Ek het vir my 'n .243 Mod 80 Musgrave "getseel"
Die geweer het SENTRAALWES op gegrafeer en is nr 1/73.
Hoeveel van hulle is gemaak?
Watter aksie het hy en is dit 'n redelike fondasie om op te bou?
Party manne gaan my dalk nou piets omdat ek hom dalk nie so gaan bewaar nie, maar ek soek 'n raakskietertjie
Watter ander modifikasie gaan my daai ietsie ekstra gee en wie vertrou mens om so iets te laat doen?.{As FM hier lees hoop ek hy kan my meer inligting oor die sinteties kolf op syne gee, ek like
Hy het reeds 'n antike ou teleskoop op wat ek gaan vervang, watter tipe monterings en ringe word aanbeveel? Ek is bereid om 'n paar sente op die teleskoop te spandeer as hy homself net eers bewys het.
Ek is bevooreg om 'n 30-06 in Musgarave Lyttleton RSA met 'n magasyn vir vyf, ook te kon steel, vir R2500 gekoop met 'n pakkie patrone wat nog R28 gekos het {Ek moes so R100 betaal vir die eerstes wat ek gekoop het}. Dink dit gaan 'n paar van die ouer manne bietjie v?r terug neem
Dankie byvoorbaat vir die hulp manne, ek het so vinnig vinnig die argiewe gaan loer, maar ek sien niks spesifiek oor die SENTRAALWES model nie?
Groetnis,
Marc



