Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het rukkie hier op site rondgekyk en besef ek hou van wat ek hier sien en lees, so ek sal maar net moet aansluit.
Ek boer in Postmasburg omgewing met bees en skaap en soos ons almal hier, lief vir Afrika.
Ek skiet so paar roere, net hopeloos te min na my sin....
Kort baie inligting rondom veral scopes, ... ek skiet sommer nog met my 4x40 scopie.
Darem raak, maar glo ek kan nog baie leer.
Sien julle op die forum en dalk die jagveld of baan.