Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Dags?,

Ek het vir my 'n .243 Mod 80 Musgrave "getseel" ;D by 'n vriend se vriend se pa. Hy het al 'n paar stampies en krappies aan die buitekant, maar daar is niks wat 'n bietjie TLC nie gaan kan uitsorteer nie. Sy loop lyk nog splinternuut! Die huidige eienaar het geimigreer na Nedeland en het toe vir my 'n Kersgeskenkie agterlos. {daar is blykbaar lanklaas 'n skoot deur sy loop gewees en ek sal dit glo as mens so na hom kyk}.

Die geweer het SENTRAALWES op gegrafeer en is nr 1/73.

Hoeveel van hulle is gemaak?
Watter aksie het hy en is dit 'n redelike fondasie om op te bou?
Party manne gaan my dalk nou piets omdat ek hom dalk nie so gaan bewaar nie, maar ek soek 'n raakskietertjie ;) so ek dink aan tripods, silencer, ens.
Watter ander modifikasie gaan my daai ietsie ekstra gee en wie vertrou mens om so iets te laat doen?.{As FM hier lees hoop ek hy kan my meer inligting oor die sinteties kolf op syne gee, ek like ;)}
Hy het reeds 'n antike ou teleskoop op wat ek gaan vervang, watter tipe monterings en ringe word aanbeveel? Ek is bereid om 'n paar sente op die teleskoop te spandeer as hy homself net eers bewys het.

Ek is bevooreg om 'n 30-06 in Musgarave Lyttleton RSA met 'n magasyn vir vyf, ook te kon steel, vir R2500 gekoop met 'n pakkie patrone wat nog R28 gekos het {Ek moes so R100 betaal vir die eerstes wat ek gekoop het}. Dink dit gaan 'n paar van die ouer manne bietjie v?r terug neem  :) Die ding is dat daai 30kwes saam met gaan graf toe gaan eendag !!! en ek wonder of die Mod80 ook so 'n staatmaker gaan kan wees?

Dankie byvoorbaat vir die hulp manne, ek het so vinnig vinnig die argiewe gaan loer, maar ek sien niks spesifiek oor die SENTRAALWES model nie?

Groetnis,
Marc
Last edited by Marc on Wed Feb 01, 2012 7:01 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Musgrave »

Ek het `n Model 80 Musgrave in .30-06 wat ek by my pa gekry het. Ek handig al my ander gewere in as ek net een mag hou.  Dis nie net sentiment wat praat nie, maar ook die feit dat hy baie akkuraat is. My hartsgeweer.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Jaco Alberts »

Marc,

Ek het my pa s'n ( 308 ) geerf drie jaar gelede, my ma het vir hom die geweer gekoop vir sy verjaarsdag, vir R 480.00 by Senwes in Ventersdorp. Sy nr. is SWK 3/43 ( op hom gegraveer is Musgrave Mod 80 Sentraalwes ) Iemand het beweer die aksie is gebaseer op 'n Sako aksie, maar ek is nie so seker nie. Baie glade aksie en die geweer is besonder akkuraat wanneer ek vir hom laai.

Die geweer het ook nogal 'n redelike dik loop en skiet ongelooflik lekker.

Ongelukkig al inligting wat ek het.

groete

Jaco
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by James Wilson »

Marc

ek het n swaer wat jare vir Musgrave gewerk het. ek het hom gou gebel oor jou vrae. die Sentraalwes wat op die geweer is, is n reeks wapens wat musgrave vir SWK gemaak het, dit was glo n suksesvolle projek.

die model 80 is meer n geval van n Musgrave poging om n unieke slot te maak. maar soos hy se, jy moet onthou daar is nie meer regtig iets uniek as dit kom by slot aksies nie. die meeste slotte is maar n variasie op die k98, met hier en daar n uitsondering. die naaste ander aksie aan die mod 80 is meer iets soos die Whinchester mod 70.(daar was nie na sako's gekyk nie) die mod 80 sluit die slagpen en nie net die sneller nie. dus kan daar nie n ad kom as die wapen val nie. die mod 80 is bekend vir sy akuraatheid. daar was enkele klagtes oor die ekstractor maar sou jy so iets ondervind kan enige wapensmit dit vinnig uitklaar.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Dags?,

Baie dankie, ek waardeer al die terugvoer manne.

James - jy weet nie dalk hoeveel van hulle daar gemaak was nie? As dit 'n sukses was glo ek daar moet nogal heelwat van hulle daar buite wees?

O,ja. en was daar ander Sentraalwes kalibers ook of net in .243?

