer, dalk kan ons iewers n koppie koffie gaan drink....)
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Frederik »

As daar net een koeel was in die wereld sou dit baie boring gewees het maar, as daar altyd sulke gespreke en besprekings moet opduik sou dit miskien beter wees.

En dan tussen die koeels wat ek al gebruik het onder andere (Impala, Rhino, Hornady, Sierra, Speer, Remington, Swift, Barnes, Norma) en al die koeels wat ek al in die veld gesien gebruik was sou ek BARNES TSX as daardie een koeel 'n boring koeel moet vat en gebruik wat 99.999999% van die tyd werk. Onthou geen koeel is perfek nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Monrique (SJ) »

Frederik

Watter van daai koeels wat jy gebruik het was almal monolities, behalwe die Impala en Barnes?

Soos jy wel se geen koeels is perfek nie, maar ek glo skootplasing is van kardinale belang om n dier te dood en goed te perform.


Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Sat Nov 05, 2011 8:22 am, edited 1 time in total.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Frederik »

Ek dink nie eers ons het oor skootplasing gesels nie maar ja dit is die nommer een wanneer dit kom by die jag van diere.

Nee sover ek weet nog net Impala en Barnes is monos.

Basies wat ek wou se as ons net een soort koeel op die rakke gehad het sou ek baie gelukkig gewees het as die Barnes TSX is.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Monrique (SJ) »

Jammer manne dat ek skootplasing inbring by n koeel topic.....

@Frederik

Hoe kan jy se dat Barnes die beste koeel op die mark kan wees, of as daar net 1 koeel kon wees, moet n n Barnes gewees het, as jy nog nie eers ander monos getoets het nie en gesien het hoe hulle doen?


Groetnis
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5030
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Frederik »

SJ, as kliente GS bring en gebruik sal ek dit seker dan sien maar hulle doen nie.

Ek sien genoeg mense elke jaar van oorals in die wereld en die koeel wat nog altyd die beste presteer die laaste paar jaar was die TSX bring GS of gee paar vir my om te toets maar wat ek nie kan sien nie kan ek nie oor praat nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Monrique (SJ) »

Frederik

Ek het nie eers gepraat van GS nie daar is ander mono's ook. Moenie aanneem ek praat van ding en dan is dit nie so.  Daar is baie ander koeels.

Ek gaan nie my by die debakel betrek nie. Ek vra maar net n paar vrae, maar lyk my ek word ook nou aan gevat.

Groetnis
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Monrique (SJ) »

Frederik

Ek het geen ondervinding van mono koeels dis die rede vir my vrae. Die vrae wat ek vra en die ant.wat ek daarop gaan kry gaan my sekerlik help, glo ek, wanneer ek ook mono gaan probeer.

Maar kom ek skets n senario: Jy se dat Barnes koeels is die beste en ek toets dit ,en ek het wel als gedoen volgens die boek, regte koeel lengte of gewig vir my geweer se groefdraai, regte spoed vir daai koeel om op sy beste te perform, ens,ens. en daai koeel gee nie dieselfde resultate, wat dan??

As dit die manier is waarop mens geantwoord word dan stel ek nie belang om verder aan die topic deel te neem!

Groetnis
Last edited by Monrique (SJ) on Sat Nov 05, 2011 9:06 am, edited 1 time in total.
Biltongjagter

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Biltongjagter »

Ek het gevra dat jy asb vir my voorbeelde sal gee van die voortreflike prestasie van GS koeels (want dis duidelik wat nou hier gebeur).
Soos ek reeds ges? het:
Dan is dit veel eerder dat jy vir jouself die hoenders in is oor jou eie ONINGELIGTHEID  ???
En sowaar, hier bewys jy dit weereens :laugh:
In beide my en Gerard se webwerwe is daar talle voorbeelde van GSCHV jagkoe?ls se puik prestasies.

Boonop gaan dit glad nie hier oor hierdie aspek nie, nee, dit gaan oor jou swak interpretasie vermo? van harde feite wat in alle eerlikheid aan jou deurgegee word, en jou totale onvermo? om te besef dat as die koe?l tipe wat jy skiet die verandering in jou 7 x 64 se groeperings meebring, dan m??t daar tog iets wees aan die koe?l wat beter inpas by jou .285" geweerloop.
Maar nou ja, dit is t? veel gevra van jou, om dit in te sien!

