Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post Reply
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Gawie(13mm) »

Hul sê mos sien is glo, maar om dan moet ons eers sien. ;)

Ek, my jagmaat en sy drie seun het onlangs 'n draai in die Swartland gemaak. Die plan was om die makoubevolking bietjie skrik te maak. Hierdie bomwerpers van die voëlspesie rig ontsettende skade aan in die koring en canola lande. 'n Mens sien eers werklik die uitwerking wanneer die gewasse omtrent knie hoogte staan. Hul trek die jong spriete in so 'n mate uit dat dit lyk soos braak kolle.

My getroue .243 AI was aan my sy en na my onlangse springbok jag, was hy nog op 'n dieët van 85 grein Game Kings. Leupold Vx-3 LRP en Triggercam bo-op.
Rainier se .260 word gestook met 140 grein Eld-X'e. NF Nxs glase op sy roer.
Albei roere skiet gemaklik tot op 650m met akkurate DOPE.

Ons modus operandi is gewoonlik as volg. Gewoonlik gebruik ons my bakkie met 'n jagraam op, maar met onweer in die lug het ons op 'n meer luukse jagkar besluit. ;D

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/ad5249ff4bfebc6216bc6d9f2275c3b2.jpg
Ons ry rustig tussen die graan lande deur en wanneer 'n makou gewaar word, word daar gestop en afstand gemeet. Indien moontlik sal ons nader probeer kom aan die makou. Dit is makliker om nader aan enkeling te kom as aan 'n trop. As ek sê "trop", dan bedoel ek dit. Makoue is die buffels van die voëlwereld. Lood laat hul gewoonlik gesonder word. :)

Snaaks genoeg is hul baie meer op hul hoede wanneer daar 'n groter klomp bymekaar is. Hul sal vinnig op die vlerk kom wanneer hul 'n voertuig gewaar en dan sirkel. Indien die voertuig stilstaan, sal hul miskien 2 maal sirkel en dan na ander weivelde aanskuif. Wanneer jy rondry en sien dat hul binne skietafstand gaan sit, moes jy al klaar afstand gemeet het en aanlê. Amper soos Kalahari jag. ;D

Indien daar dooie grond tussen jou en die makoue is, is dit raadsaam om hul te voet te bekruip. 200 m is gewoonlik die naaste wat ons aan hul sal probeer kom. Dit laat ons met 'n gemaklike skoot en wind is dan minder van 'n faktor.

So gebeur dit dan ook op die dag. Ons sien 'n paar makoue land omtrent 400m van ons af. Siende dat daar redelik dooie grond tussen ons en die prooi is, besluit ons om te voet te bekruip. Ons loer oor 'n walletjie en gewaar 3 makoue wat relatief rustig wei. Afstand word bevestig en daar word aangelê.
Nou moet ek myself eers weer onderbreek. ;D Indien daar meer as een makoue is en meer as een skut, word daar genomineer en aangelê op meer as een makou. Ons is 5 pare oë op die dag en elke skut het 'n "gids". Daar word dan gereed gemaak en een persoon tel dan tot 3. Op drie loop die skote.
Rainier se een seun lê saam met my aan en so ontvou die juweeltjie:

https://youtu.be/nfjxUfna36g

My skietmaat kon nie wag vir die telling nie. Toe sy kruishaar op die makou is; toe loop die skoot. Een makou met twee loodpille. ;D Met die terugspeel van die video, sien ons eers die 4 bakore wat gat skoonmaak op die oorkantste land.

Hoe verder jy hul skiet, hoe verder moet jy hul loop haal. Daai lande is wyd.

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/f900aa332a5d2e49e175664a1cf7aea2.jpg

Die plaaslike bevolking trek voordeeel uit ons jagte en ons word altyd met groot afwagting begroet. Soms word ons sommer by-gery om te verneem of daar al iets geval het? ;D

//uploads.tapatalk-cdn.com/20190703/0f9ead7249ff6453978603c350c6074b.jpg
Last edited by Gawie(13mm) on Wed Jul 03, 2019 7:38 am, edited 4 times in total.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by tripodmvr »

Daardie youtube skakel werk nie lekker nie. Jy het ons nou nuuskierig. Help asb.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by OosKaapJagter »

Skakel werk 100%.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Smitstertjies »

Lekker Gaafsters! Ek hou van daai Leupold se kruishaar.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Carl »

Goeie een! :)
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Gawie(13mm) »

Smitstertjies wrote:Lekker Gaafsters! Ek hou van daai Leupold se kruishaar.
Elke keer wat ek die Triggercam op my Leupold sit, gaan dit so vinnig dat ek vergeet om hom mooi te fokus.
Dit is hoe dit moet lyk:

https://youtu.be/PaNP13wjS_M

Rainier het hier oor die Fortuner se enjinkap aangelê en ek het die aksie uit die passisiersitplek dopgehou en opgeneem.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by tripodmvr »

Eina, daardie skoot moe hom hard !!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Frederik »

Mooi gedoen manne klink soos lekker dag plus die uithelp.
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by alecjohnson »

Jaloers is ek nou, lekker man, dankie vir die deel!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by PWV »

Daai gadget werk mooi, Gawie.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by THOMAST »

Lekker manne!
Gawie, op daai tweede video: wat was die afstand, en waar was die geweer gezero?
Hoe sterk was die wind? Ek vra want ek kyk na die posisie van die kruishaar langs die makou toe hy omgedop was.
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Philip_R »

Dis nou sommer baie smart. Goed gedoen.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Arnold van Wyk
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 445
Joined: Tue Mar 09, 2010 9:32 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Arnold van Wyk »

Beste pret, veral as my dogter hulle klap op 250m
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Arnold van Wyk on Wed Jul 03, 2019 3:16 pm, edited 1 time in total.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Malan123 »

THOMAST wrote:Lekker manne!
Gawie, op daai tweede video: wat was die afstand, en waar was die geweer gezero?
Hoe sterk was die wind? Ek vra want ek kyk na die posisie van die kruishaar langs die makou toe hy omgedop was.
Thomas, dit was nie Gawie wat geskiet het nie. Hy het net afgeneem.


Gawie daai triggercam lyk na baie lekker apparaat
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by THOMAST »

Skuus, ek lees soos my gat.
Sal vir Reinier bel
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Gawie(13mm) »

THOMAST wrote:Skuus, ek lees soos my gat.
Sal vir Reinier bel
Jy is vergewe! :laugh:
Afstand was net onder 200m as ek reg kan onthou.
Malan is reg; ek was net kameraman.
@Malan; hy werk baie lekker, maar ek moet beter oplet in die klas. >:D Hopelik raak die video's beter met meer oefening.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Malan123 »

Ek sien uit na nog so paar videos
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by THOMAST »

Skuus Gawie, ek het gedink jy het die kamera op Rainier se geweer gesit en hom toe dopgehou op jou foon.
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by dawiec »

lekker man...is daar al nuus op komende Staerdag se makou skiet te Riebeeckwes wat die kerk reël?
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by Gawie(13mm) »

dawiec wrote:lekker man...is daar al nuus op komende Staerdag se makou skiet te Riebeeckwes wat die kerk reël?
Jy sal moet gou spring om in te skryf. ;D
Wilde Makou-Jag 2019.pdf
Wilde Makou-Jag 2019 Inskrywing.pdf
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
dawiec
Hero Member
Hero Member
Posts: 625
Joined: Sat May 05, 2012 10:50 am

Re: Een makou. Twee skote en vier bakore.

Post by dawiec »

dankie gawe Gawie!!
Post Reply