Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Julle sal nou moet help.
Ek is raadop. Ek weet regtig nie watter kant toe nie.
Ek het einde ten laaste tydens die inperking besluit om maar my .243 AI se loop te vervang met 'n ander een. Ek het 3 weke terug die roer by Guncraft opgetel en vinnig 'n paar skote geskiet om die bietjie keel skoon te maak en data vir QL te kry.
Ek was vanmiddag vinnig op die baan en dus hier waar my probleme begin.

Kan dit die 26 duim loop wees met 'n 1 in 9 groef draai of die kaliber? Ek weet die 6mm Creedmoor is nog jonk hier rond, maar die Peterson doppe met die groot ontstekers kan tog nie die oorsaak wees nie? Miskien is dit die 39 grein S365. Die stapspoed van 2930 vps teen 48 000 psi kan tog nie die oorsaak wees nie tensy die sprong van 2 mm na die lande met die 105 CC hom so laat skiet. Die ES en SD lyk heel aanvaarbaar en QL sê ek is net 2 vps uit met die spoed.

Help asseblief; watter verskonings kan ek gee as ek swak skiet?

Die nommers op die Labradar vertel die storie.

Image

Die groep op 100 meter in 'n 10 mph wind lyk nie te sleg nie.

Image

Die 3 skote op die 350 gong se elavasie is op die nommer.

Image
Last edited by Gawie(13mm) on Fri Feb 26, 2021 8:27 pm, edited 2 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by JPS »

Gawie,

Jy sal maar daai loop met afskroef jong, daai lelike 1/4 duim elevasie skoot uit die groep uit meen verseker die loop is klaar opgeskiet. ++>: ++>: ++>:
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gian_dP »

Jou verskonings is nou op! Sal maar seker teleskoop se skuld wees, of Leica wat nie reg range nie.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Lategan1 »

Gawie, jy gaan moet help hier. Alles lyk dan vir my uitstekend! :police:

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by swc-tr »

Dit moet die Somchem S365 se skuld wees.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by ruaanb »

Ja gee maar daai 365 vir my
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Capt. Yoda »

Toe ek die spoed sien toe dog ek jy skiet n 6BR met n 115gr koel, hou net aan oefen Gaafster daai groepe sal verbeter
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Shaunsteyn
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Sep 25, 2017 2:27 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Shaunsteyn »

Gawie, glo ook dis die S365 wat jou so rond neuk.

Sent from my MAR-LX1A using Tapatalk

Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Diesel Dog »

Ons sal daai man wat die lope aanskroef moet aanpraat!My 6.5 het net so gesukkel met die eerste 5 skote na hy aan hom gewerk het.Image

DDImage

Sent from my SM-G980F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Lategan1 »

Jy het dik vingers :o

Pragtig, darem lekker gevoel as so bymekaar kom.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Heinz Petersen »

Die probleem lê by die 6mm creedmoor.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Maroelas »

Gawie, watter fabrikaat se loop is dit? Net vir interessantheid
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Maroelas wrote: Sat Feb 27, 2021 4:34 pm Gawie, watter fabrikaat se loop is dit? Net vir interessantheid
Moet nou nie groen raak nie manne. ++>:
Maroelas, dus 'n Broughton, light Palma loop.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
gho
Full Member
Full Member
Posts: 131
Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by gho »

Kan iemand my reghelp,want ek sien nie die probleem raak nie. :)
gho
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Toyrsi »

Sukkel darem self met S335 en my Howa 204.
5 skote 350mImage

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk

YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by wynis »

Toyrsi wrote:Sukkel darem self met S335 en my Howa 204.
5 skote 350mImage

Sent from my JNY-LX1 using Tapatalk
Miskien is dit jou asemhaling dat jy die skote so sprei Image.
Mooi geskiet!

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

gho wrote: Sat Feb 27, 2021 9:52 pm Kan iemand my reghelp,want ek sien nie die probleem raak nie. :)
gho
Gerrie, die laaste jaar wil dit my voorkom asof ons net goed wil smous, ons lot be-kla en hulp vra. Ek skryf dit toe aan Covid 19 wat ons harder slaan op die sosio-ekonomiese gebied as wat ons ooit sou kon raai.
Ek deel maar my stukkie blydskap met julle wil net wys dat daar tog goeie dinge tydens die inperking kan gebeur.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by tripodmvr »

Vir julle wat so sukkel met die groepe.

https://www.youtube.com/watch?v=hKSf3YUDFWw
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.

Die ou het 'n 105 CC agter die blad gevat in die mik van 'n wa-boom. Ek het hom amper 2 ure lank sit en dophou.
Image

Die rooi kol teen die berg is waar hy gesit het.
Image

Die klein kolletjie is my skietpunt.
Image
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Wouter Roets »

Gaafster

As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?

Groetnis
Wout
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1617
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gian_dP »

Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:06 pm Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.
Lekker as al jou planne so bymekaar kom! Welgedaan
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Wouter Roets wrote: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm Gaafster

As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?

Groetnis
Wout
So min of meer ongeveer. ;D
Ek het die 6.5 Creed gebruik en die dopvolume, nek deursnee en "weighting factor" aangepas. Dit is hoe ek my aanvanklike berekeninge gedoen het. Na ons gesprek het ek dieselfde roete gevolg met die XC as basis en by presies dieselfde uitgekom.

Die 6 mm is amper soos 'n .270. Hy skiet plat tot op 250m en dan begin hy klim. ;)
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Gian_dP wrote: Mon Mar 01, 2021 1:49 pm
Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:06 pm Saterdag het die 6mm sy eerste bloed getrek op 547 meter.
Lekker as al jou planne so bymekaar kom! Welgedaan
Dankie Gian. As dinge net so tydens die komp's wil loop, maar Heinz sê ek moet iets aansmeer vir die rooi-miere. Ek skiet vinniger as sommige manne met AR's. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote: Mon Mar 01, 2021 1:51 pm
Wouter Roets wrote: Mon Mar 01, 2021 1:37 pm Gaafster

As jy nog jou Ackley gehad het kon jy hom aan die bokant van die kop vat om hom tussen die oe te klits. Ja maat darem lekker as dinge so bymekaar kom. Ek neem aan jy het toe geluister en die die 6mm XC gebruik as basis met jou berekeninge?

Groetnis
Wout
So min of meer ongeveer. ;D
Ek het die 6.5 Creed gebruik en die dopvolume, nek deursnee en "weighting factor" aangepas. Dit is hoe ek my aanvanklike berekeninge gedoen het. Na ons gesprek het ek dieselfde roete gevolg met die XC as basis en by presies dieselfde uitgekom.

Die 6 mm is amper soos 'n .270. Hy skiet plat tot op 250m en dan begin hy klim. ;)
Daardie "dan begin hy klim" aanvaar ek is die feit dat jy berg begin klim om bietjie nader aan die bobbies te kom. ++>:
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Waar sal daar vir my hulp vandaan kom?

Post by Gawie(13mm) »

Oom moet my nou nie op die skene slaan nie.
Hier is my DOPE vir die skoot.

Die eerste tabel is my huidige 6mm met die 105 CC's.

Die tweede tabel was die van my .243 AI met 87 Vmaxe teen 3115 vps.

Image

ImageImage
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Post Reply