Eerste bloed met die 300 WSM

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Lourens »

Middag manne,

Ek het gister saam met Gotsoma Safaris in die Vrystaat gejag en hierdie pragtige bokke met die 300 WSM en 165gr Barnes TTSX koeels @ 3100fps platgetrek.

Die blesbok was geskiet op 'n afstand van 333m (rangefinder). Die geweer was ingestel op 200m en ek het hoog op die skof gevat om te kompenseer vir die val. Die koeel het hom laag op die skouer getref, die hart flenters geskiet en anderkant uit. Die bok het so 50m draai gehardloop en dood neergeslaan.

[img width=560 height=315]http://dl.dropbox.com/u/49744679/IMG_1529.JPG[/img]

Die Swartwildebees was geskiet op 'n afstand van 196m (rangefinder). Hy het mooi dwars gestaan en vir my gekyk. Ek was gemaklik op die bipod en het maar besluit om vir die kop te gaan. Toe die kruis lekker stil tussen sy oe le het ek laat loop met die skoot en hy het net daar neergeslaan. Die bul het 26'' gemeet en ek is bitter trots op hom!

[img width=560 height=315]http://dl.dropbox.com/u/49744679/IMG_1538.JPG[/img]

Ek is waarlik baie baie beindruk met die nuwe 300 WSM, die Amerikaners maak nie verniet so hoe-ha van die kaliber nie, hy is werklik 'n wenner in alle aspekte.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Stefan764 »

Mooi so Lourens my maat!!

Daai paar rande wat jy spandeer het is nou besig om divedende uit te betaal  ;D

Ek was baie jaloers toe ek gister jou foto van die swartbees kry, dis n besonderse bul daai!!

Nogmaals mooi gedoen daar met die 300WSM en die regte ammo  ;)

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
ArnoldM

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by ArnoldM »

Lourens, mooi gegooi maat, en daai .300WSM van jou is beslis yster. Groete, AM.
Johan Loots
Newbie
Newbie
Posts: 43
Joined: Tue Feb 21, 2012 10:17 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Johan Loots »

Baie mooi gedoen Lourens die wsm praat hard ;D.

Groete
375 Ruger Hawkeye African Houqe kolf=lekker
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Frederik »

Baie goed gedoen daar kan somme sien jy's trots op die nuwe seuntjie hy laat loop die lood waar jy wil.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
DavidddeWet
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Sat Jul 23, 2011 10:53 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by DavidddeWet »

Baie geluk, dis nou leker as die geweer skiet waar 'n man mik.

Hoe lyk die vleis skade op daai afstand?

Groetnis
David
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Marc »

Baie geluk Lourens  ;)

Lekker as 'n man soveel vertroue in jou roer het, maak baie deure oop  ;D

Geniet hom

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by theedge »

Geluk baie netjies
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Zack Benade

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Zack Benade »

Baie geluk Lourens

Ek hou daarvan as 'n man in sy Yster glo.  ;D ;D
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Jaco Alberts »

Lekker vroee jag ! Kan sien daai roer gaan jou nog baie laat  :D

baie geluk !
immelmanw

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by immelmanw »

Alles baie mooi, sommer baie jaloers! Geniet elke skoot!
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by grumpy »

Mooi Lourens, nou kan ek sommer n gesig by die stem voeg. Sal nog eendag blad skud.  8)
immelmanw

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by immelmanw »

Hoe kyk daai scope?
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Lourens »

More manne,

Jammer ek is so stadig op die reply, maar ek was feitlik die heel week nie op kantoor nie.

Die geweer is 'n rakgeweer sonder enige modifikasies. Dis Remington se Model 700 CDL (Classic Deluxe) Stainless Fluted.

David - Die blesbok wat op die skouer geskiet is op 333m is het feitlik geen vleisskade gehad nie. Die gebruik van 'n Barnes monometaal koeel het veseker ook hiertoe bygedra.

Willem - Daai Nikon Monarch scope kyk sommer baie mooi, ek is regtig uiters beindruk met die kwaliteit, helderheid en afwerking van die teleskoop en kan hom sterk aanbeveel.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Wouter Roets »

Hallo Louw

Baie geluk man! Ek is verskriklik bly julle kennismaking in die jagveld het so mooi afgeloop. Sal nou graag wil sien wat gebeur met die herlaai van hom en ons poeiers. Weet mos klaar wat se koels gebruik gaan word. Jy sal jou kant moet bring om te verbeter op die fabrieksaminusie! Baie mooi bul daardie!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by Geno »

Geluk Lourens!
Daai SWB se horings is sommer baie lank vir 'n jongerige bul!
Goed, beter, 6millimeter!
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Eerste bloed met die 300 WSM

Post by jl1904 »

Baie mooi SWB Lourens, geluk. Jy het rede om trots te wees en jou nuwe roer gooi mooi.
Ek sal ook graag wil hoor hoe dit met die herlaai gaan.

Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
Post Reply