Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek worstel nou al weke lank om n besluit te maak..........Ek het bietjie julle hulp of opinies nodig.
Ek is opsoek na my volgende geweer. Primer vir jag. Iets wat bietjie langer afstande op groter bokke ook sal werk. Het alreeds n 308 Win, 9.3x62 (vir die bos met oop visier) en 6.5 Creed (die is my skyfskiet geweer). Ek was oorspronklik opsoek na n nuwe 8x68s, maar is te skaars. Toe word dit n 338 Win Mag, toe word dit n 300 Win Mag.
Die geweer keuses was n Voere LBW in 338, maar my hart staan meeste na n Sako 85 Long Range in 300WM of n Roesler Titan 6 in 300WM.
Wat dink julle? Het julle enige ondervinding met enige van die?
Hahahahaha jip...my agterend jeuk. Dit is maar so n bederf wat nie elke dag voorkom.
Cappy, ek het die 338LM oorweeg maar het vir myself gegiggel om te dink ek dop n rooibok om met daai meneer, maar dit is moontlik hahahahahaha........ sal daai idee hou vir n toekomstige projek.
Mag ek vra of die 1 in 11 groefdraai van die Sako n issue is? Sou daarvan gehou het vir n 1 in 10 vir swaarder koeels. Neem maar aan Sako weet beter as ek hulle sou sekerlik die beter opsie kies?
1250bandit wrote:Hahahahaha jip...my agterend jeuk. Dit is maar so n bederf wat nie elke dag voorkom.
Cappy, ek het die 338LM oorweeg maar het vir myself gegiggel om te dink ek dop n rooibok om met daai meneer, maar dit is moontlik hahahahahaha........ sal daai idee hou vir n toekomstige projek.
Mag ek vra of die 1 in 11 groefdraai van die Sako n issue is? Sou daarvan gehou het vir n 1 in 10 vir swaarder koeels. Neem maar aan Sako weet beter as ek hulle sou sekerlik die beter opsie kies?
As jy net tot 200gr koels gaan skiet sal die 1/11 mooi werk, is bq n eretasies dat hulle n LR roer met n 26" loop maak met n 1/11 twist loop maar dis maar wat die Euro lande dink die beste is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Ek sien Sako se hulle gebruik Loctite 221 sodat die muzzle brake maklik kan afkom. Jip ek sal graag n supressor eerder wil opsit.
Hmmm ek dink dit sal n Sako volgende wees..........
1250bandit wrote:Ek sien Sako se hulle gebruik Loctite 221 sodat die muzzle brake maklik kan afkom. Jip ek sal graag n supressor eerder wil opsit.
Hmmm ek dink dit sal n Sako volgende wees..........
So dis darem nie een van daai goed wat mens moet warm maak voor hy af kom nie, dis presies hoekom ek gevra het.
Die break is die eerste ding wat ek sou laat gaan, want soos jy sê dit gaan meestal 'n jag geweer wees, wat dalk bietjie bakkie ry ook insluit, 'n suppressor maak die lewe net baie meer gemaklik in sulke gevalle.
Dit hang af wat jy waar wil skiet en waar. Ek het ñ 300 H&H gehad wat ek verkoop het. In sy plek het ek ñ 338 Win Mag gekoop. Dit is regtig ñ lekker kaliber. Jou enigste probleem is dat jy die 9.3 gaan dupliseer maar net op bietjie langer afstande.
Tensy jy dit so wil dupliseer sou ek sê gaan vir ñ 300WM. Maak seker wat se gewig punte wil jy skiet en kry ñ loop met die regte twist dienooreenkomstig.