Audi A3 onderhoudkostes?
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Audi A3 onderhoudkostes?
Ek wil graag vir my vrou 'n effe groter kar koop. Eerder as om nuut te koop, wil ek graag 'n tweedehandse motor koop want dan kry jy meer waarde vir jou geld. So ek dink aan iets soos 'n Audi A3. Maar ek wil ook nie duisende Rande elke maand spandeer aan goedjies regmaak nie. As jy weet hoeveel die onderhoudkostes is, laat weet asseblief tog. En as jy weet van goed wat algemeen verkeerd gaan met die model wat rondom 2008 tot 2012 gemaak was, sal dit waardeer word.
Ek is nie bang om 'n paar Rand uit te haal nie (ek ry immers 'n Subaru wat effe temperamenteel is), maar ek wil nie he dit moet so baie soos 'n ou Volvo kos om te herstel nie. En ek wil ook nie he die ding moet van binne af uitmekaarval soos ou BMW's nie.
Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.

Of so iets
-
Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 450
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Wat is jou begroting?Harambe wrote: Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Harambe, praat met Cohibas hier op die forum. Sy seun is 'n Audi spesialis en sal jou beslis baie goeie advies kan gee.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1113
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Harambe
Indien jy meer opsies wil oorweeg kyk ook na die Honda Civic (hatch of sedan) vir onder R100k vir die 2008 tot 2012 modelle, baie betroubaar.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Yebo. Ek hou van hulle ook. En hulle lyk maklik om aan te werk.J le Roux wrote:Harambe
Indien jy meer opsies wil oorweeg kyk ook na die Honda Civic (hatch of sedan) vir onder R100k vir die 2008 tot 2012 modelle, baie betroubaar.
Of so iets
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek sal verkies om minder as R100k te betaal. Wat vreeslik min is, maar ek is bereid om 'n paar goed te herstel as ek moet. Dit moet net die vrek duur wees nie.Basjan123 wrote:Wat is jou begroting?Harambe wrote: Ander voorstelle sal ook waardeer word. Die belangrikste vir my is die kar moet veilig wees, met redelik pakplek (basies enigiets in die 2 liter luikrug afdeling), betroubaar en nie te verskriklik rof op die beursie as daar iets breek nie.
Of so iets
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Gaan soek by plekke soos www.carfind.co.za of https://www.webuycars.co.za/
Jou vraag hierbo gaan baie ander vrae en opinies uitlok. Jy sal meer spesifiek moet wees oor aspekte soos petrol/diesel, afstand reeds afgele, maksimum koste per maand/jaar bereid om te spandeer, ens. Pasop maar om 'n ander ou se probleme te koop en dit dan jou eie te maak. Maak beslis seker jy weet ALLES oor 'n 2de handse voertuig voor jy dit koop.

Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.
En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.
Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.
Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Wanneer jy praat van die TFSI, bedoel jy net TFSI of die FSI (sonder die turbo) ook?Gbyleveldt wrote:Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.
En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.
Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
Of so iets
- LoopSoosStroop
- Hero Member

- Posts: 1843
- Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Wat van n Jazz? My eerste voorstel as dit by n kar vir 'n vrou kom. Myne is verlief op haar 1.5 EX. Lig op brandstof, betroubaar, Japanees, baie ruimte.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
Blok Engineering
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Hulle is baie lekker. Maar Ek wil he sy moet iets he wat bietjie meer krag het vir die N1. Net genoeg om verby te steek of gou vinnig op spoed te kom. Maar nie vinniger as die XT nie XDLoopSoosStroop wrote:Wat van n Jazz? My eerste voorstel as dit by n kar vir 'n vrou kom. Myne is verlief op haar 1.5 EX. Lig op brandstof, betroubaar, Japanees, baie ruimte.
Of so iets
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Harambe
Jy hoef mos nie ver te soek nie. Toyota het 'n verskeidenheid modelle !!!

