8mm Mauser akuraarheid probleme

Post Reply
Gensbok
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am

8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Gensbok »

goeie middag skiet vriende. ek besit n Mauser 8mm wat dateer uit die tweede wereld oorlog maar was nog splinternuut wanneer dit ingevoer was deur n familie vriend in die negentigs. ek het die geweer standaard gehou maar die volgende verstelings gedoen. die sneller verander na 8 onse trek, die slot grendel gebuig om n teleskoop te vat, n rubber stuk aan die agterste deel van die kolf aangebring, ek het die slot en loop ten volle gepak. met die bestaande 23" loop, sierra 220g Game King punte en S335 kruit het ek n groepering van 8mm gekry op 100m. teleskoop 2.5-6 x 42 Lynx. die akuraatheid het nie lank geduur nie en my 8mm het begin bont skiet. ek het intussen van teleskoop verander na n 4-12 x 40 Nikon Fieldmaster maar sonder sukses. help asseblief.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Jacquesb »

Hi Gensbok

Maak seker alle aksieskroewe en teleskoop skroewe is mooi vas en kyk of die kroon nog reg is.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Flip Nel »

Gensbok wrote:goeie middag skiet vriende. ek besit n Mauser 8mm wat dateer uit die tweede wereld oorlog maar was nog splinternuut wanneer dit ingevoer was deur n familie vriend in die negentigs. ek het die geweer standaard gehou maar die volgende verstelings gedoen. die sneller verander na 8 onse trek, die slot grendel gebuig om n teleskoop te vat, n rubber stuk aan die agterste deel van die kolf aangebring, ek het die slot en loop ten volle gepak. met die bestaande 23" loop, sierra 220g Game King punte en S335 kruit het ek n groepering van 8mm gekry op 100m. teleskoop 2.5-6 x 42 Lynx. die akuraatheid het nie lank geduur nie en my 8mm het begin bont skiet. ek het intussen van teleskoop verander na n 4-12 x 40 Nikon Fieldmaster maar sonder sukses. help asseblief.
Jy noem akkuraatheid het nie lank gehou nie, so iets moes verander het, ek sou begin om seker te maak alles is vas, gaan moer en boutjie deur en maak seker, kyk of hy nog freefloat en dalk nie 'n drukpunt opgetel het voor by die loop nie. Hoe lyk jou loop het hy nie 'n goeie skoonmaak nodig nie dalk tyd om koper te verwyder. Dan weer het jy nie dalk koper verwyder nie en dit weer 'n paar skote gaan neem om weer mooi te skiet nie. Belangrik is begin van 'n kant af en gaan alles deur. Hoop jy kom reg.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Ds J »

Daar is n legio moontlike probleme.

Soos Jacques se^, maak hom boude en blaaie en sit weer alles aan mekaar - daar is dalk net n skroefie los.
of
Koop n pakkie patrone met ligter koeels en kyk wat doen hy daarmee. Die oorspronklike militere koeel was 153gr.
of
Soek drukpunte tussen die kolf en die loop.
of
Gee die geweer vir iemand anders om mee te skiet. Het jy dalk n "flinch" ontwikkel?
Gensbok
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Gensbok »

baie dankie manne. ek het die loop skoon gemaak en gevind dat dit glad nie merkwaardig vuil was nie. ek het ook die boonste deel van die militerekolf verwyder en gevind dat my bedding nog goed lyk. Ds J ek het ander ervare skuts laat skiet maar sonder beter resultate. soos genoem het ek die militerekolf heeltemal vas gepak oor die slot en loop tot voor. ek vind wel dat met die vastrek van die slot boude, die mageseinplaat teen die slot vas druk? sal julle voorstel dat ek pillar-bedding oorweeg?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Armand Steenkamp »

Ek glo maar dat n loop onder alle omstandighede totaal vry moet hang.... jy vout kan dalk daar le...
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Ds J »

Haal n slag die klomp hout en die staalband van die loop af, en skiet hom met ligter koeëls. Die standaard groeflengte is 1:9,45. Jou 220gr koeëls ia dalk net daardie klein bietjie te swaar.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by DWB »

Baie mooi buffel
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Gensbok
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Gensbok »

middag vriende het iemand dalk raad met Nosler Accubond boat-tail spitzer 200g punte. ek verstaan die punte is baie puntenerig om te groepeer?
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by THOMAST »

Gensbok, daai militêre gewere het nie die beste hout gebruik nie. Miskien is die aksie skroewe te styf vas gedraai wat die hout kon saampers op plekke.
Ek sou pillar bedding voorstel.
Het die hout dalk vog gekry?
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Hein M. »

Stem saam met die manne hierbo. Heel moontlik daai stuk hout onder die loop wat iewers druk waar hy nie moet nie...

Mooi aand daar!
Gensbok
Newbie
Newbie
Posts: 22
Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am

Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme

Post by Gensbok »

dankie manne ek gaan julle raat probeer en sal voorentoe laat weet
Post Reply