Geweer opsies

Post Reply
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Geweer opsies

Post by 1250bandit »

Goeie dag almal.

Ek worstel ;D nou al weke lank om n besluit te maak..........Ek het bietjie julle hulp of opinies nodig.

Ek is opsoek na my volgende geweer. Primer vir jag. Iets wat bietjie langer afstande op groter bokke ook sal werk. Het alreeds n 308 Win, 9.3x62 (vir die bos met oop visier) en 6.5 Creed (die is my skyfskiet geweer). Ek was oorspronklik opsoek na n nuwe 8x68s, maar is te skaars. Toe word dit n 338 Win Mag, toe word dit n 300 Win Mag.

Die geweer keuses was n Voere LBW in 338, maar my hart staan meeste na n Sako 85 Long Range in 300WM of n Roesler Titan 6 in 300WM.

Wat dink julle? Het julle enige ondervinding met enige van die? :)

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer opsies

Post by Capt. Yoda »

In my lewe nog noe n Roessler gesien nie,ek sou maar die long range gevat het maar gaan groot dan kry jy hom somer in 338LM. Hulle skiet bitter mooi
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Geweer opsies

Post by Mellies »

Koop daai 300WM. Howa, Tikka, Sako, Rem 700...almal skiet.

n 300 trap n ding lekker!!

Met n vleisie...
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: Geweer opsies

Post by Gbyleveldt »

Smaak my jou agterend jeuk vir nog n speelding. Niks daarmee fout nie, myne jeuk gereeld ook. Al wat help is om maar te krap :)
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Geweer opsies

Post by Malan123 »

Mellies wrote:Koop daai 300WM. Howa, Tikka, Sako, Rem 700...almal skiet.

n 300 trap n ding lekker!!

Met n vleisie...

+1
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Geweer opsies

Post by 1250bandit »

Hahahahaha jip...my agterend jeuk. ;D Dit is maar so n bederf wat nie elke dag voorkom.
Cappy, ek het die 338LM oorweeg maar het vir myself gegiggel om te dink ek dop n rooibok om met daai meneer, maar dit is moontlik hahahahahaha........ sal daai idee hou vir n toekomstige projek.
Mag ek vra of die 1 in 11 groefdraai van die Sako n issue is? Sou daarvan gehou het vir n 1 in 10 vir swaarder koeels. Neem maar aan Sako weet beter as ek ;D hulle sou sekerlik die beter opsie kies?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer opsies

Post by Capt. Yoda »

1250bandit wrote:Hahahahaha jip...my agterend jeuk. ;D Dit is maar so n bederf wat nie elke dag voorkom.
Cappy, ek het die 338LM oorweeg maar het vir myself gegiggel om te dink ek dop n rooibok om met daai meneer, maar dit is moontlik hahahahahaha........ sal daai idee hou vir n toekomstige projek.
Mag ek vra of die 1 in 11 groefdraai van die Sako n issue is? Sou daarvan gehou het vir n 1 in 10 vir swaarder koeels. Neem maar aan Sako weet beter as ek ;D hulle sou sekerlik die beter opsie kies?
As jy net tot 200gr koels gaan skiet sal die 1/11 mooi werk, is bq n eretasies dat hulle n LR roer met n 26" loop maak met n 1/11 twist loop maar dis maar wat die Euro lande dink die beste is
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Geweer opsies

Post by Messor »

1250bandit wrote:maar my hart staan meeste na n Sako 85 Long Range in 300WM
Kan die geweer 'n suppressor vat?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Geweer opsies

Post by Capt. Yoda »

Messor wrote:
1250bandit wrote:maar my hart staan meeste na n Sako 85 Long Range in 300WM
Kan die geweer 'n suppressor vat?
Is nie oupa se ou krom kolf Sako nie, is n bul van n roer maar hy kom kla met n brake ;)

https://encrypted-tbn0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcQbjsNBTBEjLn6mexa75O3pITbrVBi1AxR8NjbTAVxWcXucRtvK
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
1250bandit
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Mon Oct 01, 2012 2:24 pm

Re: Geweer opsies

Post by 1250bandit »

Ek sien Sako se hulle gebruik Loctite 221 sodat die muzzle brake maklik kan afkom. Jip ek sal graag n supressor eerder wil opsit.
Hmmm ek dink dit sal n Sako volgende wees.......... ;D ;D
User avatar
Messor
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Mon Sep 18, 2017 8:22 am

Re: Geweer opsies

Post by Messor »

1250bandit wrote:Ek sien Sako se hulle gebruik Loctite 221 sodat die muzzle brake maklik kan afkom. Jip ek sal graag n supressor eerder wil opsit.
Hmmm ek dink dit sal n Sako volgende wees.......... ;D ;D
So dis darem nie een van daai goed wat mens moet warm maak voor hy af kom nie, dis presies hoekom ek gevra het.
Die break is die eerste ding wat ek sou laat gaan, want soos jy sê dit gaan meestal 'n jag geweer wees, wat dalk bietjie bakkie ry ook insluit, 'n suppressor maak die lewe net baie meer gemaklik in sulke gevalle.

In elk geval, enjoy.
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Re: Geweer opsies

Post by Johann Marais »

Dit hang af wat jy waar wil skiet en waar. Ek het ñ 300 H&H gehad wat ek verkoop het. In sy plek het ek ñ 338 Win Mag gekoop. Dit is regtig ñ lekker kaliber. Jou enigste probleem is dat jy die 9.3 gaan dupliseer maar net op bietjie langer afstande.

Tensy jy dit so wil dupliseer sou ek sê gaan vir ñ 300WM. Maak seker wat se gewig punte wil jy skiet en kry ñ loop met die regte twist dienooreenkomstig.
Post Reply