kruishaar probleem

Post Reply
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

kruishaar probleem

Post by johans »

manne ekt laasweek die nuwe Rudolph 5-25x50 t3 scope gekoop.
ekt my geweer waterpas laat le en die waterpas ook op die boonste turret gesit om te verseker die scope le ook level.toe ek egter deur die scope kyk sien ek sommer hoe die hele kruishaar na links le.
ekt die scope seker 10keer af en op gehad maar dit bly so.as ek die scope aleen waterpas op n tafel sit is hy so raps beter maar hy le nogsteeds links.
die vertikale been wat afkom na die slot toe kan jy sien line nie op met die slot nie,hy gaan regs verby.
al waneer hy reg lyk is waneer jy die geweer in jou skouer sit.
ek en my swaer het die scopes saam gekoop en dieselfde ringe ook.
nou wil ek net weet is ek net stupid datb ek iets verkeerd doen of het iemand dit ook al ondervind
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Malan123 »

Stuur hom one shot terug!
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: kruishaar probleem

Post by johans »

maar kan altwee wat saam gekoop is dieselfde probleem he?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Malan123 »

As jou roer level is en jou scope is level moet die kruishaar level wees. Kon dalk batch wees met swak quality control?
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

kruishaar probleem

Post by Apie »

Ek het nog geen scope gesien(NF, Delta, Leupold, Sightron) wat se turret se bokant presies haaks is net die kruishaar nie.

Die plat kant onder die turrets is gewoonlik 90 grade met kruishaar.

Level jou geweer en skiet ‘n chalklyn waterpas teen ‘n muur en level so jou scope se kruishaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: kruishaar probleem

Post by ruaanb »

Net soos Apie seg.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Malan123 »

Dit sal my kwai irriteer as my scope erg skeef sit om 'n kruishaar op te lyn. My een vortex het dit gedoen. Terug gestuur en hulle het nuwe een vir my gestuur
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Wouter Roets »

Apie wrote: Thu Dec 05, 2019 7:41 am Ek het nog geen scope gesien(NF, Delta, Leupold, Sightron) wat se turret se bokant presies haaks is net die kruishaar nie.

Die plat kant onder die turrets is gewoonlik 90 grade met kruishaar.

Level jou geweer en skiet ‘n chalklyn waterpas teen ‘n muur en level so jou scope se kruishaar.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Gebeur as n mens maar so bietjie skeel is...
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: kruishaar probleem

Post by knipmes »

Lekker gelag vir die "skeel" As dit so is hoe korrel n man op n bok?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: kruishaar probleem

Post by tripodmvr »

Kyk met altwee oë deur die teleskoop !!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Gawie(13mm) »

tripodmvr wrote: Thu Dec 05, 2019 1:13 pm Kyk met altwee oë deur die teleskoop !!!!!!
Die man is klaar skeel. Wil jy hom nou tonnel-visie ook gee? ;D

Ek stem 100% saam met die idee om die kruishaar se vertikale been met 'n loodlyn te kontroleer. 'n Mens se idee van wat waterpas is, is direk eweredig aan die naaste horisontale vlak. Enige bouer wat vloervlakke of plaffonne moet "uitsit" sal dit kan beaam.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: kruishaar probleem

Post by tripodmvr »

'n Skietlood was die ou landmeters se beste vriend. Maklik om te dra en maklik om te gebruik. Hang net 'n gewig aan 'n lyn en maak hom vas sodat die gewig kan hang. Kry nou geweer waterpas met gewone waterpas en klamp hom sodat jy die skietlood in die teleskoop kan sien. Draai nou die teleskoop totdat die kruis parallel aan die skietlood is en maak vas.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: kruishaar probleem

Post by Malan123 »

Johan hierdie manne weet baie meer as ek. Soos ek jou 1ste post verstaan het sit daai kruishaar kwai skeef? As jy hom dus oplyn soos hierbo voorgestel en die boonste turret sit nie so skeef dat hy pla nie sou ek nie geworry het nie. My persoonlike opinie: ek koop iets sodat hy moet reg werk maar ook reg lyk. As hy nie op die oog vir my mooi lyk nie stuur ek iets baie vinnig terug
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: kruishaar probleem

Post by OosKaapJagter »

Verskoon die hijack, maar met die skeel opmerkings moet ek dit deel:

Ek het 'n skeel swaer gehad wat met my suster getroud was. Die ou was van alle dinge 'n tweedehandse motor verkoopsman.
Hoe koop jy 'n tweedehandse voertuig by 'n ou wat jou nie eens in die oë kan kyk nie?
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: kruishaar probleem

Post by johans »

manne dis nie of ek twyfel die ding is skeef of dat dit jou oog kan wees wat met jou truuks maak nie.die ding is heel skeef.as die wind net wil kans gee sal ek gaan skiet en kyk wat maak hy.
as ek kon fotos plaas het ek hulle hier opgesit
rudolph het darm reeds gese ek moet hom terugstuur so hulle het darm nie stories nie
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: kruishaar probleem

Post by johans »

maar dankie,ek gaan die skietlood hang en daai toets doen,ek weet nou al as ek dan die waterpas op die turret sit gaan die turret weer uit wees
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
Post Reply