Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk ons?

Post Reply
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk ons?

Post by Max Rossle »

Hier is 'n vraag vir die manne wat bokke aanwys en gereeld kyk hoe skiet jagters op hulle bokke...

Ek het al, vanaf my jong dae, saam gery op vlaktes jagte en saam gestap in die bosvled. In die begin, was dit absolute chaos en die adrenalien van die jag was vir my te veel om te konsentreer op fyn "details" tydens die groot oomblik van die skoot wat geneem word deur 'n mede jagter...

Ek het oor die laaste paar jaar bietjie meer probeer oplet, om te kyk na die teiken dier se reaksie na impak...

Nou, kopskote is redelik duidelik, die volle gewig wat grond toe val op die dier se staan plek en die bene wat styf skop... Die dooie stilte wat volg... As die bok weer kop optel of as daar "beweging" is na 'n poging op kop, is dit maar beste om nog 'n hou te gooi... Want die bok se handbriek is heel waarskynlik afgeskiet.

Maar die fasinerende reaksie, en die ene wat waardevol is, is die skouer skoot / skoot agter die blad...

Soos wat 'n man met die jag groei, en meer en meer bloodstelling kry, begin jy beter deurvolg na skote op wild en jy leer om die bok dop te hou na die impak...

Maar is daar tekens wat erkenbaar is wat 'n goeie blad skoot skei van 'n swakker skoot (pens of skof ens.)...???

Ek het al baie opgemerk dat 'n hart skoot gewoonlik die agterste bene die vloer laat stamp soos wat die liggaam lei onder druk verlies... Dit gepaar met 'n prominente skud van die teiken dier se kop (oor suurstof verlies in die brein).

Selfde geld vir 'n long skoot waar die bok sy kop duidelik sal skud agv die suurstof wat minder raak en die duiseligheid wat oorneem...

Op die vlaktes is dit maklik om te sien en om te bepaal dat 'n skoot 'n "sitter" was deur om die bok se reaksie te volg...

Maar in die bosveld is dit 'n ander storie met beperkte vensters van sigbaarheid van die teiken dier na die skoot geklap het...

'n Hart skoot gee nogsteeds die "stamping" effek van die agterste bene en baie van die tyd is dit duidelik as die voorste been optrek dat die skouer gebreek is of die sagte weefsel rondom die skouer ernstig beskadig is.

Maar is daar ander tekens waarna 'n man kan kyk, om te identifiseer of dit 'n goeie of slegte skoot was?

Ek weet 'n kop wat teruggegooi word en 'n stert wat optel op gemsbokke is gewoonlik 'n goeie teken... Dit het ek opgelet deur baie gemsbokke skiet en jag saam met 'n goeie vriend in Nambabwe... Maar dit gebeer ook soms met swakker skote...

So, dit is nie 'n presiese wetenskap nie (in my ervaring). Maar my ervaring is beperk tot 'n maksimum van so 10 bokke per jaar...

Wat is die manne se ervaring wat elke dag saam met jagters sukkel? En wat elke dag mooi moet kyk wat maak die dier na die skoot geklap het?

Ek verneem graag van julle en geniet altyd julle terugvoer.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by FHM »

Max hier is n paar opmerkings gedoen wat jy mag interresant vind
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ot#p295802
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Max Rossle »

FHM wrote:Max hier is n paar opmerkings gedoen wat jy mag interresant vind
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ot#p295802
Goeiedag Francois

Uitstekende opmerkings en punte gelys.

Ek kan met baie van hulle saam stem en het al die selfde opgemerk.

Die spring sien ek ook met blouwildebeeste met soliede bladskote... Die landing is nooit elegant nie en hulle spring gewoonlik op en sprint 'n entjie voordat die dood hulle oorkom... Ek het dit al 'n paar keer gesien.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Blink Stefaans »

N vriend het die naweek n koedoe koei met die 6.5 creedmoor gestamp waarna sy agter n bos verdwyn het net om ewe skieliek 3 koeie en n bul te word. Ek het vinnig opgemerk dat die een se stertjie mooi oomhoog was, so wit en pofferig. Het haar met die oog gevolg en gesien toe haar go uit was. Die ander manne was heel verward toe die ander koedoes verskyn en het heeltemal sig verloor van haar
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Max Rossle »

Blink Stefaans wrote:N vriend het die naweek n koedoe koei met die 6.5 creedmoor gestamp waarna sy agter n bos verdwyn het net om ewe skieliek 3 koeie en n bul te word. Ek het vinnig opgemerk dat die een se stertjie mooi oomhoog was, so wit en pofferig. Het haar met die oog gevolg en gesien toe haar go uit was. Die ander manne was heel verward toe die ander koedoes verskyn en het heeltemal sig verloor van haar
Die stert is 'n goeie teken van "pyn" reaksie. Dis interessant. Het dit gedurend gemsbok jagte ook agtergekom met gemsbokke wat hulle stert "optel" na 'n skoot impak...
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by PWV »

Gemsbok geskiet onder sy oog. Met die impak van die skoot het hy beide sy agterpote gelig.
Ek het die bok in Namibia geskiet in 2012. Fotograaf: Hennie Celliers
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Max Rossle »

PWV wrote:Gemsbok geskiet onder sy oog. Met die impak van die skoot het hy beide sy agterpote gelig.
Ek het die bok in Namibia geskiet in 2012. Fotograaf: Hennie Celliers
Die mooi Afrikaanse woord is "SITTER!"
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by naas222 »

het gesien in die vrystaat op blesbok.. as die manne so kopskote wil skiet met n 303 en staalpunte.. as daai bok op sy agterbene gaan staan kan jy maar weet.. snotboks of kakebeen

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by PWV »

_MG_4137 - Copy.jpg
.
Stof slaan uit sy kop van die slag van die koeel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by PWV »

_MG_4138 - Copy.jpg
Hy het nie weer opgestaan nie!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
naas222
Hero Member
Hero Member
Posts: 790
Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by naas222 »

baie goeie fotos

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Basie2 »

Bekskoot op springbok kan hy soos ‘n kurktrekker in die lug gaan en sy kop verwoed skud -3 sek dan wys hy jou die plaas! Gelukkig het ek hom net daar doodgeskiet- kalahari plase kan wyd word!

Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by FHM »

Ek het so 2 jaar gelede in sentraal Namibia (langs Erindi) op n pel se plaas n gems ge "kopskoot", so 90 m reg van voor. Skoot klap slaan die bok in die stof neer. Nou ek het baie, baie gemse op die plaas kopskote geskiet vir kliente en vleiswinkels in Omaruru en vir ons, so toe die bok val het ek dood luiters en ouder gewoonte geweer veilig gemaak en op die bok afgestap. Skrik ek my in n ander bloedgroep in toe ek by die bok kom en daar spring hy op en hardloop dronk-dronk bosse deur, staan, skud sy kop, staan dronk-dronk en trap rond en vlieg weg so val-val weer bos toe. Staan weer stil met kop effe omlaag, skud kop. Ek uitasem gehardloop af op my hurke, kyk deur skoop en sien bloedstraal van die horing afloop oor die kop, skiet die bok toe daar dood. Met nadere ondersoek sien ek dat die eerste skoot die bok getref het waar die horing met die kop bymekaarkom en dus was gemmie toe net lekker dronk van die skok. Ek was bitter gelukkig om die bok so vinnig na die kwesskoot te kan uitklop - daai kon n bitter lang dag in dig bos geraak het.
Last edited by FHM on Wed Jun 06, 2018 11:56 am, edited 2 times in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Max Rossle
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 322
Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Max Rossle »

FHM wrote:Ek jet so 2 jaar gelede in sentraal Namibia (langs Erindi) op n pel se plaas n gems ge "kopskoot", so 90 m reg van voor. Skoot klap slaan die bok in die stof neer. Nou ek het baie, baie gemse op die plaas kopskote geskiet vir kliente en vleiswinkels in Omaruru en vir ons, so toe die bok val het ek dood luiters en ouder gewoonte geweer veilig gemaak en op die bok afgestap. Skrik ek my in n ander bloedgrop in toe ek by die bok kom en daar spring hy op en hardloop dronk-dronk bosse deur, staan, skud sy kop, staan dronk-dronk en trap rond en vlieg weg so val-val weer bos toe. Staan weer stil met kop effe omlaag, skud kop. Ek uitasem gehardloop af op my hurke, kyk deur skoop en sien bloedstraal van die horing afloop oor die kop, skiet die bok toe daar dood. met nadere ondersoek sien ek dat die eerste skoot die bok getref het waar die horing met die kop bymekaarkom en dus was gemmie toe net lekker dronk van die skok. Ek was bitter gelukkig om die bok so vinnig na die kwesskoot te kan uitklop - daai kon n bitter lang dag in dig bos geraak het.
Darm vinnig genoeg daai handbriek opgetrek! Sjoe, 'n man kan net dankbaar wees.
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.

.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag

Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Steppenwolf »

Interessant! Het al ondervind dan Bloues wat op die knoppe geskiet is so wye draai deur die bos hardloop net om naby die plek waar die skoot getref het te val. Sien ook dat blesbokke hoog spring met n krom rug wanner altwee longe gepenetreer is.
"the more I practice, the luckier I get'
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 619
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Johan van Wyk »

Dis insiggewend hoe diere soms reageer. Ek het agt jaar terug 'n groot buffelbul reg op die blad geskiet. Due 300gr Swift is deur die hart en beide longe, het die blad op die ingaan gebreek en was later onder die vel aan die anderkant herwin.

Toe die skoot klap was die bul se reaksie... Niks. Ek het hom soos hy weggehardloop het nog twee skote geskiet met solids wat beide dwarsdeur was. Geen reaksie hierop ook nie maar hy het gelukkig die ordentlikheid gehad om so 150 meter verder neer te slaan. Nog 'n skoot deur die hart en alles verby.

Ek het sedertdien ander buffels op presies dieselfde plek te skiet en hulle reaksie was meer tipies. Die poot op die ingaan kant het gelig, rug het krom getrek en daar was' n tipiese hartskoot reaksie. Ek het al dieselfde uiteenlopende reaksie met blou- en swartwildebeeste ook gehad.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Frederik »

Een opmerking wat ek die jagters kan gee in die bosveld wat baie help op bladskote as jy so rukkie gewag het voor jy die spoor volg en jy volg die spoor deur bosse en takke dan weet jy jou bok is dood. Na goeie skoot sal bok net reguit lyn sny al hardloop hy binne boom vas het dit ook al gesien paar keer.

So moenie te veel bekommer as die spoor regdeur rosyntjie bos loop nie en let op vir bloed binne die takke en blare. Baie keer word spoor ook so verloor omdat die spoor nie om die bos gaan nie.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Ds J »

'n Baie goeie vriend het daarop gewys dat n swaar of dodelik gekweste bok se treë korter word.

Het dit laasjaar die eerste keer self gesien.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3945
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by tau »

EK geniet hierdie topic baie. EK dink nie daar is altyd 'n definitiewe antwoord nie en of die dier van jou weet maak ook saak.

My ervaring met bokke wat ek al baie van geskiet het en gesoek het nadat jagters gekwes het, dit is nie altyd so nie, maar meestal vind jy hom so:

Springbok - Kurktrekker as jy bek of neus af skiet. As jy horing vang druk hy sy kop soos 'n sokker speler wat header wil doen die lug in. Albei gevalle gaan jy nou sien hoe hardloop 'n bok weg teen Mach 3. Goeie bladskoot draf hulle net so bietjie weg en gaan lê en vrek. Maar hulle val nie net om en vrek nie. As sy pens oop geskiet is kan hy ook plaas redelik adverteer.

Gemsbok - trek sy nek in en dan "grawe" hy weg. 'n Beksoot het soms geen uitwerking nie en hy hol vir sy kruipplek in 'n draad of bos om wegkruipertjie in te speel. Moenie skaam wees om weer te skiet nie, hy hardloop vinnig vrek ver.

Kudu - Gaan staan maklik as die skoot saak maak en trek sy rug so krom en skuil in bos. 'n Bekskoot anker hulle gewoonlik beter as ander grootwild, maar kan werk afgee.

Blouwildebees - Hardloop weg of daar geen skoot op dier was nie. Net om teen 100km/h te vrek en kop binne bos of rand te ploeg morsdood. Let op of jy ooit by 'n BWB kom wat nog lewendig is. Dit is skaars hulle hardloop tot hy morsvrek dood is. Elkejaar los baie jagter BWB in die veld met skote wat meeste ander bokke sou dood of anker vir opvolg skoot.

Ek het tweejaar terug 'n helse BWB reguit van voor in die kop geskiet wat sy neus gelig het om te ruik. Met 'n 162gr SST teen 2950fps op 150m het hy wraggies nog so 10 treë gegee voor hy gevrek het. Daar het ek besef geen verduideliking sal help nie die goed is siek.

Ek het die volgende dag 'n vriend se gewkeste BWB gaan soek te voet alleen. Ek het net my 6.5 x 57 met 120gr Sierra Prohunters by my gehad wat ek glad nie as ideaal sou beskou vir BWB nie. Ek wou eintlik net 'n Springbok die dag skiet vir myself. Die bok was te ver terug geskiet met skoot een. Ek het na 3 ure die bok gesien aanstap na my toe heel rustig sonder om van my te weet (hy het direk op sy bloedspoor terug geloop wat ek gevolg het) ek het op 40m besef hy gaan my sien en terwyl hy geloop het ek 'n "hopenlik raak" skoot gegee en tref hom op die blad hy het geval soos 'n kopskoot. Ek was stom. Ek dink BWB se fisiologiese vermoë om te oorleef met bitter lae bloed druk of iets maak hom so moeilik om te dood.

Al wat mens soms red is die trop "stoot" so dier uit of hardloop eintlik net te vinnig vir so dier om by te kan bly.
Last edited by tau on Tue Mar 26, 2019 10:51 am, edited 1 time in total.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by PWV »

Tau, smaak my jy het taamlik ondervinding van skote op bokke wat enige plek op die bokliggaam getref het! ;) ;)
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3945
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by tau »

PWV wrote:Tau, smaak my jy het taamlik ondervinding van skote op bokke wat enige plek op die bokliggaam getref het! ;) ;)
Ja Oom ons sit en drink nie koffie agter op 'n Datsun, kamera's uitgsit op die driepoot en wag vir die bokke om Lusern te kom eet nie. Ons skiet wilde bokkies >:+ >:+

Ek verwys nou nie na Oom nie ek praat sommer net so.

Ek het vir 'n tydlank gedroom van PH raak en het elke liewe vakansie op wildsplase spandeer en skietstokke gedra, bokke uitdegra, herstelwerk gedoen en skote met die verkyker sien tref. Ek het dus baie Trofee jagters gesien bokke goed en sleg skiet. Ongelukkig het ek toe maar bokwagter geraak en nie PH nie, want ek skiet te sleg en niemand sou my vertrou om hulle teen gevaarlike wild te beskerm nie.

Daarna het ek nou nie so baie soos die oes span manne en boere nie, maar redelik so 50 Springbokke per jaar geskiet en op ons eie plase in Nam en saam met kleinte ander se kwesbokke gedood.

Ek skiet ook nog self redelik swak so hoe sê die ingelse " what I lack in talent I make up in experience".

So as Oom eendag 'n bok kwes SMS my net ek sal raad gee ek ken van.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13530
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Capt. Yoda »

++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Nella
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Sat Aug 12, 2017 7:12 am

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by Nella »

tau wrote:EK geniet hierdie topic baie. EK dink nie daar is altyd 'n definitiewe antwoord nie en of die dier van jou weet maak ook saak.

My ervaring met bokke wat ek al baie van geskiet het en gesoek het nadat jagters gekwes het, dit is nie altyd so nie, maar meestal vind jy hom so:

Springbok - Kurktrekker as jy bek of neus af skiet. As jy horing vang druk hy sy kop soos 'n sokker speler wat header wil doen die lug in. Albei gevalle gaan jy nou sien hoe hardloop 'n boke weg teen Mach 3. Goeie bladskoot draf hulle net so bietjie weg en gaan lê en vrek. Maar hulle val nie net om en vrek nie. As sy pens oop geskiet is kan hy ook plaas redelik adverteer.

Gemsbok - trek sy nek in en dan grawe hy weg. 'n Beksoot het soms geen uitwrking nie en hy hol vir sy kruiplek in 'n draad of bos om wegkruipertjie in te speel. Moeni skaam wees om weer te skiet nie, hy hardloop vinnig vrek ver.

Kudu - Gaan staan maklik as die skoot saak maak en trek sy rug so krom en skuil in bos. 'n bekskoot anker hulle gewoonlik better as ander grootwild, maar kan werk afgee.

Blouwildebees - Hardloopp weg of daar geen skoot op dier was nie. Net om teen 100km/h te vrek en kop binne bas of rand te ploeg morsdood. Let op of jy ooit by 'n BWB kom wat nog lewendig is. Dit is skaars hulle hardloop tot hy morsvrek dood is. Elkejaar los baie jagter BWB in die veld met skote wat messte ander bokke sou dood of anker vir opvolg skoot.

Ek het tweejaar terug 'n helse BWB reguit van voor in die kop geskiet wat sy neus gelig het om te ruik. Met 'n 162gr SST teen 2950fps op 210m het hy wraggies nog so 10 treë gegee voor hy gevrek het. Daar het ek besef geen verduidelik sal help nie die goed is siek.

Ek het dievolgende dag 'n vriend se gewkeste BWB gaan soek te voet alleen. Ek het net my 6.5 x 57 met 120gr Sierra Prohunters by my gehad wat ek glad nie as ideaal sou beskou vir BWB nie. Ek wou eintlik net 'n Springbok die dag skiet vir myself. Die bok was te ver terug geskiet met skoot een. Ek het na 3 ure die bok gesien aanstap na my toe heel rustig sonder om van my te weet (hy het direk op sy bloedspoor terug geloop wat ek gevolg het) ek het op 40m besef hy gaan my sien en terwyl hy geloop het ek 'n "hopenlik raak" skoot gegee en tref hom op die blad hy het geval soos 'n kopskoot. Ek was stom. EK dink BWB se fisiologiese vermoë om te oorleef met bitter lae bloed druk of iets maak hom so moeilik om te dood.

Al wat mens soms red is die trop "stoot" so dier uit of hardloop eintlik net te vinnig vir so dier om by te kan bly.
Jy ken jou bokke dit is verseker. .
Jou beskrywing van daai blouwildeblixsems is 100%...daai goed kom eers agter hulle is nou eintlik dood nadat hy al in die koelkamer hang.
So drie jaar terug n sa/duitser en sy seun wat heeltemal n duitser was uit gevat op n jag.
Hy het glad nie in self skiet belang gestel nie maar gevra of ek asb net vir hulle n bok of twee sal skiet waar hy en sy seun saam is. Rerig n goed gemanierde seun gewees wat die mooiste afrikaans met n swaar duitse aksent gepraat het.
Sterk skemer n baie mooi kopskoot op n blouwildebees gekry. .reg van voor tussen die oë en die 150gr Barnes is agter net onder die horing basis uit.
Met die laai slag vra ek die manne, om net vir my te loer as ek naby genoeg is met die voertuig toe pa en seun eweskielik met n passie in die bosse instorm. .
Na die skoot het ek soos altyd onmiddelik weer herlaai en hom dop gehou. ..maar bene het mooi styf geskop en daar was glad nie pote wat begin "roei" het om vast rap plek te kry vir op staan nie
Glo dit of nie maar daai bees het wraggies probeer op staan terwyl ek in die bakkie was, toe ek uit klim het daai dier nog gelê en asem haal. Oog het ook nog geknip as jy aan hom geraak het..Gekos hom weer net langsaan die oor in skiet met die pistool.
Maar daar my les geleer met hulle
Just smile and wave boys >:D
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Reaksies wat diere vertoon na skoot impak - waarna kyk o

Post by PWV »

tau wrote:
PWV wrote:Tau, smaak my jy het taamlik ondervinding van skote op bokke wat enige plek op die bokliggaam getref het! ;) ;)
Ja Oom ons sit en drink nie koffie agter op 'n Datsun, kamera's uitgsit op die driepoot en wag vir die bokke om Lusern te kom eet nie. Ons skiet wilde bokkies >:+ >:+

Ek verwys nou nie na Oom nie ek praat sommer net so.

Ek het vir 'n tydlank gedroom van PH raak en het elke liewe vakansie op wildsplase spandeer en skietstokke gedra, bokke uitdegra, herstelwerk gedoen en skote met die verkyker sien tref. Ek het dus baie Trofee jagters gesien bokke goed en sleg skiet. Ongelukkig het ek toe maar bokwagter geraak en nie PH nie, want ek skiet te sleg en niemand sou my vertrou om hulle teen gevaarlike wild te beskerm nie.

Daarna het ek nou nie so baie soos die oes span manne en boere nie, maar redelik so 50 Springbokke per jaar geskiet en op ons eie plase in Nam en saam met kleinte ander se kwesbokke gedood.

Ek skiet ook nog self redelik swak so hoe sê die ingelse " what I lack in talent I make up in experience".

So as Oom eendag 'n bok kwes SMS my net ek sal raad gee ek ken van.
Sal dit onthou, Tau. My tyd raak min en ek sal moet probeer!
Een waarheid wat jy noem, is dat onderinding nie gekoop kan word nie!!! ++>:
Post Reply