Melville hier van PE, alhoewel ek min tuis is. Forums soos die en forums oor my ander passies hou my aan die gang as ek lank weg is van my mense en baie tyd op my hande het.
Ek hou van: (in no particular order... soos hulle se) Toyotas, Gewere, Jack Russels, skerp messe, Vliegtuie, Stap-en-Jag, Kampvure, 4x4, Bos-karavane.
Ek hou NIKS van: Ford's, Boesman-ketties, Huiskatte, stomp messe, Gyrokopters, Bakkie "jag", charcoal, platkarre, Gypsy-Karavane
My oudste roer word vlg jaar 70 en is nog 99% (kort n loop). Remington 722 - .223 Rem "Mandevu"
My jongste is skaars n jaar oud en moet homself nog bewys. Weatherby Mark V Accumark - .270 Win "Reaper"
Die middel kinders is...
Glock 19 Gen4 "HK"
Savage Mark II FV-SR - .22LR "Kitty"
Remington 700 SPS Stainless - .300WinMag "Ntwadumela"
Ek leer baie hier...dankie en lekker aand.



