Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Oom Gerard
Ek het nie eers gereply op die topic, so ek weet nie waar die uittrap vandaan kom nie??
Groetnis

-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 325
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
More Manne
Ek gebruik die Barnes TSX met groot sukses in my .300 win mag (180 gr) en het al wild van rooiribbok en springbok tot eland, insluitende baie koedoes en blouwildebeeste, daarmee gejag. Ek het ook baie kli?nte gegids wat die koe?l in 'n verskeidenheid kalibers vanaf 22-250 tot .375 H & H gebruik het. Ons het min koe?ls herwin, die meeste diere het baie vinnig gevrek, wondkanale was goed en daar was altyd 'n duidelike boedspoor (as die bok gehardloop het na die skoot). Die koe?ls wat wel herwin was het uit bokke gekom wat baie skuins gestaan het en uit opvolgskote wat reg van agter geskiet is.
Die meeste herwonne koe?ls was perfek maar daar was 'n paar waar sommige of al die vlerkies afgebreek het (ek het dieselfde al met Rhino Solid Shanks en Winchester Failsafes gekry).
In my beskeie mening is die Barnes TSX een van die heel beste jagkoe?ls. ek het al met PMP, Hornady (SST, Interlock, interbond), Nosler Partition, Speer (Grand Slam & Hotcore) Sierra MK, Rhino Solid Shank, Winchester Fail Safe, Barnes X en Barnes TSX gejag.
Lekker dag
Thinus

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5030
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!

Net 'n vragie dis duidelik dat die punt herlaai was aangesien die dop gebruik lyk die lyk ook soos 'n vinnige .30 kaliber.
Nou as ek herlaai sou ek seker dadelik optel dat die punt nie reg was voor ek hom gelaai het nie.
Maar nou met my laaste jag laasweek wat die jagters 300 Weatherbys gerbuik het met 150gr TTSX het die ook gebeur maar dit het uitgekom dat die een patroon onder in die magasyn nooit geruil is nie. In ander woorde met al die terugskop het die patroon seker seer gekry binne die magasyn. Let ook op dit het net met die TTSX die Tipped weergawe gebeur en nie die gewone TSX nie.
Last edited by Frederik on Wed Nov 02, 2011 6:55 am, edited 1 time in total.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Ek gaan hierdie skryf ter inligting aan die persone wat nog nie dit gebruik het nie.
Barnes is monometaal koeels (koper) en is grootliks slegs beskikbaar as komponente vir herlaai. Die ouer weergawes was sonder die groewe wat op die TSX en TTSX voorkom en het ho?r druk gegee sodat versigtigheid aan die dag gel? moes word. Die hudige TSX kan soortgelyk aan normale koper-lood koeels behandel word as dit by herlaai kom. Hou egter die TPL so dat 1,5-2 mm sprong aanvanklik gebruik word.
Barnes se aanbeveling is dat spoed vanaf 1900vps en op nodig is vir behoorlike omklink van die voorpunt. Verder behou monometaal koeels bykans 100% gewig na impak met weefsel om baie goeie penetrasie te verkry - min word herwin. My aanbeveling is dus om die konvensionele koeelgewig (180gr in 30 kaliber) met 20% te verminder en in daardie orde ladingontwikkeling te doen (80% = 144 = 130-150gr). Ho?r spoed gaan natuurlik neig na vleisskade, maar die feit dat die koeel nie ontplof nie verhoed die vorming van slymerige bloed. Ek het gevind dat die bloederige dele nog bruikbaar is en nie die sponsagtige gevoel van "normale" koeels het nie.
Vir my het Barnes die volgende voordele en kenmerke :-
1.) Akkuraatheid
2.) Behoorlike penetrasie met baie skade aan organe
3.) Minder vleisskade selfs met ho?r spoed - moet dus nie aflaai vir bosgebruik
4.) Ligter koeels maak platter trajek moontlik en een gewig kan vir vlakte en bosskiet dien - teleskoop hoef nie kort-kort verstel te word nie
5.) Ek hoef nie lood in my vleis te eet nie en vergiftig ook nie aasdiere met loodoorblyfsels nie
6.) Opbreek van koeel kom bykans nie voor nie en selfs as been getref word sal die koeel net opbreek totdat sy skag oorbly en nog steeds penetreer

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5154
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Ek aanvaar dat die doodmaak vermoe? van die TSX goed is, kan iemand dalk ook net so vinnig 'n verslag gee oor die vleis skade.
Ek wil nou nie ander name noem nie maar ek het al so paar karsaste gesien wat met IMPALA gejag is en ons weet almal hoe lyk 'n blad as daar 'n "ou" loodkern deur is.
Wat is die skade met die Barnes koe?ls??
Ek leer nog my seuns -en myself- om eerder die veilige skoot te skiet en die bok hius toe te bring en daarom is vleis skade belangrik vir my.
Peet
NS. Ek en tripod het seker so gelyk gesit en skryf toe post hy voor my, nog enige verslag oor vleis skade??

