Slypstelle vir messe

Post Reply
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Slypstelle vir messe

Post by Ratel »

Messe skerp maak sal maar altyd deel van 'n jagter se roetine wees. Ek sal graag wil hoor van Jaracallers watter tipe slypstelle julle gebruik en probeer uitvind watter slypstelle werk die beste, maklikste en is meer gemaklik om saam te vat jagveld toe.
Ek het begin met 'n Lansky stel met die vyf stene en olie wat teen verskillende hoeke kan sluip. Baie lekker stel maar is in my mening maar 'n langsame proses. Ek het ook die Warthog 2 V sharp stel wat nogal lekker vinnig en redelik skerp maak as jy die regte hoek kies. Ek het 'n Smith's bandskuurdertjie geloop wat herlaaibaar is maar vind dat hy honger is op 'n mes se lem.

Het onlangs vir my 'n Worksharp Field slypstel gekoop en is opgewonde om te kyk hoe werk dit.
Het vandag my Edgblack 1000/3000 watersteen ontvang en wil bietjie probeer vryhand slyp soos wat ons voorouers gedoen het.
Ek hoor en leer graag van mede forum lede.

NS Ek kan nie 'n stomp mes verdra nie. ++>:
Maak 'n verskil
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Eduard Venter »

Ek het n Warthog Vsharp in die kombuis met growwe steentjies. Slyp my spyderco en kombuis messe vlymskerp met min moeite. Ek kan ook nie n stomp mes verdra nie. Elke spoorsnyer se droom is as ek daai mes vir hom gee om n kameelperd se hakskene oop te maak.

In die slagkamer het ek n elektriese worksharp met medium bandjies op. Hy slyp slagmesse voldoende, maar mens moet reg slyp om nie die punt rond te maak nie. Werk soos n droom saam victorinox se 6 duim slagmes met die effens buigbare lem. Ek sou dit nou nie op my duur messe gebruik nie.

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2346
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by henried »

Ek gebruik die Work Sharp Precision Adjust Sharpener vir messe en BH lemme.

Image
Henrie Degenaar
Life Christian Adventure http://www.lifeca.org
Train to hunt South Africa

"Deo Valente "
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Ratel »

Ja daai Warthog werk nogal lekker vir die kombuis messe. Ek gebruik ook die growwe steentjies.
Maak 'n verskil
Desperatezulu
Full Member
Full Member
Posts: 187
Joined: Fri Oct 03, 2014 3:21 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Desperatezulu »

Worksharp Field sharpener for the win on trips. Trick is to touch up before losing the edge.

For proper sharpening sets (Lanksy on steroids) looks the TSProf as well as the Worksharp prcision adjust. There are some CHinese knock-offs for half the price but they seem to suffer from poor diamond stone quality. I haven't tried a Chinese one myself.

In terms of just old school sharpening, if you haven't tried a modern diamond stone, you are missing out.
Of course there are also modern super-steels to consider - try sharpening Maxamet or Rex121 on your grandad's old oilstone and you cut slices out the stone
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Ds J »

Skuurpapier op 'n sagterige stuk leer, en daarna 'n strop. Vinnig, vervangbaar en maklik.

Japanese watersteen vir ekstra fyn werk.

Bandskuurder vir groot hoeveelhede en messe met swak staal.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Capt. Yoda »

Ek het ietwat van n mes probleem en het meeste van die slyp stelle wat jy hier kan koop, van my oupa se watersteen tot n Work Sharp 2 en daai een van Henrie is op die nommer. Die 3 versillinde Warthogs wat ek het ereteur my grensloos

As mens seker nie baie gepla is oor slyp hoeke nie of dit nie verstaan nie kan jy hom seker maar op n pavement steen ok skerp trek

So van dit gebrpaat, iemand al n mes op die kant van n bakkie se ruit skerp gemaak? Maak hom verbasend vinnig baie skerp
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1879
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Ratel »

Capt. Yoda wrote: Wed Aug 26, 2026 2:38 pm Ek het ietwat van n mes probleem en het meeste van die slyp stelle wat jy hier kan koop, van my oupa se watersteen tot n Work Sharp 2 en daai een van Henrie is op die nommer. Die 3 versillinde Warthogs wat ek het ereteur my grensloos

As mens seker nie baie gepla is oor slyp hoeke nie of dit nie verstaan nie kan jy hom seker maar op n pavement steen ok skerp trek

So van dit gebrpaat, iemand al n mes op die kant van n bakkie se ruit skerp gemaak? Maak hom verbasend vinnig baie skerp
Hoe laat daai pavement skerp maak nou dadelik aan 'n Okapi dink. ++>:
Maak 'n verskil
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1369
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Slypstelle vir messe

Post by Toxxyc »

Ek kan ook nie 'n Warthog verdra nie. Alles wat ek weet van messe slyp sê vir my mens slyp loodreg teen die snykant van die lem, of jy nou 'n stoot of trek man is, maak nie saak nie. Met die Warthog (en die ander deurtrek-slypgoete) trek jy van voor na agter. Ek weet jy druk af ook, maar jy skuur nogsteeds materiaal weg teen 'n hoek en dit verswak drasties jou snyvlak. As jy net messe skerpmaak om voor te werk is dit seker OK, maar ek is lief vir die messe wat ek gebruik so ek hou nie daarvan nie.

Tuis gebruik ek tans 'n Worksharp. Die medium-belt is reg vir meeste werk en ek werk liggies met hom. Ek hone op 'n stuk rou leer. Ek maak al my messe so skerp. Kombuismesse is goedkoop so hulle "hone" ek sommer met so 'n honing rod so nou en dan. Werk soos 'n bom.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13574
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Slypstelle vir messe

Post by Capt. Yoda »

Ratel wrote: Wed Aug 26, 2026 4:02 pm
Capt. Yoda wrote: Wed Aug 26, 2026 2:38 pm Ek het ietwat van n mes probleem en het meeste van die slyp stelle wat jy hier kan koop, van my oupa se watersteen tot n Work Sharp 2 en daai een van Henrie is op die nommer. Die 3 versillinde Warthogs wat ek het ereteur my grensloos

As mens seker nie baie gepla is oor slyp hoeke nie of dit nie verstaan nie kan jy hom seker maar op n pavement steen ok skerp trek

So van dit gebrpaat, iemand al n mes op die kant van n bakkie se ruit skerp gemaak? Maak hom verbasend vinnig baie skerp
Hoe laat daai pavement skerp maak nou dadelik aan 'n Okapi dink. ++>:
Sal vanaand gou n foto neem van n Joseph Rogers wat n paar 1000 Springbokke en Gemsbokke geslag het in sy lewe en altyd so op n uit geholde steen geslyp was
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply