P14 voer probleme

Post Reply
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

P14 voer probleme

Post by Giepie »

Ek is weer aan die karring aan my P14, in gewone 303Br, om dit 'n lekker geweer te probeer maak. Ek het 'n problem met die voer van die patrone. Dit wil lyk of dit vol lengte patrone met skerp punte sonder probleme voer. Wanneer ek rondepunt koeëls soos Hornady 174gr Interlock wil laai, dan druk dit êrens vas sonder om in die kamer in te gaan. Ek kry dieselfde met plat punt koeëls soos Peregrine VRG2 en Impala Bosvelder.

Ek het so bietjie gegoogle, en dit lyk of dit 'n algemene probleem is, maar ek lees nêrens van 'n manier om dit reg te laat voer nie. Het ander ook al daardie probleem gekry, hoe is dit reg gemaak?
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Ds J »

Waar en hoe druk hy vas?

Die punt van die koeël teen die agterste rand van die kamer, of die koeël halfpad na binne dat die skouer êrens haak?
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: P14 voer probleme

Post by Toxxyc »

As ek moet raai, word die patroon deur die "ramp" boontoe gedruk, en die ronde punt druk vas teen die bokant van die kamer, waar hy vassteek. Die enigste oplossing waaraan ek kan dink is om koeels te gebruik wat reg voer.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Alwin »

Toxxyc wrote: Fri Feb 16, 2024 9:20 am As ek moet raai, word die patroon deur die "ramp" boontoe gedruk, en die ronde punt druk vas teen die bokant van die kamer, waar hy vassteek. Die enigste oplossing waaraan ek kan dink is om koeels te gebruik wat reg voer.
'n Bekwame wapensmid behoort jou voergeut te kan aanpas om die korrekte voer met jou koeëlvorm te kan gee.
Wees net versigtig, die verkeerde ou kan ook jou geweer permanent opvoeter...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Ds J »

Het jy probeer om die TPL heelwat korter/langer te maak?

Ek raai dat hy waarskynlik teen die boonste, agterste rand van die kamer vasdruk. Die gewone spitser patroon kry die draai en gly in die kamer in, maar die ander haak daar vas.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Giepie »

As die koeëls korter as mil ammo is, druk dit vas teen die voorkant van die magasynkas soos bv die Impala lwhv. Die ronde neus en platneus koeëls steek soos gesê bo teen die loop van, gaan nie in die kamer in nie. Ek het voorlopig besluit om maar net skerpneus koeëls te gebruik, maar dit beperk my nou weer tov koeëls. So die Hornady 174gr rondeneus koeëls kan nie gebruik word nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Jassie »

Waar is Oom Ginger van Zyl nou. Hy was 'n absolute Meester om sulke probleme op te los met baie min verstellings.

Giepie ek weet dit help jou nou nie baie nie, maar sy raad dat "999 uit 1000 gewere" in sulke gevalle nie 'n vyl of dremmel naby hulle moet kry nie is dalk van toepassing.
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Giepie »

Voel ook so. ;D :laugh:
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: P14 voer probleme

Post by Frederik »

Oom Gemmer was maar net die beste as dit kom by voer en het hope 500 Jeff's gebou en almal het seeplad gevoer.
Hy het my 375 H&H mooi reggemak om reg te voer.

Giepie, gebeur dit as jy stadig voer of vinning of die hele tyd?
Dit kan selfs iets so simpel wees soos 'n magasyn spring wat te pap is.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Alwin »

Jassie wrote: Tue Feb 20, 2024 6:17 am Waar is Oom Ginger van Zyl nou. Hy was 'n absolute Meester om sulke probleme op te los met baie min verstellings.

Giepie ek weet dit help jou nou nie baie nie, maar sy raad dat "999 uit 1000 gewere" in sulke gevalle nie 'n vyl of dremmel naby hulle moet kry nie is dalk van toepassing.
Waar hy nou is wil ek nie oor bespiegel nie, maar sover ek weet is Oom Ginger al 'n klompie jare gelede oorlede.

Ek dink die 999 is verkeerd. Dit moet 1006 wees.
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 548
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Jassie »

Alwin

Nee, gelukkig is Oom Ginger nog in lewe met ons en is nog relatief gesond vir sy rype ouderdom van 92.

Ek het hom so rukkie terug nog gesien.

Groete
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: P14 voer probleme

Post by ruaanb »

Oom Ginger mag maar. Hy het my 6mm Musgrave oorgebou toe hy nog aktief was.
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Giepie »

Frederik wrote: Wed Feb 21, 2024 6:00 am
Giepie, gebeur dit as jy stadig voer of vinning of die hele tyd?
Dit kan selfs iets so simpel wees soos 'n magasyn spring wat te pap is.
Dankie Frederik, ek sal bietjie kyk na die veer.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: P14 voer probleme

Post by Alwin »

Jassie wrote: Fri Feb 23, 2024 6:17 am Alwin

Nee, gelukkig is Oom Ginger nog in lewe met ons en is nog relatief gesond vir sy rype ouderdom van 92.

Ek het hom so rukkie terug nog gesien.

Groete
Dis goeie nuus! Waar is hy nou?
Post Reply