8mm Mauser akuraarheid probleme
-
Gensbok
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am
8mm Mauser akuraarheid probleme
goeie middag skiet vriende. ek besit n Mauser 8mm wat dateer uit die tweede wereld oorlog maar was nog splinternuut wanneer dit ingevoer was deur n familie vriend in die negentigs. ek het die geweer standaard gehou maar die volgende verstelings gedoen. die sneller verander na 8 onse trek, die slot grendel gebuig om n teleskoop te vat, n rubber stuk aan die agterste deel van die kolf aangebring, ek het die slot en loop ten volle gepak. met die bestaande 23" loop, sierra 220g Game King punte en S335 kruit het ek n groepering van 8mm gekry op 100m. teleskoop 2.5-6 x 42 Lynx. die akuraatheid het nie lank geduur nie en my 8mm het begin bont skiet. ek het intussen van teleskoop verander na n 4-12 x 40 Nikon Fieldmaster maar sonder sukses. help asseblief.
- Jacquesb
- Hero Member

- Posts: 1241
- Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Hi Gensbok
Maak seker alle aksieskroewe en teleskoop skroewe is mooi vas en kyk of die kroon nog reg is.
Maak seker alle aksieskroewe en teleskoop skroewe is mooi vas en kyk of die kroon nog reg is.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Jy noem akkuraatheid het nie lank gehou nie, so iets moes verander het, ek sou begin om seker te maak alles is vas, gaan moer en boutjie deur en maak seker, kyk of hy nog freefloat en dalk nie 'n drukpunt opgetel het voor by die loop nie. Hoe lyk jou loop het hy nie 'n goeie skoonmaak nodig nie dalk tyd om koper te verwyder. Dan weer het jy nie dalk koper verwyder nie en dit weer 'n paar skote gaan neem om weer mooi te skiet nie. Belangrik is begin van 'n kant af en gaan alles deur. Hoop jy kom reg.Gensbok wrote:goeie middag skiet vriende. ek besit n Mauser 8mm wat dateer uit die tweede wereld oorlog maar was nog splinternuut wanneer dit ingevoer was deur n familie vriend in die negentigs. ek het die geweer standaard gehou maar die volgende verstelings gedoen. die sneller verander na 8 onse trek, die slot grendel gebuig om n teleskoop te vat, n rubber stuk aan die agterste deel van die kolf aangebring, ek het die slot en loop ten volle gepak. met die bestaande 23" loop, sierra 220g Game King punte en S335 kruit het ek n groepering van 8mm gekry op 100m. teleskoop 2.5-6 x 42 Lynx. die akuraatheid het nie lank geduur nie en my 8mm het begin bont skiet. ek het intussen van teleskoop verander na n 4-12 x 40 Nikon Fieldmaster maar sonder sukses. help asseblief.
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Daar is n legio moontlike probleme.
Soos Jacques se^, maak hom boude en blaaie en sit weer alles aan mekaar - daar is dalk net n skroefie los.
of
Koop n pakkie patrone met ligter koeels en kyk wat doen hy daarmee. Die oorspronklike militere koeel was 153gr.
of
Soek drukpunte tussen die kolf en die loop.
of
Gee die geweer vir iemand anders om mee te skiet. Het jy dalk n "flinch" ontwikkel?
Soos Jacques se^, maak hom boude en blaaie en sit weer alles aan mekaar - daar is dalk net n skroefie los.
of
Koop n pakkie patrone met ligter koeels en kyk wat doen hy daarmee. Die oorspronklike militere koeel was 153gr.
of
Soek drukpunte tussen die kolf en die loop.
of
Gee die geweer vir iemand anders om mee te skiet. Het jy dalk n "flinch" ontwikkel?
-
Gensbok
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
baie dankie manne. ek het die loop skoon gemaak en gevind dat dit glad nie merkwaardig vuil was nie. ek het ook die boonste deel van die militerekolf verwyder en gevind dat my bedding nog goed lyk. Ds J ek het ander ervare skuts laat skiet maar sonder beter resultate. soos genoem het ek die militerekolf heeltemal vas gepak oor die slot en loop tot voor. ek vind wel dat met die vastrek van die slot boude, die mageseinplaat teen die slot vas druk? sal julle voorstel dat ek pillar-bedding oorweeg?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Ek glo maar dat n loop onder alle omstandighede totaal vry moet hang.... jy vout kan dalk daar le...
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2141
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Haal n slag die klomp hout en die staalband van die loop af, en skiet hom met ligter koeëls. Die standaard groeflengte is 1:9,45. Jou 220gr koeëls ia dalk net daardie klein bietjie te swaar.
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Baie mooi buffel
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
-
Gensbok
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
middag vriende het iemand dalk raad met Nosler Accubond boat-tail spitzer 200g punte. ek verstaan die punte is baie puntenerig om te groepeer?
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Gensbok, daai militêre gewere het nie die beste hout gebruik nie. Miskien is die aksie skroewe te styf vas gedraai wat die hout kon saampers op plekke.
Ek sou pillar bedding voorstel.
Het die hout dalk vog gekry?
Ek sou pillar bedding voorstel.
Het die hout dalk vog gekry?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
Stem saam met die manne hierbo. Heel moontlik daai stuk hout onder die loop wat iewers druk waar hy nie moet nie...
Mooi aand daar!
Mooi aand daar!
-
Gensbok
- Newbie

- Posts: 22
- Joined: Thu Jan 10, 2019 8:02 am
Re: 8mm Mauser akuraarheid probleme
dankie manne ek gaan julle raat probeer en sal voorentoe laat weet