Last edited by Pvdw on Wed Nov 02, 2011 7:16 am, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Stef,
Dankie vir die inligting oor die Barnes TSX wat jy hier begin het.
Ek het so pas gekry waarna ek gesoek het vir my 222 Rem.
Sal by jou n pakkie 50gr's kom haal een van die dae...
Oor die ander PUNTE wat hier genoem is ... word nou vir my soos n soapy... baie vervelig

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Ek het die fotos gekry op verskillende jagforums (wyle terug al) en gebere.
Kyk om 4 fotos te kry uit 2 000 000 wat soos mushrooms lyk s? seker nie baie nie.
Dit sal net maak dat ek die TTSX gebruik, asook die E-tip en GMX.
EK het self nog nooit die TSX of TTSX gebruik nie so ek kyk lekker saam na die ander manne se
fotos en stories.
[img width=480 height=480]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 168TSX.jpg[/img]
[img width=560 height=420]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 0grtsx.jpg[/img]
[img width=560 height=416]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... 0grTSX.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i357.photobucket.com/albums/oo17 ... TSXjpg.jpg[/img]

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Gerhard
My ondervinding van barnes is dit werk nie in my 222 nie seker my fout sal dit nooit weer gebruik nie.So as jy wil kan jy die wat ek oor het kry met die grootste plesier.

blaser
- Hero Member

- Posts: 1611
- Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
beretta
wat werk in jou 222
onthou jy mag nie vergelykings hier tref nie hier praat ons net barnes
wat werk in jou 222
onthou jy mag nie vergelykings hier tref nie hier praat ons net barnes
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Remington
Beretta
Beretta
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Dankie tot dusver vir die insette manne, doen so voort. Ek wil net aansluit by Frederik. Ek het nogal gewonder of dit nie die geval was nie? Dit is baie moontlik dat die koeel kon beskadig in die seating proses of dan deur die recoil soos wat dit onder in die magasyn gele het. Op daai foto kan mens duidelik sien die dop is die van een of ander weatherby kaliber. Dit se dadelik vir my die groot recoil kan hier die sondebok wees. As daai koeel vir 'n paar skote onder in 'n 300 Weatherby of 30-378 Weatherby se magasyn gele het is die kanse uitstekend dat hy moontlik so kan lyk as hy daar uitkom. ;D
@ Gerhard, gaan tel gerus vir jou 'n pakkie van die TTSX koeels vir jou trip 2 op daar by Stefan, jy sal verbaas wees oor die akkuraatheid en om nie eers van die terminale prestasie te praat nie. Ek ken heelwat ouens wat daai koeel in hulle .22 kalibers gebruik en heelwat groter diere as rooibok en blesbok aanvat, met die regte skootplasing natuurlik. Alhoewel ek sulke praktyk glad nie aanbeveel nie, maak hierdie koeel se prestasie dit makliker. Ek weet nie wat is die twist op jou trip 2 se loop nie maar as hy enigsins sukkel om te stabiliseer probeer ook die 45gr, dit behoort ook n baie lekker koeeltjie te wees.
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Manne hier is 'n foto van nog 'n paar koeels wat ek herwin het:
[img width=560 height=417]http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... sTSX-1.jpg[/img]
Van links na regs:
1.) Koeel 150gr Barnes X 270cal, 2650fps. Vlakvarkbeer. 120m. Vark van agter geskiet, skoot op boud in en koeel voor onder die keelvel uitgehaal, vollengte penetrasie. 100% gewig retensie.
2.) Koeel 140gr Barnes TSX 270cal, 2700fps. Wildebeesbul. 80m. Wildebees laag op die skouer geskiet, koeel onder vel aan oorkantste blad uitgehaal. 100% gewigretensie.
3.) Koeel 140gr Barnes TSX 270cal, 2700fps. Rooibokram. 110m. Rooibok voor in kuiltjie geskiet, koeel net voor die boud uitgehaal. 100% gewigretensie.
4.) Koeel 140gr Barnes TSX 270cal, 2700fps. Wildebeesbul. 40m. Wildebees skuins van voor geskiet, swaar been getref, koeel penetreer tot by ribbes aan oorkanste kant. 88% gewigretensie.
Ek kan ook nou se dat die .22-250 koeel op die foto op die eerste bladsy wat ek uit die vlakvark gehaal het 69% gewig behou het.

Last edited by Lourens on Wed Nov 02, 2011 9:50 am, edited 1 time in total.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
gghhhhhh....staan BY ou bees......ggghhhhhhhRooijakkals wrote: Stefaans kom in, Stefaans kom in....
Manne dankie vir die fotos en insette, ek dink oor n jaar of twee gaan hier n magdom kennis wees oor die Barnes koeels. Vir die manne wat so op die topic pis, doen vrylik so voort pla my min.
Ek het vir Lourens n paar interessante fotos van n paar Barnes koeels wat ek versamel gestuur, hy sal dit nou hier kom oplai, gee hom net bietjie kans.
Lourens kom in, Lourens kom in....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Dankie Beretta,Beretta wrote: Gerhard
My ondervinding van barnes is dit werk nie in my 222 nie seker my fout sal dit nooit weer gebruik nie.So as jy wil kan jy die wat ek oor het kry met die grootste plesier.
Beretta
Dit is baie gaaf.
Laat weet wat skuld ek jou.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
gghhhhh..... staan by....gggghhhh ;D 
Manne hier is Stefaans se fotos van die Barnes koeels wat hy al versamel het:
1.) Hier is 'n groepfoto van 'n klompie herwinde Barnes koeels.

2.) Foto van 'n paar Barnes koeels wat nie helemal soos die advertensie lyk nie.

3.) Foto van herwinde Barnes koeels. Links na regs .500, .416, .308, .308

4.) Selfde koeels as in (3) net van 'n ander hoek. Van links na regs .308, .308, .416, .500

5.) 168gr Barnes TSX in .308 herwin uit Gemsbok

6.) 400gr .416 Barnes koeel herwin uit Buffel

7.) Nog 'n 400gr .416 Barnes koeel herwin uit 'n Buffel

8.) 570gr .500 Jeff Barnes koeel herwin uit Buffel

Dankie vir die fotos Stefaans, dit lyk sommer skitterend!
Groete,
Lourens
Manne hier is Stefaans se fotos van die Barnes koeels wat hy al versamel het:
1.) Hier is 'n groepfoto van 'n klompie herwinde Barnes koeels.

2.) Foto van 'n paar Barnes koeels wat nie helemal soos die advertensie lyk nie.

3.) Foto van herwinde Barnes koeels. Links na regs .500, .416, .308, .308

4.) Selfde koeels as in (3) net van 'n ander hoek. Van links na regs .308, .308, .416, .500

5.) 168gr Barnes TSX in .308 herwin uit Gemsbok

6.) 400gr .416 Barnes koeel herwin uit Buffel

7.) Nog 'n 400gr .416 Barnes koeel herwin uit 'n Buffel

8.) 570gr .500 Jeff Barnes koeel herwin uit Buffel

Dankie vir die fotos Stefaans, dit lyk sommer skitterend!
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Ek sal so voorbarig wees deur te se die gewigretensie toets is geslaag 
Die fotos bo wys baie mooi dat die Barnese redelik konstant omklink. Die wat deur dik bene gaan en petals verloor se gewig word nogsteeds baie mooi gehou. Ons sien dit in Lourens se herwinde Vark koeel (oor die 60% op point blank range) en ook uit die volgende foto:
Stef

Die een petal het afgeskeur na die 416Remington koeel deur die buffel se dik bladbene is. Nogtans, hierdie koeel het steeds 94,8% van sy oorspronklike gewig behou. Hierdie voorbeeld voel ek spreek boekdele....Rooijakkals wrote: 6.) 400gr .416 Barnes koeel herwin uit Buffel
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Stefan - geen druk probleme soos met die eerste X nie? Kan mens hulle maar laai soos gewone
koeels?
koeels?
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Stef,
Stupid vraag...
Wat is die diameter van die 416 voor hy om geklink het bedoelende voor hy geskiet is en wat is die diameter wat hy nou is?
Gewig retensie is vir my belangrik.
Maar soos in boog jag wil ek weet wat ek kan verwag in permanente wond kanaal grote.
Hoop jy verstaan wat ek bedoel ... ;)
Stupid vraag...
Wat is die diameter van die 416 voor hy om geklink het bedoelende voor hy geskiet is en wat is die diameter wat hy nou is?
Gewig retensie is vir my belangrik.
Maar soos in boog jag wil ek weet wat ek kan verwag in permanente wond kanaal grote.
Hoop jy verstaan wat ek bedoel ... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
More ouens.
Daardie .500 is darem maar n bul as jy hom met die .308 vergelyk ne. Help my reg as ek nonsens praat maar op die papiere wat ek by die Pretoria skou gekry het word S365 op die 30-06 nie aangewys vir die TTSX of TSX nie. Wat is die rede hiervoor? As mens dit kon gebruik wat stel julle voor vir minimum en maksimum ladings.
Groete.
C.B

Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Gerhard
Voor hy geskiet is is die koeel 0,416" of 10,6mm
Na die skoot:
Van een petal tot ander petakl regoor mekaar, buite diameter is 0,839" of dan 21,3mm.
Van die een petal to by afgebreekte petal is 0,713" of dan 18,12mm.
VdWaldt
Daar is geen druk probleme met hierdie Barnes TSX nie. In n samelewing wat n hiper geneigtheid toon tot siviele eise sou n produk nie voldoen aan standaarde nie en of skade of besering aan die gebruiker sou meebring het Barnes die toets in die VSA met lof geslaag. Wouter Roets kan hier meer ondervinding as ek gee, maar ek kan wel op die 7x64 en 375R kommentaar lewer. Ek kry geen maar geen drukprobleme nie. Met die Tikka se stywe kamer gaan daai slot steeds soos n droom oop en hy spoeg die doppe een vir een uit. Dis dan ook met n lading van 104% dopvuling met S365, net om n goeie idee te gee van die tipe lading wat ek skiet...
B2L
Ek skiet S365 in 7x64 wat basies dieselle dop as die 30-06 is sonder probleme, soos ek aan VdW hierbo verduidelik het.... Die rede vir die aanmaning is wel oordat die Barnes n redelike lang koeel is en dan tot compressed loads kan lei.
Groete
Stef
Voor hy geskiet is is die koeel 0,416" of 10,6mm
Na die skoot:
Van een petal tot ander petakl regoor mekaar, buite diameter is 0,839" of dan 21,3mm.
Van die een petal to by afgebreekte petal is 0,713" of dan 18,12mm.
VdWaldt
Daar is geen druk probleme met hierdie Barnes TSX nie. In n samelewing wat n hiper geneigtheid toon tot siviele eise sou n produk nie voldoen aan standaarde nie en of skade of besering aan die gebruiker sou meebring het Barnes die toets in die VSA met lof geslaag. Wouter Roets kan hier meer ondervinding as ek gee, maar ek kan wel op die 7x64 en 375R kommentaar lewer. Ek kry geen maar geen drukprobleme nie. Met die Tikka se stywe kamer gaan daai slot steeds soos n droom oop en hy spoeg die doppe een vir een uit. Dis dan ook met n lading van 104% dopvuling met S365, net om n goeie idee te gee van die tipe lading wat ek skiet...
B2L
Ek skiet S365 in 7x64 wat basies dieselle dop as die 30-06 is sonder probleme, soos ek aan VdW hierbo verduidelik het.... Die rede vir die aanmaning is wel oordat die Barnes n redelike lang koeel is en dan tot compressed loads kan lei.
Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
@vdwalt, mens moet maar altyd dophou vir druktekens maar dit is grootliks uitgeskakel deur die sogenaamde "driving bands" (groewe) op die nuwe TSX koeels. Die groewe veroorsaak dat die wrywings-oppervlak tussen die koeel en loop kleiner is en dus is die druk ook outomaties laer.
@Born2Late, Jy kan verseker die S365 op die .30-06 probeer met hierdie koeels, maar ek sou persoonlik dink dat S355 beter sal werk. Die S365 le die dop baie vol en die koeels is lank, so jy gaan jou maksimum-vullings-punt bereik 'n hele ent voor jy maksimum spoed en potentiaal gan bereik. Die S355 brand bietjie vinniger en dus kan jy meer spoed genereer voor die dop vol is. Ek vra kenners van die 30-06 om asb hier ook komentaar te lewer, ek het nie 'n 30-06 nie so ek kan nie 'n ingeligte opinie lewer nie. Ek se maar net wat my logika se.
@Gerhard, Stefan sal die koeel moet meet aan die voorkant, sal kom verslag lewer, maar die Barnes TSX klink gewoonlik om na so plus minus 1.5 - 2 keer sy eie diameter.
Groete,
Lourens
@Born2Late, Jy kan verseker die S365 op die .30-06 probeer met hierdie koeels, maar ek sou persoonlik dink dat S355 beter sal werk. Die S365 le die dop baie vol en die koeels is lank, so jy gaan jou maksimum-vullings-punt bereik 'n hele ent voor jy maksimum spoed en potentiaal gan bereik. Die S355 brand bietjie vinniger en dus kan jy meer spoed genereer voor die dop vol is. Ek vra kenners van die 30-06 om asb hier ook komentaar te lewer, ek het nie 'n 30-06 nie so ek kan nie 'n ingeligte opinie lewer nie. Ek se maar net wat my logika se.
@Gerhard, Stefan sal die koeel moet meet aan die voorkant, sal kom verslag lewer, maar die Barnes TSX klink gewoonlik om na so plus minus 1.5 - 2 keer sy eie diameter.
Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1179
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Dankie Stef, ek sien jyt sommer klaar die meting gaan doen. 
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
- Born2Late
- Sr. Member

