Ek is raadop. Ek weet regtig nie watter kant toe nie.
Ek het einde ten laaste tydens die inperking besluit om maar my .243 AI se loop te vervang met 'n ander een. Ek het 3 weke terug die roer by Guncraft opgetel en vinnig 'n paar skote geskiet om die bietjie keel skoon te maak en data vir QL te kry.
Ek was vanmiddag vinnig op die baan en dus hier waar my probleme begin.
Kan dit die 26 duim loop wees met 'n 1 in 9 groef draai of die kaliber? Ek weet die 6mm Creedmoor is nog jonk hier rond, maar die Peterson doppe met die groot ontstekers kan tog nie die oorsaak wees nie? Miskien is dit die 39 grein S365. Die stapspoed van 2930 vps teen 48 000 psi kan tog nie die oorsaak wees nie tensy die sprong van 2 mm na die lande met die 105 CC hom so laat skiet. Die ES en SD lyk heel aanvaarbaar en QL sê ek is net 2 vps uit met die spoed.
Help asseblief; watter verskonings kan ek gee as ek swak skiet?
Die nommers op die Labradar vertel die storie.

Die groep op 100 meter in 'n 10 mph wind lyk nie te sleg nie.

Die 3 skote op die 350 gong se elavasie is op die nommer.






.