Groetnis,
Marc
Last edited by Marc on Thu Feb 02, 2012 10:28 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by WillemS »

Marc

My pa se 270 het ook 'n MOD 80 aksie wat hy baie jare terug vir R250 nuut gekoop het en daai geweer skiet vandag nog op 'n tiekie!

Daai is baie lekker gewere en hy sal jou net plesier verskaf!

Geniet hom

Willem
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by James Wilson »

Marc

nee man jammer hy het geen idee hoeveel presies so vir die ko-op gemaak is nie, maar dit is heelwat. dit het gewoonlik(maar nie altyd) iets uniek gehad in die reeks wat so vervaardig is. n spesiale of anderse soort kolf of sneller of iets dergliks.

ek het onlangs weer deur nou magnum tydskrif geblaai van die vroeg negintigs(ek wens ek kan die artikel weer kry). daar was/is? n n proffie in Duitsland wat se stokperdjie dit is om produksie jaggewere van die rak af te toets vir die beste van die rak af akuraatheid. hy het die Musgrave mod 80 as die akuraatste wapen gevind.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Dankie James.

My Magnum versameling by 1998, dis seker nog te jonk?

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by James Wilson »

ja nee dis te jonk, ek dink dit was n artikel wat Gregor Woods geskryf het nadat my swaer hom vir n toer deur Musgrave gevat het. ek dink dis so 92. ek het besluit as ek weer daardie artile sien gaan ek dit uitknip en laminate.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Musgrave
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Tue Mar 01, 2011 12:28 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Musgrave »

James wrote: Marc

ek het n swaer wat jare vir Musgrave gewerk het. ek het hom gou gebel oor jou vrae. die Sentraalwes wat op die geweer is, is n reeks wapens wat musgrave vir SWK gemaak het, dit was glo n suksesvolle projek.

die model 80 is meer n geval van n Musgrave poging om n unieke slot te maak. maar soos hy se, jy moet onthou daar is nie meer regtig iets uniek as dit kom by slot aksies nie. die meeste slotte is maar n variasie op die k98, met hier en daar n uitsondering. die naaste ander aksie aan die mod 80 is meer iets soos die Whinchester mod 70.(daar was nie na sako's gekyk nie) die mod 80 sluit die slagpen en nie net die sneller nie. dus kan daar nie n ad kom as die wapen val nie. die mod 80 is bekend vir sy akuraatheid. daar was enkele klagtes oor die ekstractor maar sou jy so iets ondervind kan enige wapensmit dit vinnig uitklaar.
My pa het probleme met sy Mod 80 gehad - juis met die uittrekker.  Het gebeur op `n jagtog in Suidwes by die familie.  Moes toe die geweerstok orals saamdra om die dop na elke skoot van voor af uit te stamp.  My tienderjarige woordeskat is met daardie vakansie aansienlik uitgebrei! Met die terugkeer na die Republiek het `n wapensmit dit vinnig reggestel - die geweer lewer sedertdien uitstekende diens vir meer as twee dekades.
.22 - Brno Mod 2
.25-06 - Ruger M77 MKII VT
.30-06 - Musgrave Mod 80
.303 - Lee Enfield No.4 MK II
.375 H&H - CZ 550
12 Br - Investarm Model 200LM O/U
12 Br - Browning BPS pompaksie
9mmP - Glock 17
.38 Spl - Ruger Police Service Six
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

James & 30-06

Dankie vir die raad oor die uittrekker, ek gaan hom mooi moet dophou.  ;)
Die laaste ding wat moet gebeur as dat hy jou los op een of ander onmoontlike tyd.

Groetnis
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Francois Marais »

Marc
Watter ander modifikasie gaan my daai ietsie ekstra gee en wie vertrou mens om so iets te laat doen?.{As FM hier lees hoop ek hy kan my meer inligting oor die sinteties kolf op syne gee, ek like ;)}
Ek het een in 30-06, maar die het nie n sintetiese kolf op nie, ek het net op n stadium die kolf met durabak gespuit om hom daai rowwe overmolded look te gee, dit het vir n paar jaar gehou en toe beginne afdop, het die kolf nou weer in oorspronklikke styl.......dit geweer is nie gepak nie, en skiet dat die gaatjies mekaar raak op 100m met bykans enige koeel, dis hoe ek van my roere like....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

