Opsoek na .22 Hornet koeels

Enige iets waarna jy soek/Anything you want
Post Reply
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by junglejulian »

Ek is opsoek na .223/.224 cal koeels spesifiek vir n 22 Hornet.As iemand het om te verkoop of weet van n handelaar wat voorraad het,laat weet asb.
Ek is in Bloemfontein
Julian 084 592 6299
User avatar
Reloader422
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Fri May 22, 2020 3:35 pm

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by Reloader422 »

Hi Julian

Ek het so rondom 80 van die Sellier & Bellot 45gr punte. Het hulle verlede jaar by Guns & Bows in Stikland, Kaapstad gekoop.

Hulle is joune as jy hulle soek. Reël net die koerier.

Vriendelike groete
Pieter Image

Sent from my SM-A526B using Tapatalk

junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by junglejulian »

Baie dankie Pieter. Ek sal hul neem.ek maak kontak en reel vir courier
Ockert1992
Hero Member
Hero Member
Posts: 827
Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by Ockert1992 »

junglejulian wrote: Wed Aug 14, 2024 8:39 pm Baie dankie Pieter. Ek sal hul neem.ek maak kontak en reel vir courier
Naandsê,

Ek het amper 'n vol pakkie 45gr .223 Sierra's.

Groete
Ockert
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by junglejulian »

Ockert baie dankie.ek gaan eers die koeels van pieter probeer maar sal jou kontak as hul nie wil skiet in die geweer nie
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by Johann Marais »

Junglejulian,

Ons het hierdie week wat verby is 6 rooibokke geskiet met my Hornet as deel van ñ uitdun operasie. Almal was kopskote en maksimum afstand was 60m.

Ek het ook lank gesoek na punte. Ek het toe met Peter Sutton gepraat van Viper Bullets. Hy het vir die uitdun werk 38gr Bush Gold aanbeveel. WAT Ń PUNT!! Ek sal nooit weer iets anders skiet nie. My Winchester Mod 43 klawer met daai punte op 50m. Elke bok wat geskiet was, was op slag dood, behalwe vir 1 bok, was daar geen massiewe skade aan die koppe nie. Die ingangs en uitgangs wonde is dieselfde grootte, maar van die brein is niks oor nie.

Dit is ñ lieflike punt en daai patrone lyk sommer kordaat met daai punte in. Oorweeg dit dalk ook.

Groete

Johann
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Opsoek na .22 Hornet koeels

Post by Armand Steenkamp »

Johann Marais wrote: Sun Sep 01, 2024 10:27 pm Junglejulian,

Ons het hierdie week wat verby is 6 rooibokke geskiet met my Hornet as deel van ñ uitdun operasie. Almal was kopskote en maksimum afstand was 60m.

Ek het ook lank gesoek na punte. Ek het toe met Peter Sutton gepraat van Viper Bullets. Hy het vir die uitdun werk 38gr Bush Gold aanbeveel. WAT Ń PUNT!! Ek sal nooit weer iets anders skiet nie. My Winchester Mod 43 klawer met daai punte op 50m. Elke bok wat geskiet was, was op slag dood, behalwe vir 1 bok, was daar geen massiewe skade aan die koppe nie. Die ingangs en uitgangs wonde is dieselfde grootte, maar van die brein is niks oor nie.

Dit is ñ lieflike punt en daai patrone lyk sommer kordaat met daai punte in. Oorweeg dit dalk ook.

Groete

Johann
Wees versigtig vir kopskote met monolietiese punte. N Vmax is maar altyd beter vir kop skote
Post Reply