Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Messe skerp maak sal maar altyd deel van 'n jagter se roetine wees. Ek sal graag wil hoor van Jaracallers watter tipe slypstelle julle gebruik en probeer uitvind watter slypstelle werk die beste, maklikste en is meer gemaklik om saam te vat jagveld toe.
Ek het begin met 'n Lansky stel met die vyf stene en olie wat teen verskillende hoeke kan sluip. Baie lekker stel maar is in my mening maar 'n langsame proses. Ek het ook die Warthog 2 V sharp stel wat nogal lekker vinnig en redelik skerp maak as jy die regte hoek kies. Ek het 'n Smith's bandskuurdertjie geloop wat herlaaibaar is maar vind dat hy honger is op 'n mes se lem.
Het onlangs vir my 'n Worksharp Field slypstel gekoop en is opgewonde om te kyk hoe werk dit.
Het vandag my Edgblack 1000/3000 watersteen ontvang en wil bietjie probeer vryhand slyp soos wat ons voorouers gedoen het.
Ek hoor en leer graag van mede forum lede.
Ek het n Warthog Vsharp in die kombuis met growwe steentjies. Slyp my spyderco en kombuis messe vlymskerp met min moeite. Ek kan ook nie n stomp mes verdra nie. Elke spoorsnyer se droom is as ek daai mes vir hom gee om n kameelperd se hakskene oop te maak.
In die slagkamer het ek n elektriese worksharp met medium bandjies op. Hy slyp slagmesse voldoende, maar mens moet reg slyp om nie die punt rond te maak nie. Werk soos n droom saam victorinox se 6 duim slagmes met die effens buigbare lem. Ek sou dit nou nie op my duur messe gebruik nie.
Worksharp Field sharpener for the win on trips. Trick is to touch up before losing the edge.
For proper sharpening sets (Lanksy on steroids) looks the TSProf as well as the Worksharp prcision adjust. There are some CHinese knock-offs for half the price but they seem to suffer from poor diamond stone quality. I haven't tried a Chinese one myself.
In terms of just old school sharpening, if you haven't tried a modern diamond stone, you are missing out.
Of course there are also modern super-steels to consider - try sharpening Maxamet or Rex121 on your grandad's old oilstone and you cut slices out the stone
Ek het ietwat van n mes probleem en het meeste van die slyp stelle wat jy hier kan koop, van my oupa se watersteen tot n Work Sharp 2 en daai een van Henrie is op die nommer. Die 3 versillinde Warthogs wat ek het ereteur my grensloos
As mens seker nie baie gepla is oor slyp hoeke nie of dit nie verstaan nie kan jy hom seker maar op n pavement steen ok skerp trek
So van dit gebrpaat, iemand al n mes op die kant van n bakkie se ruit skerp gemaak? Maak hom verbasend vinnig baie skerp
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 26, 2026 2:38 pm

Hoe laat daai pavement skerp maak nou dadelik aan 'n Okapi dink.
Ek kan ook nie 'n Warthog verdra nie. Alles wat ek weet van messe slyp sê vir my mens slyp loodreg teen die snykant van die lem, of jy nou 'n stoot of trek man is, maak nie saak nie. Met die Warthog (en die ander deurtrek-slypgoete) trek jy van voor na agter. Ek weet jy druk af ook, maar jy skuur nogsteeds materiaal weg teen 'n hoek en dit verswak drasties jou snyvlak. As jy net messe skerpmaak om voor te werk is dit seker OK, maar ek is lief vir die messe wat ek gebruik so ek hou nie daarvan nie.
Tuis gebruik ek tans 'n Worksharp. Die medium-belt is reg vir meeste werk en ek werk liggies met hom. Ek hone op 'n stuk rou leer. Ek maak al my messe so skerp. Kombuismesse is goedkoop so hulle "hone" ek sommer met so 'n honing rod so nou en dan. Werk soos 'n bom.
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 26, 2026 2:38 pm
Ek het ietwat van n mes probleem en het meeste van die slyp stelle wat jy hier kan koop, van my oupa se watersteen tot n Work Sharp 2 en daai een van Henrie is op die nommer. Die 3 versillinde Warthogs wat ek het ereteur my grensloos
As mens seker nie baie gepla is oor slyp hoeke nie of dit nie verstaan nie kan jy hom seker maar op n pavement steen ok skerp trek
So van dit gebrpaat, iemand al n mes op die kant van n bakkie se ruit skerp gemaak? Maak hom verbasend vinnig baie skerp
Hoe laat daai pavement skerp maak nou dadelik aan 'n Okapi dink.
Sal vanaand gou n foto neem van n Joseph Rogers wat n paar 1000 Springbokke en Gemsbokke geslag het in sy lewe en altyd so op n uit geholde steen geslyp was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.