Nuwe Lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Nuwe Lid

Post by BSniperEM »

Naand almal,

Melville hier van PE, alhoewel ek min tuis is. Forums soos die en forums oor my ander passies hou my aan die gang as ek lank weg is van my mense en baie tyd op my hande het.

Ek hou van: (in no particular order... soos hulle se) Toyotas, Gewere, Jack Russels, skerp messe, Vliegtuie, Stap-en-Jag, Kampvure, 4x4, Bos-karavane.

Ek hou NIKS van: Ford's, Boesman-ketties, Huiskatte, stomp messe, Gyrokopters, Bakkie "jag", charcoal, platkarre, Gypsy-Karavane :laugh:

My oudste roer word vlg jaar 70 en is nog 99% (kort n loop). Remington 722 - .223 Rem "Mandevu"
My jongste is skaars n jaar oud en moet homself nog bewys. Weatherby Mark V Accumark - .270 Win "Reaper"

Die middel kinders is...

Glock 19 Gen4 "HK"
Savage Mark II FV-SR - .22LR "Kitty"
Remington 700 SPS Stainless - .300WinMag "Ntwadumela"

Ek leer baie hier...dankie en lekker aand.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nuwe Lid

Post by tripodmvr »

Welkom. Baie interessante voorstelling. Hoop jy gaan nog baie praat.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuwe Lid

Post by Heinz Petersen »

Welkom Melville. Ek hou van jou "hou van en nie hou van". Dit is net die 270 >:D
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Nuwe Lid

Post by BSniperEM »

More en dankie.

Jawat Heinz... ek wag maar vir die 270 comments dis reg... :P :laugh: :laugh:
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe Lid

Post by joe rocket »

Welkom Melville. Alles was nou mooi gedoen en ek het lekker gelees en toe praat jy nou van n "wannebee" 7mm. ++>:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Nuwe Lid

Post by BSniperEM »

Dankie Joe Rocket... jy laat my lekker lag.

As ek n 7.2mm (.284") om tegnies te wees, wou gehad het, sou ek een gekoop het... maar ek weet presies hoekom ek my 7mm (.277") gekoop het ++>: ++>: ;)

Toemaar ek ken die verskil tussen "kaliber" name en afmetings. 8)

En hoekom sal ek nou 2 poeier honger magnums wil he?

Ek hoop jy is net so lief vir jou 300 soos ek vir myne?

Lekker dag.
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Nuwe Lid

Post by Supacow »

Waar en hoe het Ntwadumela sy naam gekry?
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe Lid

Post by joe rocket »

Netso daai 300 is mik en druk en alles val dood, mors dood.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Nuwe Lid

Post by Vlakvark Soldaat »

Dagse gesiggie. Jyt my verloor by die naam Melville! Daars reeds een op die forum, en hys n f#&&%n handvol!

Ons is hier om te help, en ons leer die nuwelinge (op die forum) graag oor jag en skiet... Ek neem aan dat jy al jare lank jag saam jou neef, maar die feit dat jy n 270 gekoop het, wil vir my se jy weet nie veel van die sport nie hahahahahahaha!

Sorry dude, ek hap jou net, want Mellies het gese ek moet!

Maar regtig waar, hoekom n 270? Het iemand jou vertel dis n platskieter?
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Nuwe Lid

Post by BSniperEM »

Superkoei... hy is vernoem na een van die Leeu broers in "Eternal Enemies" die jonger aggressiewe een. My .223 is na die ander broer, Mandevu vernoem. Hulle was my eerste twee jag roere.

Vlakvark troep... ja jong daai neef is n handvol... mens moet hom net nie ernstig vat en niks glo wat hy jou vertel van roere... dis hoekom ek nou met n .270 sit en grief kry.... sy skuld!! ++>: ++>: ++>:

Op n meer tegniese ernstige noot.... my 270 en 300 se bullet drop is identies soos ek hulle laai... so met Swaro Z3 BRH op albei, gezero op 100m... hoef ek net een stel afmikmerkies te onthou.

Ek like dinge eenvoudig... genoeg wiskunde/nommers om te onthou as ek job elke dag. 8)

Die term "platskietgeweer" is n harekloof stelling waar dit nie n verskil maak met meeste mense se skietvermoe en jagafstande onder 300m nie ;)
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nuwe Lid

Post by FHM »

Dagse "Mel" en welkom hier.
Sien uit na jou deelname.

Tip: Moenie te veel uitbrei op jou gevoel omtrent bakkie jag nie.... ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Vlakvark Soldaat
Hero Member
Hero Member
Posts: 1700
Joined: Thu Jun 13, 2013 7:04 am

Re: Nuwe Lid

Post by Vlakvark Soldaat »

FHM wrote:Dagse "Mel" en welkom hier.
Sien uit na jou deelname.

Tip: Moenie te veel uitbrei op jou gevoel omtrent bakkie jag nie.... ;)
Ja, en die Fords te sleg se nie...
Louis

2x BRNO Mod2 .22
BSA .303
Steyr Mannlicher .308
Beretta 9mm
CZ 100 9mm
Lanber 12ga

Ruger M77 .243
Ruger M77 VT 6.5 CM
Ruger M77 7mm-08
Ruger M77 .30-Suk6
Ruger No.1 .375 H&H
Ruger .44 Mag Red Hawk
honda2
Full Member
Full Member
Posts: 194
Joined: Wed Sep 23, 2015 2:16 pm

Re: Nuwe Lid

Post by honda2 »

.... maar as jy nou die dag besluit om met jou 270 in n Ford bakkiejag te doen... neem ten minste fotos om te deel.
Steyr270
Full Member
Full Member
Posts: 233
Joined: Tue Jun 21, 2016 8:34 am

Re: Nuwe Lid

Post by Steyr270 »

Viva .270 viva!
.270 Steyr Mannlicher Luxus

Ek weet nie so ek vra maar...
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Nuwe Lid

Post by FHM »

BSniperEM wrote:Superkoei... hy is vernoem na een van die Leeu broers in "Eternal Enemies" die jonger aggressiewe een.
"Ntwadumela" = 'HE WHO GREETS WITH FIRE" ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
BSniperEM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Sun Jul 09, 2017 12:31 pm

Re: Nuwe Lid

Post by BSniperEM »

Netso FHM... dis hoekom hy daai naam het. ;)

En dankie vir die tip... maar iets sleg se, en noem waarvan jy nie hou nie is twee verskillende dinge ;) ... ten minste kla niemand sover dat ek Jack Russells bo huiskatte verkies :): :laugh: :laugh:

So het elke mens maar sy likes/dislikes... maar eks seker ons almal deel een passie... om n bok plat te skiet... al is dit nou maar met n ou .270 Win. (dankie vir jou ondersteuning Carel ;) )

Julle manne moet n lekker naweek he en lekker jag as julle so gelukkig is.

Chorts
Bacon fact #14 - Bacon is healthier than Crystal Meth!
Post Reply