- Posts: 255
- Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
@Rooijakkals
Dankie vir die terugvoer.Ek dink S355 is dan die veiligste opsie.
C.B
Dankie vir die terugvoer.Ek dink S355 is dan die veiligste opsie.
C.B
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
With labour and diligence.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Hallo Manne
Ek het my eerste Barnes X (Die oorspronklike een) in 1999 in my 30-06AI gelaai en nog nooit weer teruggekyk nie. Ek skiet amper uitsluitlik met hulle in al my kalibers in 7mm en groter. n Rapsie oor die 200 diere het al voor hulle geswyk in die laaste 12 jaar. Net twee het weggekom maar ek kan nie die koeels die skuld gee vir dit nie! Dit was die idioot wat nou sit en skryf se skuld!
Ek moet darem net erens se dankie aan Barnes vir die begin van die monometaal koeel revolusie! Menigte vervaardigers het in hul spore gevolg met gemengde suskses. Met die aanwend van die TSX en TTSX reeks is die meeste van die tekortkominge van die oorspronklik Barnes X aangespreek. Ek het ook van die probleme ervaar wat ondervind is maar nog bitter min daarvan in die nuwe reekse. Iemand in my huishouding het gaan staan en seker 40 herwinde misgeplaas of erens in n asdrom gesit vir veilige bewaring!
Noodeloos om te se as ek uitvind wie dit was hoop ek net ons korektiewe dienste het internet!)
Met die herlaai van Barnes is daar nie drama nie. Die TSX en TTSX kan n mens maar baie dieselfde maksimum spoed verwag as konvensoinele koeels. Dit was nie die geval met die oorspronklike Barnes X nie. Vanwee die groewe in die nuwe onwerp is dit aangespreek. Kopperfouling was n probleem in die oorspronklike koeels maar is baie minder met die nuwe geslag, heel in lyn met konvensoinele koeels. Onthou jy kan 20% val met die Barnes in die koeelgewig, hom vinniger skiet vir n platter trajek en nog steeds dieselfde resutate verwag as n premuim konvensoinele koeel tot gevolg van penetrasie, permanente wondkanaal en vleisskade. Die minimum vleisskade is maar nog een van sy groot bonuspunte. Sekondere projektiele van die koeel self is maar selde.
Indien mens monometaal koeels gebruik moet ag gelet word op die keuse van koeel vir kaliber en twist van die geweer. My ondervinding is dat hulle nie hipersensetief is vir dit nie maar dit bly maar beter om dit in ag te neem met jou keuse. Hulle presteer ook in n wye band van spoed en kan met groot sukses afgelaai word en nog steeds hulself goed vergewis van hulle taak. Liniere penetrsie is ook uitstekend of hy teen vol spoed gelaai is of afgelaai is maak dit nie n verskil nie. As gevolg van hulle gewildheid hou die meeste wapenhandelaars hulle op hulle rakke aan so beskikbaarheid is gewoonlik nie n probleem nie. Dit tel vir my baie.
Ek het nog nooit die TTSX geskiet nie so ek kan nie kommentaar daaroor lewer nie maar ek weet nie of dit werklik nodig is vir normale jagafstande nie. Gepaard van die beter BC faktor is daar nie veel van n voordeel vir my nie. Ons het mos geleer dat dit geensins help met die oopmaakproses nie eerder dit vertraag. Maar dit lyk mooi soos baie van die goed wat op karre bevind word vir niks anders as esties redes.
Voorwaar n wonderlike produk met puik naverkoop diens van hierdie familie besigheid. Met die meeste klagtes neem hulle die onus op hulself en gooi dit nie voor die voete van die kliet nie. Voorwaar op elke vlak van produk en besigheidsfront die leier!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Manne
Wat dalk kon gebeur het met die helaaidata is dat die toets gedoen is in die tyd toe S365 probleme gehad het en toe net S355 gebruik is. Met die 165gr en swaarder beveel ek S365 aan. Kompaktering tot 105% is vir my in elk geval aangewese.