Wat jou afsluitings aanmerkings
Ek is van mening dat berading die enigste uitweg nou is, aangesien hierdie verkynsel die laaste paar jaar op menigte forums n saak van gebed was...... Sover as jouself aangaan moet jy miskien dink aan visvang as n tydverdryf komende van n bekommerde medemens,
hier herhaal aangaan, glo ek daar is talle ander forum lede wat hierin, ook glashelder deur jou sien.

Laastens, al my kontak besonderhede is op my webwerf beskikbaar, en so terloops, ek is baie kieskeurig saam met wie ek koffie drink!

Gaan jou goed,
Koos.
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Beretta »

Biltongjagter
Is dit maar nie dieselfde as jy n size 13 spanner op n size 14 bout en moer gebruik nie.
Beretta
Biltongjagter

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Biltongjagter »

Beretta,

;D ;D ;D

Koos.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Jagtersdok »

Biltongjagter wrote:
Ek het gevra dat jy asb vir my voorbeelde sal gee van die voortreflike prestasie van GS koeels (want dis duidelik wat nou hier gebeur).
Boonop gaan dit glad nie hier oor hierdie aspek nie, nee, dit gaan oor jou swak interpretasie vermo? van harde feite wat in alle eerlikheid aan jou deurgegee word, en jou totale onvermo? om te besef dat as die koe?l tipe wat jy skiet die verandering in jou 7 x 64 se groeperings meebring, dan m??t daar tog iets wees aan die koe?l wat beter inpas by jou .285" geweerloop.
Maar nou ja, dit is t? veel gevra van jou, om dit in te sien!
Ek wil graag net s? die enigste manier om te bepaal of Stefan se geweer wel 0.284 of 0.285 loop op het is om dit te meet.
Sou daar dan nou gesien word dat dit wel 0.285 is en die Barnes Koeel werk so goed en ander monometale nie dan is dit great want dan beteken dit die ding werk geen verwarring hoef te kom oor watse koeel nou om te gebruik nie, want presies dieselfde koeel presteer netso goed in die Amerikaanse 7mm gewere. So WOW great 1 koeel wat jy met gemoedsrus in enige 7mm kan skiet.

Die Thread het weereens 'n ommekeer gemaak, maar die manne wat Barnes lof wil besing julle mag dit gerus doen hier want die produk het homself al deur en deur bewys. Ek glo vir baie mense is dit die goue standaard waaraan hulle ander produkte meet en sal vir lank so bly. al is daar nuwe tegnologie, wat regtig goed werk sal dit baie baie lank vat voordat dit as die nuwe goue standaard gesien sou word en baie baie baie toetse en getuienisse later en selfs dan is dit nie 100% verseker dat die omseling sal wees nie. dit gebeur in enige mark van enige produk reeks so en sal vir ewig so werk.

Nou wil ek graag ietsie s? oor bemarking en ja ek mag maar iets daaroor s? want voor ek Dr geword het was ek bemarker vir Multinasionale organisasie wat Biljoene $ gedraai het elke jaar. Bemarking gaan oor een ding "MENSE VERHOUDINGS" al die ander goed initiele dienslewering, naverkope diens,kennis, kwaliteits beheer en al die ander dinge is ondergeskik aan die een entiteit. Sou daar foutjie insluip met enige van die ander aspekte wrd dit baie maklik uit gesorteer as jou mense verhoudinge reg is. Hoe wen mens 'n mark? slegs as jou mense verhoudinge reg is, jy kan maar regoor die wereld gaan kyk dat mense ander mense support, nie noodwendig omdat dit die heel beste produk is nie, of goedkoopste of nuutste nie, maar omdat die mense verhoudinge reg is.

Hoe bou mens mense verhoudinge?
Wees altyd nederig teenoor jou klient, al is jy slimmer, ryker, sterker het meer kennis.
Luister aandagtig na jou klient se behoeftes, moenie jou oplossings of produk op hulle af forseer nie, maar probeer dit aanpas om by die behoeftes te pas.
moet nooit jou klient laat voel dat hy dink jy voel hy skuld jou iets nie.
Spandeer tyd saam met die klient om oplossing te soek sonder om neerhalend, teneer te kyk of ongeduldig te wees.
Met tyd kom vertroue en met vertroue kom respek en met respek word opinies ho?r geag.
moet nooit maar nooit 'n ander produk "BADMOUTH" nie, lig jou goeie punte uit en los dit daar, die klient weet reeds waar die produk wat hy huidiglik gebruik te kort skiet en sal self die vergelyking tref. Dus deur al jou goeie punte uit te lig kan jy die klient die informasie gee wat die huidige produk se goeie eienskappe ewenaar en dan die tekortkominge oorbrug. Maar moet nie jouself orals altyd inwurm nie want dit sit mense vreeslik af  
Last edited by Jagtersdok on Mon Nov 07, 2011 11:08 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Koos Barnard »

Doktertjie
Vir iemand wat nie 'n .30-06 skiet nie praat jy nogal sense ;D ;D ;D
Ja en amen op alles wat jy oor bemarking ges? het.
Terloops, ek het so 'n rukkie gelede begin speel met 235gr Barnes in my .375. Dit was uit nood gebore omdat 'n nek- en skouerbeseing my begin opkeil het. Soek toe eendag na 'n ligte koe?l tussen my skietgoed en kom op die Barnes'e af. Om die recoil te beperk vir my pap nekkie (dit klink nie so goed nie n?) het ek hulle lig gelaai (2300vps) en jagveld toe geneem. Sal eersdaags in Magnum ietsie oor die pap ladings skrywe want ek geniet nou my .375 sonder seerkry.
Groetnis
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Jagtersdok »

Oom Koos

Jy is nie die enigste man met sulke beserings nie. Ek is juis deur ander oom nou die dag gevra of ek hom nie asb kan help nie want hy is so lief vir sy 375, maar die outjie byt nou net te hard. Hy is paar jaar jou senior. So ek het toe dat ons vir ho decelerator opsit en gaan ook kyk na ligter loads met ligter pille. So ek sien uit om te sien hoe hulle maak. Dalk dit die oplossing vir die omie om sy gunsteling roer nog paar jare te kan geniet.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Gerard

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Gerard »

Beretta,
(Van topic af maar jy het gevra.)
Die jagter het my gebel en vertel dat hy die skoot geneem het op ongeveer 50m, amper dwars, effens kwart van voor.  Die dier het na die skoot weggespring en ongeveer 800m / 1000m gehardloop sonder dat daar enige bloedspoor was.  Dit is opgevolg en ongeveer 3km verder met 'n nekskoot gedood.  Die foto hieronder het hy per epos gestuur.
[img width=360 height=480]http://www.gsgroup.co.za/impala270110HV2.jpg[/img]
Stefan,
(Van topic af maar jy het gevra.)
Wat my nog meer de  in maak is die feit dat jy en oom Gerard geen post kan uitlos sonder om moeilikheid te maak nie.
Ai, ek wens jy wil nie so oordryf nie.  Gaan terug in die bespreking.  Ek het drie soorte plasings gemaak.  Reaksie op vermakerigheid soos die van Vlakvark, regstel van inligting wat verkeerd gegee is en die plaas van feite wat perspektief bring en wat interessant is.  Indien ek verkeerd is met my inligting, kan mens dit bespreek sonder om beledigend te word?  Indien ek reg is met my inligting, hoekom word sommige ouens so kwaad daaroor?
5 fotos uit hoeveeeeeeeel miljoen fotos beskikbaar?
(Van topic af maar jy het gevra.) Die inligting wat ek deurgee is dat die verhouding wissel om 10%.  Hoekom is dit uit die bose?  Daar is nie so iets soos die perfekte koeel nie, almal sal faal en dit is handig om te weet wat die verhouding is tussen die wat oopmaak en die wat nie oopmaak nie, die wat in stof verander en die wat die werk klaarmaak.
Gooi die Untouchable GS fotos op die post lat ons sien.
(Van topic af maar jy het gevra.) OK, dis jou bespreking: http://www.gsgroup.co.za/05gallery.html  http://www.gsgroup.co.za/06theysay.html  http://www.gsgroup.co.za/accuracy.html
PS - Koos Biltongjagter, die email is aan GSC (Gerard sellf) gestuur maar wag nogsteeds na 3 maande vir n antwoord
(Van topic af maar jy het gevra.) Die man het my gebel en ons het die insident breedvoerig bespreek.  Hy het daarna die foto gestuur met die beskrywing van wat gebeur het.  Ek het niks gehad om by te voeg by wat reeds ges? is nie.  Dit blyk nou dat hy anders voel en ek het pos gestuur en 'n paar vrae gevra van een en ander wat nie vir my duidelik is nie.

