Gas geysers

bullseye

Gas geysers

Post by bullseye »

Middag manne wil graag raad he oor wat se gasgeyser ek vir huis moet aanskaf waarvoor ek versigtig moet wees en wat noodsaaklik is en is daar ander goedkoper opsies
Groete
Bullseye
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 477
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re: Gas geysers

Post by Sean3006 »

Kexin were well known a few years back.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Gas geysers

Post by Malan123 »

Koop one shot die paloma. Hy werk regtig bitter mooi
bullseye

Re: Gas geysers

Post by bullseye »

Malan 123 ek het gesien die Paloma lyk goed watter grote sal jy aanbeveel ek het 3 langhare en kombuis wat gediens moet word en kan jy dalk se hoe lank gas by jou hou
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Gas geysers

Post by Malan123 »

Ek het hom op die plaas ingesit so kan jou nie regtig laat weet oor gas verbruik nie, ek kom heeltemaal te min daar deesdae. Hy is wel aansienlik beter as die ou gas geysers. Ek het die 20l ingesit en nog nie 'n dag spuit nie. Volgens die plumber kan daai outjie gemaklik 3 badkamers en 'n kombuis hardloop.
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Gas geysers

Post by Blitzzz »

Ek het n 25l Paloma by my in gesit. Ons is 3 lang en 2 kort hare met 2 vol badkamers. Sovêr het ons nie n kapasiteit probleem.
Ek hardloop die geyser en n stoof op n 48l gas bottel en die hou nou al vir 2maande. En die bottel voel of daar nog redelik baie in is.

Malan hoe warm is jou geyser gestel?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Gas geysers

Post by Hansieslim »

Ek het ATLAS geysers ingesit.

Ek kon nie alles op een geyser sit nie omdat die vertrekke nie teen mekaar is nie.

In hoofbadkamer het ek n 20l/min ingesit. Hy benodig egter n elektriese punt want hy het n "blower" wat hom meer effektief maak. Was R7800. Geen issue om n groot bad te voorsien nie. Ook geen problem om n dubbelstort te voorsien nie.

Vir kinders se 2 x badkamers het ek 1x16L/min ingesit. Geen elektriese punt nie en werk vrek effektief. R4200.

Bogenemde 3 x badkamers verbruik 1 x 48kg elke 2 maande.

Vir kombuis en bediendekamer elk n 12L/min. R3800 elk. Net so effektief. Hier kan ek ongelukkig nie sê wat die verbruik is nie omdat dit saam die gasstoof se bottels gekoppel is.

Hoop dit help.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Gas geysers

Post by Jurgen Visser »

Is hierdie geysers wat julle in sit hoee druk ? m.a.w. sal hy nog die storte effektief selfde druk gee as die munisipale druk ? , want die 3 x langhare in die huis worry oor die stort nou 'n laer druk gaan he ?

Groete

Jurgen
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Gas geysers

Post by Malan123 »

Blitzzz wrote: Sun Mar 08, 2020 8:11 am Ek het n 25l Paloma by my in gesit. Ons is 3 lang en 2 kort hare met 2 vol badkamers. Sovêr het ons nie n kapasiteit probleem.
Ek hardloop die geyser en n stoof op n 48l gas bottel en die hou nou al vir 2maande. En die bottel voel of daar nog redelik baie in is.

Malan hoe warm is jou geyser gestel?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Eerlikwaar weet ek nie. Die plumber het hom install en ek nog nooit weer gekyk nie. Hy is wel warm genoeg in die middel van winter in die drakensberge
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Gas geysers

Post by Hansieslim »

Druk is soos voorheen
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Gas geysers

Post by Malan123 »

Jurgen dis reeds een van die voordele van die paloma. Die druk is baie mooi
bullseye

Re: Gas geysers

Post by bullseye »

Dankie sover vir terugvoer waardeer
bullseye

Re: Gas geysers

Post by bullseye »

Enige ander idees rondom gasgeysers asb
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Gas geysers

Post by Rasmus »

Bullseye

Ek sal more my ervarings deel... jy is welkom om my te pm
muishond
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Mon Jan 11, 2010 9:25 pm

Re: Gas geysers

Post by muishond »

Naand manne.... Die gas geysers wat vir buite bedoel is, bars hulle nie in die winter nie?.... Hier by ons raak dit soms minus 18 grade celcuis...
Groete
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Gas geysers

Post by Malan123 »

Koudste wat ek al by my gemeet het was -11 en die paloma het nog mooi gewerk.
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gas geysers

Post by jdpretorius »

Ons het 'n 20L Atlas ingesit so paar jaar terug, hy werk met battery vir die ontsteker, en sit buite. Dit is moeilik (half onmoontlik) om hulle te tune on die regte temp vir bad en stort te gee want jou "flow rate" is anders.....so dalk beter om een vir bv. bad water en een vir stort water in te sit. Mens kan hulle vloei stel....dus bietjie stadiger vloei gebruik ook minder gas. Die triek is om hom met die seisoen te stel sodat jy glad nie koue water hoef by te voeg nie. Ons is 2 (een lang haar) en gebruik so 1 & 1/2 na 2 maande aan n 19kg bottel in die middel van die winter. In somertyd dink ek het n bottel dalk op n kol 4 maande gehou.
Dit is belangrik om hom te laat diens - dink versekering vereis een keer per jaar. Gaan ook maandekiks die pype na die bottel na om seker te maak daar is nie krakies waar jy dalk gas verloor nie. Ons het die nuwe water pypwerk buite op die muur vas gesit en "lagging" gegee sodat buite temp hom nie so erg pla nie.....die nuwe pype was ook sodat ons nóg steeds die elektriese een kan gebruik as daar dalk n gas tekort sou wees maar het nog nooit nodig gehaad nie.