FM

Dankie vir die terugvoer, watter kolf is dit daardie en sal ek een op die roer kan laat pas? Ek hou van die "look" en daar is natuurlik baie voordele met so 'n kolf bo 'n standaard een, of wil ek nou 'n goeie resep opneuk?
As ek so kolf op die RSA aksie kan sit van die 30kwes nog beter! Ek twyfel net of dit 'n goeie idee gaan wees want hy sit ook gaatjie op gaatjie op 100m en my beste was so hand palm groote op 300m {Gebeur nie elke keer, drywer jong ;D}, hy is dead stock standaard!, behalwe vir die teleskoop en geweer band  :)

Dankie vir al die hulp, hier en daar  ;)

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Francois Marais »

Marc

My 2c.....hou die roer soos hy is, sit silencer op as jy wil, maar los die res, skiet hom eers aan flarde, as jy dan later herloop, dan sit jy al die bells en whistles op wat jy wil......moenie n ding wil regmaak wat nie gebreek is nie....... ;) ;)

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by tripodmvr »

[quote="Francois Marais"]
Marc

My 2c.....hou die roer soos hy is, sit silencer op as jy wil, maar los die res, skiet hom eers aan flarde, as jy dan later herloop, dan sit jy al die bells en whistles op wat jy wil......moenie n ding wil regmaak wat nie gebreek is nie....... ;) ;)

Hier wil ek 100% saamstem. Die geweer lyk nou asof hy kan vlieg na al die veranderinge, maar sy ritme is verstoor en hy skiet soos 'n hond se gaai. As 'n ding skiet moet jy slegs met jou elmbo? aan hom vroetel.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Het hom  ;)

BAIE dankie manne, ek waardeer.

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by tafjak »

Marc

Een van my p?lle het een in die 30-06 en darie ding kan skiet. Die aksie is maar 'n RSA-aksie met slegs 'n Sako uittrekker as verandering. So lyk dit in elk geval vir my.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Johan JvR »

Marc - dit help veel jy vertel en maak mens nuuskierig...sit nou bietjie 'n foto of 2 op...
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Dags?,

Ek het nou eers deur al die foto's gaan loer by die "Members area"  :'( :'( :'( :'( :'(

Ek gaan Saterdag weer bietjie baan toe, sal foto's neem van die 30kwes en opsit. Die 243 se aansoek is ingehandig, sal hom h? voor eind Mei. "Come rain or shine"  :police: >:(

Mooi loop
Marc

PS: Hoe laai julle grooter foto's op, as deel van die text? Ek kry net attachments gelaai? Dankie.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Geno »

Marc,
Kyk hierso hoe om fotos te laai: http://jaracal.com/index.php/topic,249.0.html

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Dankie Geno  ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
afrikanerbloed
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 300
Joined: Sat Dec 10, 2011 2:07 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by afrikanerbloed »

Dag manne
Ek is ook nou die trotse eienaar van n model 80 Musgrave in kaliber 6.5x55.
Ek sal net gou vir die manne wat aan die "extractor" laat werk het wil vra wat julle presies laat doen het.
My geweer wil ook soms nie die dop uittrek nie en wat ek kan aflei is dat die extractor net oor die dop se rand glip.
Het julle manne die extractor laat vervang met n ander bekende naam extractor of het die geweersmid die extractor aangepas of verander.
Dankie vir jul andwoorde
Johan
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Hein M. »

Almal

Hoekom het Musgrave die RSA aksie gevat en 'n ander extractor opgesit :-X 

Dalk 'n vraag vir die ingeligte ouens:  Het die "claw" nadele?

Lees 'n interessante brief in die nuwe Magnum - wat deur Gergor Woods baie diplomaties beantwoord is - oor die kleiner (vroeer SAKO) extractors wat soms problematies is.

Hoor graag!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Hein M. »

Marc

Jammer as ek onsensitief klink oor jou (puik) geweer se aksie...  Pas daai Musgrave op - hy is sy gewig in goud werd!

Mooiloop!

Hein
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?

Post by Marc »

Naands? Hein,

Nee wat, hulle kan s? wat hulle wil van die RSA, myne loop soos re?n met minder as min moeite en ek kan nie eenkeer onthou wat hy klagtes gehad nie. Stock standard !

Ek is juis besig om foto's op photo bucket te laai. Sal link hier los en by albums post. Dis my baby daai, ek hoop net die Mod80 gaan ook reguit goei ! As sy nie wil nie ken ek 'n paar Ooms wat haar gaan uitsort! ;D

Hoop nog manne wil hier bydra, hoe meer mens weet hoe beter. Al is dit nie altyd wat jy wil hoor nie.

Dankie vir die insette.

Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Post Reply