Rem
- Sr. Member

- Posts: 418
- Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek het n BMW 120i gehad en goeie vriend van my die A3 20L (altwee sonder turbo). Oor die algemeen is ek n BMW man as dit by motors kom, maar sal vir die A3 2.0l hier gaan. Dis n beter engin en ek het ook meer van die A3 se binneruim gehou (2006-2010 rond). Ek sou nie n turbo klein motor koop wat daardie ouderdom is nie.
Deesdae se turbo motors het al n lang pad gekom en daardie jare was die tegnologie nog redelik jonk.
Ek het n A3 1.8 (sonder turbo, ou model) ook gehad en die hel uit hom uitgery en nooit n sent op hom spandeer nie.
Die Honda, toyota, ens opsies is goeie opsies maar ek stem dat hul nie die krag, bestuursgehalte of veiligheid (vir daardie jaar modelle) van die BMW/audi het nie. Audi/BMW voel net meer solid, maar daars meer elektronika so indien jy nie mooi kyk nie, kan dit jou meer kos in die toekoms. Ek sou na een gaan kyk het en indien jy ernstig was, die motor ingee sodat n spesialis net deur hom gaan.
VW/Audi clinic in Motague gardens het my Audi altyd goeie diens gedoen
My 2c

Sako .243
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
Tikka 6.5Creedmoor
Krieger 300WSM
9mm Glock 19 Gen 4
--------------------------------------------------------------------------
A bullet is forever
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Man, my ervaring en navorsing was rondom die TFSI gewees. Ek weet glad nie of die FSI modelle ook hierdie probleem het nie. My ervaring van Audi SA het basies enige Audi vir my versuur, so ek skat jy weet wat my antwoord gaan weesHarambe wrote:Wanneer jy praat van die TFSI, bedoel jy net TFSI of die FSI (sonder die turbo) ook?Gbyleveldt wrote:Jis, na 'n R70k surprise op my vrou se Q5 is ek genees van enige Audi begeertes. Daar is 'n vet probleem op hulle 4 silinder 1.8 en 2.0 petrol motors - die TFSi reeks. Die Volkswagens het dieselfde probleem. Dit begin eers deur 'n voertuig wat 2L olie gebruik per 1000km, gevolg dan deur 'n foutiewe timing chain tensioner wat veroorsaak dat die timing chain 'n tand spring, en dan jou valves laat lyk soos koeksusters. Hierdie was 'n 2009 model met 88k km op, maar omdat hy 'n jaar en 'n half al uit plan was het Audi hulle skouers opgtrek en my 'n kranksinnige kwotasie gegee om reg te maak.
En moet nie vir een oomblik dink dit is 'n unieke geval nie. Google bietjie 'Audi / VW TFSi high oil consumption' en maak seker jy sit. Ek verstaan dat kliente in beide Brittanje en die VSA vir Audi/VW hof toe gevat het oor die saak, so waarborge is langer gemaak daar. Kan nie dieselfde se vir Audi SA nie.
Om hemels naam, as ek net een ding vandag reg kan doen, asb dat dit wees dat ek jou oortuig om nie 'n Audi/VW te koop nie...
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
My wederhelf het in 2006 'n A3 2l Sportsback gekoop.
Hy staan nou op 145 000 km.
Elke diens is by Audi in die Paarl laat doen en selfs na die motorplan verstreik het, het sy net goeie diens by Audi gekry.
Sy ry so min per jaar dat hy jaarliks gediens moet word. Elkeen van die laaste 4 dienste was onder R2 500.00.
Die waterpomp het op 80 000km gekalf. Audi SA het vir die onderdele betaal en sy vir die arbeid.
Op 100 000 km was daar 'n snaakse geluid by die voorste suspensie wanneer jy deur 'n knik ry.
Audi SA het aanbeveel dat die voledige voorste sub raam vervang moet word.
Audi SA het die onderdele betaal en Audi Paarl die arbeid.
Nog net uitmuntende diens gekry van ons plaaslike handelaar.
Die motor voel solied teen enige spoed. Lugsakke, ABS en traksie beheer sorg vir gemoedsrus. Bougehalte is uitsonderlik.
Motor is lekker ruim en 4 volwassenes pas gemaklik. Bagasie ruim van die Sportsback is ekstra ruim.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Boomstomp
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Wed Jun 04, 2014 3:40 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek self ry 'n 2006 model A3 2.0 FSI Sportback (dus nie turbo nie).
Ek het kar in 2009 gekoop op 76000km, staan tans op 288000 km. Bietjie probleme gehad met ratkas op 170 000km, maar verder nog net bande, remme, en koppelaar vervang - normale items gegewe my kilometers.
Op elke 180 000km is daar 'n duur diens vir die "timing chain". Verder normale dienste (stem saam met Gawie, my dienste is ook onder R2500 buiten as iets vervang moet word soos remme), my kar gebruik nog geen olie of enige iets nie...

Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek is nie n Audi/Vw aanhanger moe maar ek moet hierdie deel.
Ek ken n Oom wat n rep was by EcoLab.
Hy het 'n VW Passat 1.8T auto gery tot net oor die 400000km voor hy sy eerste groot probleme begin het met ratkas.
Turbo etc alles nog oorspronklik en voertuig was onderhou deur privaat werktuigkundige.
Was dalk n dud...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Ek ken n Oom wat n rep was by EcoLab.
Hy het 'n VW Passat 1.8T auto gery tot net oor die 400000km voor hy sy eerste groot probleme begin het met ratkas.
Turbo etc alles nog oorspronklik en voertuig was onderhou deur privaat werktuigkundige.
Was dalk n dud...
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek is darem nie te onhandig met 'n moersleutel nie. Die remskoene vervang ek self.
Ruitvieërs en geblaaste gloeilampe is ook items wat ek self vervang teen 'n fraksie van die handelaar se kostes.
.......O-ja! Ek ken 'n hele paar mense wat probleme met hul Toyota's, Nissan's, Fords en elke ander denkbare fabrikaat ervaar het.
Die motor se rekenaar waarsku jou indien daar enige iets skort.
Ons kan dan vinnig besluit of Gawie die herstelwerk gaan doen en of Audi die "joppie" gaan aanpak.
Persoonlik dink ek 'n Audi A3 is 'n baie goeie betroubare motor vir 'n dame, met genoeg "oomph" vir die lang pad.
Ruitvieërs en geblaaste gloeilampe is ook items wat ek self vervang teen 'n fraksie van die handelaar se kostes.
.......O-ja! Ek ken 'n hele paar mense wat probleme met hul Toyota's, Nissan's, Fords en elke ander denkbare fabrikaat ervaar het.
Die motor se rekenaar waarsku jou indien daar enige iets skort.
Ons kan dan vinnig besluit of Gawie die herstelwerk gaan doen en of Audi die "joppie" gaan aanpak.
Persoonlik dink ek 'n Audi A3 is 'n baie goeie betroubare motor vir 'n dame, met genoeg "oomph" vir die lang pad.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Ek het al 2 x met my Toyota gaan staan. Eerste keer was die battery pap en die 2de keer het ek vergeet om petrol in te gooi!Gawie(13mm) wrote:Ek is darem nie te onhandig met 'n moersleutel nie. Die remskoene vervang ek self.
Ruitvieërs en geblaaste gloeilampe is ook items wat ek self vervang teen 'n fraksie van die handelaar se kostes.
.......O-ja! Ek ken 'n hele paar mense wat probleme met hul Toyota's, Nissan's, Fords en elke ander denkbare fabrikaat ervaar het.![]()
Die motor se rekenaar waarsku jou indien daar enige iets skort.
Ons kan dan vinnig besluit of Gawie die herstelwerk gaan doen en of Audi die "joppie" gaan aanpak.![]()
Persoonlik dink ek 'n Audi A3 is 'n baie goeie betroubare motor vir 'n dame, met genoeg "oomph" vir die lang pad.
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
bly baie ver wag van duitse karre.
koop hom nuut, anders bly weg!
baie duur parte, parte wat duurder as die kar self is.
duitse karre is lieflik onder waarborg.
in R40 tot 60 duisend joppie vir parte is vir hulle 'n algemene ding

HOU HOM DAAI DIKTE
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Jong weet jy, ek doen baie elektroniese herstel werk op ‘n sekere duitse motor vervaardiger en ek neig om met jou saam te stem.cassie_calvinia wrote:bly baie ver wag van duitse karre.
koop hom nuut, anders bly weg!
baie duur parte, parte wat duurder as die kar self is.
duitse karre is lieflik onder waarborg.
in R40 tot 60 duisend joppie vir parte is vir hulle 'n algemene ding
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Gawie is nie bang vir sukkel nie.
Hy het reeds 'n Navara
Sent from my iPhone using Tapatalk
Hy het reeds 'n Navara
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Nissan is die Mercedes van Japan.Apie wrote:Gawie is nie bang vir sukkel nie.
Hy het reeds 'n Navara
Sent from my iPhone using Tapatalk
Of so iets
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Audi A3 onderhoudkostes?
Dankie vir die insette, ouens.
As ek 'n kar wil he wat baie olie drink en so nou en dan vol nukke is, sal ek eerder by Subaru bly.
Sal maar na Honda kyk.