Ek, my jagmaat en sy drie seun het onlangs 'n draai in die Swartland gemaak. Die plan was om die makoubevolking bietjie skrik te maak. Hierdie bomwerpers van die voëlspesie rig ontsettende skade aan in die koring en canola lande. 'n Mens sien eers werklik die uitwerking wanneer die gewasse omtrent knie hoogte staan. Hul trek die jong spriete in so 'n mate uit dat dit lyk soos braak kolle.
My getroue .243 AI was aan my sy en na my onlangse springbok jag, was hy nog op 'n dieët van 85 grein Game Kings. Leupold Vx-3 LRP en Triggercam bo-op.
Rainier se .260 word gestook met 140 grein Eld-X'e. NF Nxs glase op sy roer.
Albei roere skiet gemaklik tot op 650m met akkurate DOPE.
Ons modus operandi is gewoonlik as volg. Gewoonlik gebruik ons my bakkie met 'n jagraam op, maar met onweer in die lug het ons op 'n meer luukse jagkar besluit.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/ad5249ff4bfebc6216bc6d9f2275c3b2.jpg
Ons ry rustig tussen die graan lande deur en wanneer 'n makou gewaar word, word daar gestop en afstand gemeet. Indien moontlik sal ons nader probeer kom aan die makou. Dit is makliker om nader aan enkeling te kom as aan 'n trop. As ek sê "trop", dan bedoel ek dit. Makoue is die buffels van die voëlwereld. Lood laat hul gewoonlik gesonder word.
Snaaks genoeg is hul baie meer op hul hoede wanneer daar 'n groter klomp bymekaar is. Hul sal vinnig op die vlerk kom wanneer hul 'n voertuig gewaar en dan sirkel. Indien die voertuig stilstaan, sal hul miskien 2 maal sirkel en dan na ander weivelde aanskuif. Wanneer jy rondry en sien dat hul binne skietafstand gaan sit, moes jy al klaar afstand gemeet het en aanlê. Amper soos Kalahari jag.
Indien daar dooie grond tussen jou en die makoue is, is dit raadsaam om hul te voet te bekruip. 200 m is gewoonlik die naaste wat ons aan hul sal probeer kom. Dit laat ons met 'n gemaklike skoot en wind is dan minder van 'n faktor.
So gebeur dit dan ook op die dag. Ons sien 'n paar makoue land omtrent 400m van ons af. Siende dat daar redelik dooie grond tussen ons en die prooi is, besluit ons om te voet te bekruip. Ons loer oor 'n walletjie en gewaar 3 makoue wat relatief rustig wei. Afstand word bevestig en daar word aangelê.
Nou moet ek myself eers weer onderbreek.
Rainier se een seun lê saam met my aan en so ontvou die juweeltjie:
https://youtu.be/nfjxUfna36g
My skietmaat kon nie wag vir die telling nie. Toe sy kruishaar op die makou is; toe loop die skoot. Een makou met twee loodpille.
Hoe verder jy hul skiet, hoe verder moet jy hul loop haal. Daai lande is wyd.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/f900aa332a5d2e49e175664a1cf7aea2.jpg
Die plaaslike bevolking trek voordeeel uit ons jagte en ons word altyd met groot afwagting begroet. Soms word ons sommer by-gery om te verneem of daar al iets geval het?
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/0f9ead7249ff6453978603c350c6074b.jpg



