P14 voer probleme
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
P14 voer probleme
Ek is weer aan die karring aan my P14, in gewone 303Br, om dit 'n lekker geweer te probeer maak. Ek het 'n problem met die voer van die patrone. Dit wil lyk of dit vol lengte patrone met skerp punte sonder probleme voer. Wanneer ek rondepunt koeëls soos Hornady 174gr Interlock wil laai, dan druk dit êrens vas sonder om in die kamer in te gaan. Ek kry dieselfde met plat punt koeëls soos Peregrine VRG2 en Impala Bosvelder.
Ek het so bietjie gegoogle, en dit lyk of dit 'n algemene probleem is, maar ek lees nêrens van 'n manier om dit reg te laat voer nie. Het ander ook al daardie probleem gekry, hoe is dit reg gemaak?
Ek het so bietjie gegoogle, en dit lyk of dit 'n algemene probleem is, maar ek lees nêrens van 'n manier om dit reg te laat voer nie. Het ander ook al daardie probleem gekry, hoe is dit reg gemaak?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: P14 voer probleme
Waar en hoe druk hy vas?
Die punt van die koeël teen die agterste rand van die kamer, of die koeël halfpad na binne dat die skouer êrens haak?
Die punt van die koeël teen die agterste rand van die kamer, of die koeël halfpad na binne dat die skouer êrens haak?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: P14 voer probleme
As ek moet raai, word die patroon deur die "ramp" boontoe gedruk, en die ronde punt druk vas teen die bokant van die kamer, waar hy vassteek. Die enigste oplossing waaraan ek kan dink is om koeels te gebruik wat reg voer.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: P14 voer probleme
'n Bekwame wapensmid behoort jou voergeut te kan aanpas om die korrekte voer met jou koeëlvorm te kan gee.Toxxyc wrote: Fri Feb 16, 2024 9:20 am As ek moet raai, word die patroon deur die "ramp" boontoe gedruk, en die ronde punt druk vas teen die bokant van die kamer, waar hy vassteek. Die enigste oplossing waaraan ek kan dink is om koeels te gebruik wat reg voer.
Wees net versigtig, die verkeerde ou kan ook jou geweer permanent opvoeter...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: P14 voer probleme
Het jy probeer om die TPL heelwat korter/langer te maak?
Ek raai dat hy waarskynlik teen die boonste, agterste rand van die kamer vasdruk. Die gewone spitser patroon kry die draai en gly in die kamer in, maar die ander haak daar vas.
Ek raai dat hy waarskynlik teen die boonste, agterste rand van die kamer vasdruk. Die gewone spitser patroon kry die draai en gly in die kamer in, maar die ander haak daar vas.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: P14 voer probleme
As die koeëls korter as mil ammo is, druk dit vas teen die voorkant van die magasynkas soos bv die Impala lwhv. Die ronde neus en platneus koeëls steek soos gesê bo teen die loop van, gaan nie in die kamer in nie. Ek het voorlopig besluit om maar net skerpneus koeëls te gebruik, maar dit beperk my nou weer tov koeëls. So die Hornady 174gr rondeneus koeëls kan nie gebruik word nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: P14 voer probleme
Waar is Oom Ginger van Zyl nou. Hy was 'n absolute Meester om sulke probleme op te los met baie min verstellings.
Giepie ek weet dit help jou nou nie baie nie, maar sy raad dat "999 uit 1000 gewere" in sulke gevalle nie 'n vyl of dremmel naby hulle moet kry nie is dalk van toepassing.
Giepie ek weet dit help jou nou nie baie nie, maar sy raad dat "999 uit 1000 gewere" in sulke gevalle nie 'n vyl of dremmel naby hulle moet kry nie is dalk van toepassing.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: P14 voer probleme
Voel ook so.

'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: P14 voer probleme
Oom Gemmer was maar net die beste as dit kom by voer en het hope 500 Jeff's gebou en almal het seeplad gevoer.
Hy het my 375 H&H mooi reggemak om reg te voer.
Giepie, gebeur dit as jy stadig voer of vinning of die hele tyd?
Dit kan selfs iets so simpel wees soos 'n magasyn spring wat te pap is.
Hy het my 375 H&H mooi reggemak om reg te voer.
Giepie, gebeur dit as jy stadig voer of vinning of die hele tyd?
Dit kan selfs iets so simpel wees soos 'n magasyn spring wat te pap is.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: P14 voer probleme
Waar hy nou is wil ek nie oor bespiegel nie, maar sover ek weet is Oom Ginger al 'n klompie jare gelede oorlede.Jassie wrote: Tue Feb 20, 2024 6:17 am Waar is Oom Ginger van Zyl nou. Hy was 'n absolute Meester om sulke probleme op te los met baie min verstellings.
Giepie ek weet dit help jou nou nie baie nie, maar sy raad dat "999 uit 1000 gewere" in sulke gevalle nie 'n vyl of dremmel naby hulle moet kry nie is dalk van toepassing.
Ek dink die 999 is verkeerd. Dit moet 1006 wees.
- Jassie
- Hero Member

- Posts: 548
- Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm
Re: P14 voer probleme
Alwin
Nee, gelukkig is Oom Ginger nog in lewe met ons en is nog relatief gesond vir sy rype ouderdom van 92.
Ek het hom so rukkie terug nog gesien.
Groete
Nee, gelukkig is Oom Ginger nog in lewe met ons en is nog relatief gesond vir sy rype ouderdom van 92.
Ek het hom so rukkie terug nog gesien.
Groete
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: P14 voer probleme
Oom Ginger mag maar. Hy het my 6mm Musgrave oorgebou toe hy nog aktief was.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: P14 voer probleme
Dankie Frederik, ek sal bietjie kyk na die veer.Frederik wrote: Wed Feb 21, 2024 6:00 am
Giepie, gebeur dit as jy stadig voer of vinning of die hele tyd?
Dit kan selfs iets so simpel wees soos 'n magasyn spring wat te pap is.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: P14 voer probleme
Dis goeie nuus! Waar is hy nou?Jassie wrote: Fri Feb 23, 2024 6:17 am Alwin
Nee, gelukkig is Oom Ginger nog in lewe met ons en is nog relatief gesond vir sy rype ouderdom van 92.
Ek het hom so rukkie terug nog gesien.
Groete