Gerhard en WillemS,
(Van topic af maar julle het dit aangeraak.)
Dit is opmerklik hoe die "ek sal nooit GSC gebruik nie" opduik wanneer logika en feite ontbreek.  Laat ek 'n paar goed opklaar:

1. Ek kry meer epos as wat een mens kan beantwoord.  Daarom s? ek dat epos wat handel om tegniese sake wat nie op die tegniese data, laaidata of FAQ dele van ons werf is nie, voorkeur kry.  As een epos vra wat die lading is vir iets wat op ons laaidata is en 'n ander epos vra laaidata vir 'n 280 Ross, dan ignoreer ek die eerste en gee aandag aan die tweede. http://www.gsgroup.co.za/contact.html
Nie Barnes of Nosler of Hornady het n probleem of ek n pun n kop n koel of n bullet in my gewere skiet nie...
Natuurlik nie.  Hulle gee ook nie om of djy Wes Kaap Afrikaans of Hoity Toity Houghton praat nie. (Het jy al van wal tot wal karpette gehoor?)  Die saak is vir Afrikaners om te bepaal.
2.  Dink jy regtig dat 'punt' in plaas van koeel reg is?

Stefan,
Dis nog meer duidelik dat jy geen voorbeelde kan gee van die sogenaamde wonderlike prestasie van GS koeels/punte/bullets/heads nie.
Jy het nou seker al die skakels besoek.  Voel jy nog so?  Terloops, spaar jouself bietjie tyd en moeite en skryf net 'koeels'.  Dan weet ons waarna jy verwys want punte en heads betaam nie iemand wat 'n voorbeeld moet stel nie.
Verder maak jy jongelinge in die bedryf (soos DWB) beswaard ongeag die mentorskap van jou oom Gerard.
Weet jy wat pla my baie?  Mense wat leiding behoort te gee, wat dit nie doen nie, en net saamdraf.  Dit is wanneer ons wat feitelik reg is, die varke in die verhaal word.
ons (Barnes fans) onderneem om vir elke GS koeel 5x fotos van uitnemende prestasie op hierdie post te sit.
Gegewe dat Barnes 24% van die premium koeel mark het en GSC het 0.04%, sou 'n billike verhouding seker een GSC vir elke 600 barnes wees?  Ek sien kans daarvoor.  Die res van jou bydrae het werklik afgedaal na eenvoudige beledigings toe.

SJ,
Dis soos jy s?.  Skootplasing is 'job number one.' Die topic is in elk geval in sy peetjie. Wat dink jy van daardie impala karkas hierbo?

Frederik,
Vertel vir ons hoe werk dit.  My indruk is dat baie oorsese kliente nie herlaai nie.  Hulle koop ammunisie wat in die VSA of Europa gemaak word en Barnes, Swift of ander koeels gebruik.  Wanneer 'n klient herlaai, dan kontak hy die PH en vra wat die PH aanbeveel.  Ons weet wat jy aanbeveel.  Is dit hoe dit werk?

-------------------------------------------------------
Van bemarking gepraat (iemand anders het afgedwaal, ek las maar net by), dit is bekend dat tegnies ingestelde mense nie bemarking moet doen nie.  Dit skeel my min wat die regte en verkeerde manier is om iets te bemark.  As 'n bemarker ja en amen s? om die besigheid te kry, al is die klient hoe verkeerd, wil ek nie daar wees nie.  Ek kan egter dit s?:  Wanneer 'n ding feitelik nie reg is nie, dan gee ek die regte inligting soos ek dit ken.  Indien ek nie reg is nie, kan ons dit altyd bespreek, maar moet nie vermakerig of beledigend raak wanneer jou feite opraak of jou kennis te kort skiet nie.  Daar is altyd iemand wat bre?r kennis het as jy. Ek bel en epos ook rond wanneer ek myself in 'n hoek vasverf en is nooit te trots om te vra nie.  Niemand weet alles nie.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Post by Christo »

Gerard wrote:
................ bekend dat tegnies ingestelde mense nie bemarking moet doen nie.  Dit skeel my min wat die regte en verkeerde manier is om iets te bemark.  .
.04%

ek koop ook nie by Hugo van Zyl Sport in die Paarl, as jy daar uitstap voel jy ook soos 'n pawpaw.
Last edited by Christo on Sat Nov 05, 2011 8:37 pm, edited 1 time in total.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply