S&B vs NF opinie

geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

S&B vs NF opinie

Post by geelslang »

Goeie dag almal

Ek moet nou vir my. 243AI 'n nuwe scope opsit. Sal gebruik word vir jakkals en springbok skiet. Maksimum 500m. Ek kyk tans na die volgende twee scopes:

NF shv 4-14x56 Moar
S&B Klassik 3-12x50 P3L ASV

Wat sal julle voorstel.

Groete
Ernst
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Supacow »

Smit en benade
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Pinkes
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Pinkes »

Geen parralaks op S&B.Is daai S&B parralaks vry tot op 500m....?? Sal dit eers wil toets
User avatar
Haasvel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Wed Mar 29, 2017 8:18 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Haasvel »

Onthou net die S&B Hungarian en Duitse weergawes het verskillende paadjies as ek reg is.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk

User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Askari »

Ek het geen kennis vd S&B nie, maar het SHVs op beide my 308 en 22-250. Hulle werk vir my. Verste skote was so rapsie oor die 600m. Verstellings is akkuraat en die lense werk mooi vir my.
Gooi lood!!!!
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by geelslang »

Pinkes wrote: Thu Aug 06, 2020 8:41 am Geen parralaks op S&B.Is daai S&B parralaks vry tot op 500m....?? Sal dit eers wil toets
Ek sien op sy spec sheet hy is 100m paralaks vry. Gaan dit 'n wesentlike invloed hê na 500m toe?
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Dirkvh »

Ek het 'n Smit&Venter 2.5-10X56 Zenith en die glas is ongelooflik skoon. Paralaks is vas, maar dit het my nog nie gepla nie. Springbok koppe is maklik identifiseerbaar in die aand tot op wye afstande. In die dag kyk hy 'n vlakvark lag-lag vas op 700m+. Het al 'n SHV besit en die S&B se glas is definitief meer helder vir my oog.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by geelslang »

Kyk partymaal vat ons lang skote op Springbokke in die dag, tot so 500m. Die goed is lelik wild hier by my. Sal die feit dat die 3-12 nie 'n paralaksverstelling het nie veroorsaak dat mens paralaks foute maak op langer afstande?
Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Knewel »

Die SHV gaan 'n beter koop wees in my opinie bloot oor sy kruishaar. Die res is baie na aan dieselfde

Sent from my SM-A750F using Tapatalk

'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Smith223 »

geelslang wrote: Thu Aug 06, 2020 4:27 pm Kyk partymaal vat ons lang skote op Springbokke in die dag, tot so 500m. Die goed is lelik wild hier by my. Sal die feit dat die 3-12 nie 'n paralaksverstelling het nie veroorsaak dat mens paralaks foute maak op langer afstande?
Ek soek gou die formule om maksimum paralaks afwyking by teiken te bereken, maar op langer afstande raakdit weglaatbaar klein. Dit speel 'n groot rol op 0-50m
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Dirkvh
Hero Member
Hero Member
Posts: 1016
Joined: Fri Jan 03, 2014 10:36 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Dirkvh »

geelslang wrote: Thu Aug 06, 2020 4:27 pm Kyk partymaal vat ons lang skote op Springbokke in die dag, tot so 500m. Die goed is lelik wild hier by my. Sal die feit dat die 3-12 nie 'n paralaksverstelling het nie veroorsaak dat mens paralaks foute maak op langer afstande?
Het dit nog nie self ervaar dat dit 'n probleem is nie.
Rom 8 v 1&2: Therefore, there is now no condemnation for those who are in Christ Jesus, 2 because through Christ Jesus the law of the Spirit who gives life has set you free from the law of sin and death
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Smith223 »

Die ondestaande berekening toon die maksimum paralaks fout op teiken. Vir ‘n skoop met 100m fixed paralax en 56mm objective lens. Dit is nou as jy jou kop so van kant tot kant beweeg dat die beeld net net nie meer sigbaar is nie(alles is swart). Dus in werklikheid is dit heelwat minder.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Apie »

Smith223 wrote:Die ondestaande berekening toon die maksimum paralaks fout op teiken. Vir ‘n skoop met 100m fixed paralax en 56mm objective lens. Dit is nou as jy jou kop so van kant tot kant beweeg dat die beeld net net nie meer sigbaar is nie(alles is swart). Dus in werklikheid is dit heelwat minder.
As ek reg onthou begin paralaks eers ‘n groot rol speel as jou vergroting bo 12 gaan


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Askari
Hero Member
Hero Member
Posts: 714
Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Askari »

[/quote]
As ek reg onthou begin paralaks eers ‘n groot rol speel as jou vergroting bo 12 gaan


Sent from my iPhone using Tapatalk
[/quote]

Dit is hoe ek dit ook het
Gooi lood!!!!
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by projagter »

Toets 'n 12 vergroting vir paralaks en daar is beslis 'n effek.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by savage(P Coetzer) »

As jy n 1 moa geweer het en die parralaks gee nog n moa dan begin n 2moa afwyking op langer afstande nogals effek te toon.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Smith223 »

savage(P Coetzer) wrote: Sat Sep 12, 2020 11:09 am As jy n 1 moa geweer het en die parralaks gee nog n moa dan begin n 2moa afwyking op langer afstande nogals effek te toon.
Dit is so, neem net in ag dat die paralax foute bo gelys die maksimum afwyking is vir gegewes, sodra jy ‘n behoorlike sight picture het met geen swart langs die kant nie is dit heelwat minder hier by 0.2MOA rond.
Met die veldteiken windbuks wat ons skiet is paralaks foute meer prominent omdat afstande nader as 50M is.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by savage(P Coetzer) »

Dis baie waar smith. Worst case scenario bly maar altyd worst case en nie die realiteit op n gegewe oomblik nie.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by projagter »

paralaks is nie so groot probleem waar jy jou skiethouding en aanlê kan kies -- dan kan jy toesien dat jou oog elke keer absoluut in die middel is met geen skadus aan die kante -- in jagveldhouding en skoottyd met jag is dit nie altyd moontlik en is aanlê posisie nie skoot vir skoot dieselfde nie dws. is oog nie altyd vanselfsprekend in die senter nie.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1218
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Sako75 »

As jy paralaks soek, vat n 4-16x50 Klassik Schmidt & Bender.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by projagter »

stel hom op 16 en skiet groepering op 50 meter en skuif jou oog na die kante van lens. HAHa
geelslang
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Sat May 31, 2014 1:03 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by geelslang »

Kan iemand my dalk help met die bdc turret van die klassik reeks. Die instruksies is so vaag dat ek dit nie verstaan nie. Het iemand dalk ondervinding oor hoe om die turret in te stel en te zero.

Groete
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 826
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: S&B vs NF opinie

Post by Lamtjop »

Zero jou geweer op jou gekose afstand, hou dan turret op buitekant waar riffels is stewig vas en laat iemand vir jou die proppie bo met R2 losdraai. Hy draai nogal moeilik los die 1ste maal. S&B sê jy hoef die proppie nie heeltemal af te draai nie, net genoeg om turret bokant splines uit te lig. Lig dan die turret op en draai tot op zero,en laat sak weer, maar myne wou nie. Ek het hele turret afgehaal en op zero terug gesit. Kyk net daars n los balletjie of pennetjie wat kan uitspring kan nie so lekker onthou nie. Groete
Jarred
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Wed Mar 17, 2021 10:52 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by Jarred »

I have compared a nightforce atacr 5-25 and a Kahles k525i to a new model Schmidt and bender pm2. The pm2 is in a different league compared to the nightforce and the Kahles. The detail the pm2 can resolve is just insane. It also shows true color and no Ca.
projagter
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 374
Joined: Sun Feb 03, 2013 9:27 am

Re: S&B vs NF opinie

Post by projagter »

NF en Karles manne gaan nie hiervan hou nie.
Post Reply