Audi A3 onderhoudkostes?

Van goeie kos tot oefeninge - not for the faint hearted
Post Reply
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

Ek wil graag vir my vrou 'n effe groter kar koop. Eerder as om nuut te koop, wil ek graag 'n tweedehandse motor koop want dan kry jy meer waarde vir jou geld. So ek dink aan iets soos 'n Audi A3. Maar ek wil ook nie duisende Rande elke maand spandeer aan goedjies regmaak nie. As jy weet hoeveel die onderhoudkostes is, laat weet asseblief tog. En as jy weet van goed wat algemeen verkeerd gaan met die model wat rondom 2008 tot 2012 gemaak was, sal dit waardeer word.

Ek is nie bang om 'n paar Rand uit te haal nie (ek ry immers 'n Subaru wat effe temperamenteel is), maar ek wil nie he dit moet so baie soos 'n ou Volvo kos om te herstel nie. En ek wil ook nie he die ding moet van binne af uitmekaarval soos ou BMW's nie.

Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.
Of so iets
Basjan123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 450
Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Basjan123 »

Harambe wrote: Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.
Wat is jou begroting?
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Jean Marais »

Harambe, praat met Cohibas hier op die forum. Sy seun is 'n Audi spesialis en sal jou beslis baie goeie advies kan gee.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1113
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by J le Roux »

Harambe

Indien jy meer opsies wil oorweeg kyk ook na die Honda Civic (hatch of sedan) vir onder R100k vir die 2008 tot 2012 modelle, baie betroubaar.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

J le Roux wrote:Harambe

Indien jy meer opsies wil oorweeg kyk ook na die Honda Civic (hatch of sedan) vir onder R100k vir die 2008 tot 2012 modelle, baie betroubaar.
Yebo. Ek hou van hulle ook. En hulle lyk maklik om aan te werk.
Of so iets
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

Basjan123 wrote:
Harambe wrote: Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.
Wat is jou begroting?
Ek sal verkies om minder as R100k te betaal. Wat vreeslik min is, maar ek is bereid om 'n paar goed te herstel as ek moet. Dit moet net die vrek duur wees nie.
Of so iets
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by win270 »

Gaan soek by plekke soos www.carfind.co.za of https://www.webuycars.co.za/

Jou vraag hierbo gaan baie ander vrae en opinies uitlok. Jy sal meer spesifiek moet wees oor aspekte soos petrol/diesel, afstand reeds afgele, maksimum koste per maand/jaar bereid om te spandeer, ens. Pasop maar om 'n ander ou se probleme te koop en dit dan jou eie te maak. Maak beslis seker jy weet ALLES oor 'n 2de handse voertuig voor jy dit koop.
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Gbyleveldt »

Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.

En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.

Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

Gbyleveldt wrote:Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.

Wanneer jy praat van die TFSI, bedoel jy net TFSI of die FSI (sonder die turbo) ook?
Of so iets
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1843
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by LoopSoosStroop »

Wat van n Jazz? My eerste voorstel as dit by n kar vir 'n vrou kom. Myne is verlief op haar 1.5 EX. Lig op brandstof, betroubaar, Japanees, baie ruimte.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

LoopSoosStroop wrote:Wat van n Jazz? My eerste voorstel as dit by n kar vir 'n vrou kom. Myne is verlief op haar 1.5 EX. Lig op brandstof, betroubaar, Japanees, baie ruimte.
Hulle is baie lekker. Maar Ek wil he sy moet iets he wat bietjie meer krag het vir die N1. Net genoeg om verby te steek of gou vinnig op spoed te kom. Maar nie vinniger as die XT nie XD
Of so iets
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by PWV »

Harambe
Jy hoef mos nie ver te soek nie. Toyota het 'n verskeidenheid modelle !!!
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 418
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Rem »

Ek het n BMW 120i gehad en goeie vriend van my die A3 20L (altwee sonder turbo). Oor die algemeen is ek n BMW man as dit by motors kom, maar sal vir die A3 2.0l hier gaan. Dis n beter engin en ek het ook meer van die A3 se binneruim gehou (2006-2010 rond). Ek sou nie n turbo klein motor koop wat daardie ouderdom is nie.

Deesdae se turbo motors het al n lang pad gekom en daardie jare was die tegnologie nog redelik jonk.

Ek het n A3 1.8 (sonder turbo, ou model) ook gehad en die hel uit hom uitgery en nooit n sent op hom spandeer nie.

Die Honda, toyota, ens opsies is goeie opsies maar ek stem dat hul nie die krag, bestuursgehalte of veiligheid (vir daardie jaar modelle) van die BMW/audi het nie. Audi/BMW voel net meer solid, maar daars meer elektronika so indien jy nie mooi kyk nie, kan dit jou meer kos in die toekoms. Ek sou na een gaan kyk het en indien jy ernstig was, die motor ingee sodat n spesialis net deur hom gaan.

VW/Audi clinic in Motague gardens het my Audi altyd goeie diens gedoen

My 2c
Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Gbyleveldt »

Harambe wrote:
Gbyleveldt wrote:Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.

En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.

Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
Wanneer jy praat van die TFSI, bedoel jy net TFSI of die FSI (sonder die turbo) ook?
Man, my ervaring en navorsing was rondom die TFSI gewees. Ek weet glad nie of die FSI modelle ook hierdie probleem het nie. My ervaring van Audi SA het basies enige Audi vir my versuur, so ek skat jy weet wat my antwoord gaan wees ;D
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Gawie(13mm) »

My wederhelf het in 2006 'n A3 2l Sportsback gekoop.
Hy staan nou op 145 000 km.
Elke diens is by Audi in die Paarl laat doen en selfs na die motorplan verstreik het, het sy net goeie diens by Audi gekry.
Sy ry so min per jaar dat hy jaarliks gediens moet word. Elkeen van die laaste 4 dienste was onder R2 500.00.
Die waterpomp het op 80 000km gekalf. Audi SA het vir die onderdele betaal en sy vir die arbeid.

Op 100 000 km was daar 'n snaakse geluid by die voorste suspensie wanneer jy deur 'n knik ry.

Audi SA het aanbeveel dat die voledige voorste sub raam vervang moet word.
Audi SA het die onderdele betaal en Audi Paarl die arbeid.

Nog net uitmuntende diens gekry van ons plaaslike handelaar.

Die motor voel solied teen enige spoed. Lugsakke, ABS en traksie beheer sorg vir gemoedsrus. Bougehalte is uitsonderlik.
Motor is lekker ruim en 4 volwassenes pas gemaklik. Bagasie ruim van die Sportsback is ekstra ruim.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Boomstomp
Full Member
Full Member
Posts: 219
Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Boomstomp »

Ek self ry 'n 2006 model A3 2.0 FSI Sportback (dus nie turbo nie).

Ek het kar in 2009 gekoop op 76000km, staan tans op 288000 km. Bietjie probleme gehad met ratkas op 170 000km, maar verder nog net bande, remme, en koppelaar vervang - normale items gegewe my kilometers.

Op elke 180 000km is daar 'n duur diens vir die "timing chain". Verder normale dienste (stem saam met Gawie, my dienste is ook onder R2500 buiten as iets vervang moet word soos remme), my kar gebruik nog geen olie of enige iets nie...
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Apie »

Ek is nie n Audi/Vw aanhanger moe maar ek moet hierdie deel.

Ek ken n Oom wat n rep was by EcoLab.

Hy het 'n VW Passat 1.8T auto gery tot net oor die 400000km voor hy sy eerste groot probleme begin het met ratkas.

Turbo etc alles nog oorspronklik en voertuig was onderhou deur privaat werktuigkundige.

Was dalk n dud...

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Gawie(13mm) »

Ek is darem nie te onhandig met 'n moersleutel nie. Die remskoene vervang ek self.
Ruitvieërs en geblaaste gloeilampe is ook items wat ek self vervang teen 'n fraksie van die handelaar se kostes.

.......O-ja! Ek ken 'n hele paar mense wat probleme met hul Toyota's, Nissan's, Fords en elke ander denkbare fabrikaat ervaar het. :o

Die motor se rekenaar waarsku jou indien daar enige iets skort.
Ons kan dan vinnig besluit of Gawie die herstelwerk gaan doen en of Audi die "joppie" gaan aanpak. ;D

Persoonlik dink ek 'n Audi A3 is 'n baie goeie betroubare motor vir 'n dame, met genoeg "oomph" vir die lang pad.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by PWV »

Gawie(13mm) wrote:Ek is darem nie te onhandig met 'n moersleutel nie. Die remskoene vervang ek self.
Ruitvieërs en geblaaste gloeilampe is ook items wat ek self vervang teen 'n fraksie van die handelaar se kostes.

.......O-ja! Ek ken 'n hele paar mense wat probleme met hul Toyota's, Nissan's, Fords en elke ander denkbare fabrikaat ervaar het. :o

Die motor se rekenaar waarsku jou indien daar enige iets skort.
Ons kan dan vinnig besluit of Gawie die herstelwerk gaan doen en of Audi die "joppie" gaan aanpak. ;D

Persoonlik dink ek 'n Audi A3 is 'n baie goeie betroubare motor vir 'n dame, met genoeg "oomph" vir die lang pad.
Ek het al 2 x met my Toyota gaan staan. Eerste keer was die battery pap en die 2de keer het ek vergeet om petrol in te gooi! ;)
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by cassie_calvinia »

bly baie ver wag van duitse karre.
koop hom nuut, anders bly weg!
baie duur parte, parte wat duurder as die kar self is.
duitse karre is lieflik onder waarborg.
in R40 tot 60 duisend joppie vir parte is vir hulle 'n algemene ding
HOU HOM DAAI DIKTE
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Gbyleveldt »

cassie_calvinia wrote:bly baie ver wag van duitse karre.
koop hom nuut, anders bly weg!
baie duur parte, parte wat duurder as die kar self is.
duitse karre is lieflik onder waarborg.
in R40 tot 60 duisend joppie vir parte is vir hulle 'n algemene ding
Jong weet jy, ek doen baie elektroniese herstel werk op ‘n sekere duitse motor vervaardiger en ek neig om met jou saam te stem.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Apie »

Gawie is nie bang vir sukkel nie.

Hy het reeds 'n Navara

Sent from my iPhone using Tapatalk
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

Apie wrote:Gawie is nie bang vir sukkel nie.

Hy het reeds 'n Navara

Sent from my iPhone using Tapatalk
Nissan is die Mercedes van Japan.
Of so iets
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Audi A3 onderhoudkostes?

Post by Harambe »

Dankie vir die insette, ouens.

As ek 'n kar wil he wat baie olie drink en so nou en dan vol nukke is, sal ek eerder by Subaru bly.

Sal maar na Honda kyk.
Of so iets
Post Reply