Die ultimate is om n gas geyser "in-line" te koppel met solar maar dan het jy een nodig wat n kontrole paneel het waar jy vir die gas geyser sê hy moet net warm maak tot x temp.....die stelsels is egter duur

....hoop die help op n manier

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Karoobow
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Fri Sep 25, 2020 9:58 am

Re: Gas geysers

Post by Karoobow »

bullseye wrote:Middag manne wil graag raad he oor wat se gasgeyser ek vir huis moet aanskaf waarvoor ek versigtig moet wees en wat noodsaaklik is en is daar ander goedkoper opsies
Groete
Bullseye
MOET IN JOU LEWE NOOIT N KEXIN KOOP NIE. Dis dalk al n bietjie laat want jy het moontlik alreeds n gas geyser gekoop...maar vat dit van n man wat vir 2 jaar met n gas geyser se probleme gesit het....hom afgeruk het plat geslaan het en weer n elektriese geyser in gesit het....MOENIE

Sent from my SM-A515F using Tapatalk

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Gas geysers

Post by Hein M. »

Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...

Mooi naweek almal!
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Gas geysers

Post by Apie »

Hein M. wrote:Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...

Mooi naweek almal!
En belangrik is dat jy nie ‘n ‘water saving’ stortkop gebruik nie.

Wat gebeur is as jy die koue water(al is dit bitter min) oopdraai die vloei van die warm kant dan stadiger deur die geyser is en dan word die warm water warmer, dan maak jy die koue kraan nog bietjie meer oop en dan herhaal die siklus!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Karoobow
Newbie
Newbie
Posts: 2
Joined: Fri Sep 25, 2020 9:58 am

Re: Gas geysers

Post by Karoobow »

Apie wrote:
Hein M. wrote:Gas geyser se druk is te laag om deur die mixer-krane te loop. Gelukkig is die loodgieter 'n pel en het my vroegtydig gewaarsku. Jy het nog die old school koue / warm aparte krane nodig vir sê 'n 12l gasgeyser... Ons ou dorpie se waterdruk is boonop power.
Ek sal nou die buite badkamer moet gebruik vir gas. Dit het nog aparte krane...

Mooi naweek almal!
En belangrik is dat jy nie ‘n ‘water saving’ stortkop gebruik nie.

Wat gebeur is as jy die koue water(al is dit bitter min) oopdraai die vloei van die warm kant dan stadiger deur die geyser is en dan word die warm water warmer, dan maak jy die koue kraan nog bietjie meer oop en dan herhaal die siklus!


Sent from my iPhone using Tapatalk
Min mense besef, alhoewel gas geyser help om jou elektrisiteits koste laag te hou, dit soms nie die kopsere werd is nie. Daar is net soveel "ditjies en datjies" rondom dit en dit besef meeste mense eers NADAT hulle alreeds een aangeskaf het. Ek stry glad nie, daar is baie mense wat tevrede is met hulle gas geysers maar daar is netsoveel indien nie meer mense wat ontevrede is met gas geysers. Buiten probleme soos mixer krane en selfs storte (om koue warm water ratio te perfek) is daar baie ander moontlike probleme ook. Water druk, lek in die radiator, gas wat iewers uitlek( jy sal eers die dag agterkom dat hy gas lek as jy met pelle gesels en hulle verbaas is oor jou gas verbruik teenoor hulle sn) dan is dit die battery wat op die onmoontlikste tye ontklaar raak, die self igniter wat soms nie aanskop nie....

Soos ek genoem het is daar mense wat baie tevrede is, eks nie een van hulle nie, ek het n bloutjie met Kexin geloop, sal nie weer n ander gas geyser probeer nie al is dit n "beter vervaardiger"...ekt n harde les geleer, ek betaal maar bietjie meer aan krag


Sent from my SM-A515F using Tapatalk

Knewel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Fri Dec 02, 2016 10:44 pm

Re: Gas geysers

Post by Knewel »

By my was wind weer 'n probleem. Toe my woonstel onder nuwe eienaarskap beland het hulle besluit om 'n gas geyser buitekant op te sit. Groot fout. Die dag as die wind waai en selfs net liggies kan jy maar vergeet om warm water te hê. Die plumber sê toe 'n 'weather cage' is die oplossing. Baie geld later moes alles afgebreek word en moes hulle maar weer die oorspronklike geyser terug sit. Nee wat. Ek hou net van 'n gas geyser nie

Sent from my SM-A750F using Tapatalk


'Shooting is all about confidence' -Tubby Smith
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gas geysers

Post by jdpretorius »

As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk


338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Gas geysers

Post by Apie »

jdpretorius wrote:As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Baie goeie opsie, net bitter belangrik om goeie kalkvrye water as toevoer te hê


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Gas geysers

Post by jdpretorius »

Apie wrote:
jdpretorius wrote:As gas nie jou ding is nie kan mens ook seker 'n "heat pump geyser" ondersoek....ek hoor hulle is nie so rof op elek nie en kan dalk n opsie wees as jy klaar op solar krag is.......maar het ook al gehoor dat lae drukking kan lol

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk
Baie goeie opsie, net bitter belangrik om goeie kalkvrye water as toevoer te hê


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ahhhh, dankie Apie....daar leer ek weer iets nuuts

Sent from my ANE-LX1 using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply