Ek het al, vanaf my jong dae, saam gery op vlaktes jagte en saam gestap in die bosvled. In die begin, was dit absolute chaos en die adrenalien van die jag was vir my te veel om te konsentreer op fyn "details" tydens die groot oomblik van die skoot wat geneem word deur 'n mede jagter...
Ek het oor die laaste paar jaar bietjie meer probeer oplet, om te kyk na die teiken dier se reaksie na impak...
Nou, kopskote is redelik duidelik, die volle gewig wat grond toe val op die dier se staan plek en die bene wat styf skop... Die dooie stilte wat volg... As die bok weer kop optel of as daar "beweging" is na 'n poging op kop, is dit maar beste om nog 'n hou te gooi... Want die bok se handbriek is heel waarskynlik afgeskiet.
Maar die fasinerende reaksie, en die ene wat waardevol is, is die skouer skoot / skoot agter die blad...
Soos wat 'n man met die jag groei, en meer en meer bloodstelling kry, begin jy beter deurvolg na skote op wild en jy leer om die bok dop te hou na die impak...
Maar is daar tekens wat erkenbaar is wat 'n goeie blad skoot skei van 'n swakker skoot (pens of skof ens.)...
Ek het al baie opgemerk dat 'n hart skoot gewoonlik die agterste bene die vloer laat stamp soos wat die liggaam lei onder druk verlies... Dit gepaar met 'n prominente skud van die teiken dier se kop (oor suurstof verlies in die brein).
Selfde geld vir 'n long skoot waar die bok sy kop duidelik sal skud agv die suurstof wat minder raak en die duiseligheid wat oorneem...
Op die vlaktes is dit maklik om te sien en om te bepaal dat 'n skoot 'n "sitter" was deur om die bok se reaksie te volg...
Maar in die bosveld is dit 'n ander storie met beperkte vensters van sigbaarheid van die teiken dier na die skoot geklap het...
'n Hart skoot gee nogsteeds die "stamping" effek van die agterste bene en baie van die tyd is dit duidelik as die voorste been optrek dat die skouer gebreek is of die sagte weefsel rondom die skouer ernstig beskadig is.
Maar is daar ander tekens waarna 'n man kan kyk, om te identifiseer of dit 'n goeie of slegte skoot was?
Ek weet 'n kop wat teruggegooi word en 'n stert wat optel op gemsbokke is gewoonlik 'n goeie teken... Dit het ek opgelet deur baie gemsbokke skiet en jag saam met 'n goeie vriend in Nambabwe... Maar dit gebeer ook soms met swakker skote...
So, dit is nie 'n presiese wetenskap nie (in my ervaring). Maar my ervaring is beperk tot 'n maksimum van so 10 bokke per jaar...
Wat is die manne se ervaring wat elke dag saam met jagters sukkel? En wat elke dag mooi moet kyk wat maak die dier na die skoot geklap het?
Ek verneem graag van julle en geniet altyd julle terugvoer.

