Wat kan so vang???

Post Reply
Dirkie Burger
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:23 pm

Wat kan so vang???

Post by Dirkie Burger »

Goeie naand manne

Het vandag 'n klein lam gekry, omtrent 3 weke oud wat in die lieste gevreet is. Ek het nie 'n idee wat dit kan wees nie. Die lieste was kompleet uitgevreet dat jy amper die pens kon sien, ergste is die lam het nog gelewe.

Kan dit dalk jong jakkalsies wees?
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Raven »

Dirkie ,

Kyk hier na Jakkie735 se dorper ooi.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=0

Ek belowe jou dis net jak wat so mors.

Ek sal nog fotos bysit van my verliese 'n week terug - 340 speenlammers in lammerkamp - 3 in 1 dag gebyt, almal het nog gelewe, 1 was ook in lies gebyt.
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Dirkie Burger
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:23 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Dirkie Burger »

Baie dankie Raven

Sal jy saam stem dat dit jong jakkelse moet wees want dit voel vir my groot jakkelse sal baie maklik so 'n jong lam kan dood maak.
Het self 27 lammers laas maand verloor, amper 'n lam per nag.
Maar dit het verseker te doen met die teef wat kleintjies het, dan vreet hulle mos meer.

Ek sal maar net daardie nes moet opspoor

Groete
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Raven »

Hier is 'n paar fotos van my  laaste verliese, lammerkamp was mooi toe, tot vlakvarke gate gemaak het en 2 jakke deurgekom het.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... enlam2.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... enlam1.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... enlam3.jpg[/img]

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Jaco Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 804
Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Jaco Swart »

Raven

Dis baie jammer om jou verliese so te sie.

Wat my gat se deksel is , is dat daar steeds mense is wat nie wil h? dat mens die jakkalse moet skiet nie.
JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Dirkie Burger
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:23 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Dirkie Burger »

Stem 100% saam Jaco, en dis gewoonlik die ouens wat nie boer nie.
Maar as jy die fotos sien kyk jy met ander oe na jakkie
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by FE »

Ons boer deeltyds in die Oos Vrystaat met beeste. Ons is twee honderd km weg en probeer so gereeld as moontlik daar kom (elk twee weke). Die eerste probleem wat ons het is dat ons grond is plat, en ons het nie plek om 'n karkas weg te gooi nie. Tweede probleem, teen die tyd wat ons daar kom en daar het wel 'n bees gevrek vir een of ander rede ook al, sal geen leeu reservaat meer die karkas wil h? nie.

So by ons help die jakkalse en rooikatte ons veld skoon hou. Daar vrek nou nie op gereelde basis iets by ons nie, maar dit gebeur. Dus hou jakkalse 'n voordeel in vir ons.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Raven »

FE,

Hou net jou grensdrade mooi toe asb, laat al jou jakkies by jou bly  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by tafjak »

FE
FE wrote: ................Ons boer deeltyds in die Oos Vrystaat met beeste..........
So by ons help die jakkalse en rooikatte ons veld skoon hou....................... Daar vrek nou nie op gereelde basis iets by ons nie, maar dit gebeur. ...........................Dus hou jakkalse 'n voordeel in vir ons....................................................................................
Appels!

Hoe groot is die grond/plaas? Waarvan vrek die beeste? En natuurlik die miljoen dollar vraag is: Hoe lank boer julle daar?

Mooidink

Taffie
Mooiloop en Geseende Kersfees!
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by FE »

Tafjak,

Dink my oupa het die grond in laat 60's gekoop, hy het skape verloor as gevolg van jakkalse. Ons is nou al so 7 jaar daar aan die gang. Ons het al vier verse die jaar verloor aan kalf probleme, en dink so twee oes kalfies. Grond 500 hektaar.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by tafjak »

FE

Ek vermoed julle het darem kleinvee naby(bure ens.). Totdat die kleinvee/wild/kleiner kossoorte verdwyn sal die beeste darem nie te erg gepla word deur die jakkalse nie.

Die dag as kleinkos weg raak is die gort natuurlik gaar en sal julle nogal redelik(sien julle is elke 2weke o die grond) in hande van die bure wees. As jou bure die jakkalse beheer(en kos gee) het julle nie veel van 'n probleem nie(groter grond sou seker h?). Daarom is dit raadsaam om goeie buurmanskap te openbaar in die goeie en slegte tye.

Mooiloop

Ps. Beter om karkasse in putte te verbrand en siektes te beheer.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Biker
Hero Member
Hero Member
Posts: 812
Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by Biker »

FE
Taffie skets vir jou die groter prentjie baie mooi lees en leer
Groete Biker
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by wlm »

Pasop!
Koeie wat kalf se uiers kan uitgevreet word. Kalwers kan in die geboorte-proses gevreet word.
Die ou jakkalsskieters is gewoonlik nie baie-praters nie,so luister maar mooi en dink 'n bietjie goed na.
Mooiloop
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by FE »

Dankie, vir al die raad. Sal een aand 'n lig vat en kyk wat kry ek.
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by tafjak »

Born to eat "hase en dasse", but forced to eat "kallers en koeie"!

FE wrote: .......... Sal een aand 'n lig vat en kyk wat kry ek.
................sal na my eiendom met meer drft as dit omsien.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by wlm »

F E
Laat weet na die naweek hoe dit lyk asb.
Willem
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by FE »

Willem,

Ek sal jou eers oor drie weke kan laat weet hoe dit lyk. Het wel 'n lig aan die volgende twee naweke, maar ek sal moet leer in die lig. Bietjie eksamen tyd. Maar klink darem as ek te min hande en patrone het of daar manne is wat my sal kan bystaan ;D ;D Ek sal julle op hoogte hou, en daar is nog 'n paar varkies wat verseker tender vir 'n pakslae! Ek en erx het hulle nes gekry hoop dit sal help.
Born to hunt, but forced to work!
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Wat kan so vang???

Post by wlm »

Ou F E
Alle probleme is darem nie net sleg nie. Geniet die soekery met die lig en gee die varkies opdraende!
Willem
Post Reply