Sintetiese kolf invoer

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Sintetiese kolf invoer

Post by Lourens »

Middag maters,

Ek wil graag 'n nuwe kolf invoer vir een van my wapens. Ek het nou deeglik navraag gedoen by die vervaardiger en ek kan glad nie via hulle bestel nie aangesien hulle nie 'n kolf aan my kan stuur nie, slegs aan 'n handelaar of besigheid. Hulle het voorgestel dat ek die kolf laat verskeep na iemand wat ek ken in Amerika en dat die persoon dit dan aan my pos of stuur. Volgens hulle is daar nie 'n probleem hiermee nie?  ???

Ek weet daar is manne op die forum wat al by Boyd's en Richard's Micro Fit gelamineerde en hout kolwe bestel het en dit met die pos laat kom het sonder enige probleme.
Hierdie kolf is egter nie gelamineerd of hout nie, maar sinteties. Dis egter 'n gewone styl kolf, nie 'n taktiese een nie.

Ek wil graag hoor by die manne wat weet of iemand al op hierdie manier 'n sintetiese kolf ingebring het? Volgens die verskaffer sal daar geen moeilikheid wees om die kolf uit die USA uit te kry nie, ek moet net uitvind of ons customs aan die kant probleme met sulke goed het.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by Pumba30-06 »

Middag Rooijakkals
Ongelukkig het ek nie raad vir jou nie, maar sal graag ook wil hoor iemand n iemand ken wat kan help.
Ek kyk na nie HS precision Varmint kolf vir my 243. Die swart een met die grys "web", dit lyk darm maar bitter stout.

Groete
Jurgens
'Hunting is a bush walk with a purpose"
User avatar
Problem Animal Control
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Tue Sep 15, 2009 8:16 pm

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by Problem Animal Control »

Rooies
Ek sal more vir jou n vriend van my in Pta se info pm,hy het Maandag vir my n pryslys gemail,miskien kom jy daar regkom.
PAC
9mm S&W
9mm Norinco
.38Spl Luger
.38Spl Luger
.22BRNO
.22Krico
.22Hornet
.44Magnum Ruger
.410
12Br CBC
12Br S&W
12Br S&W
.303BSA
.308BRNO (ou betroubaar)
Ruger Mini14 223

Solank daar lood in die lug is,het ons hoop!!!!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by James Wilson »

ek is seker Boyds het sintetiese kolwe ook?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by James Wilson »

ja, dis nou jammer
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
.::Alwyn-U::.
Hero Member
Hero Member
Posts: 947
Joined: Sun Apr 17, 2011 1:43 pm

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by .::Alwyn-U::. »

Ek het ook gedink boyds sal sinteties he..
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by Lourens »

Ongelukkig het Boyds nie sintetiese kolwe nie. Ek soek 'n Bell & Carlson Carbelite met Black Gray spiderweb of Olive black spiderweb afwerking, dis darrem maar baie mooi. Ekt nou bietjie navorsing gedoen. Die groot probleem is met kolwe van meer as $100. Daarvvor het jy 'n uitvoerlisensie nodig en dan hardloop die vervaardiger vinnig weg as hy daai woorde hoor. Dis hoekom Boyd's ook net tot by $100 kolwe uitvoer. Richard's microfit doen wel kolwe van meer as $100 maar hulle het 'n uitvoerlisensie, so dis nie n probleem nie. Albei die maatskapye doen slegs gelamineerde en houtkolwe. Gaan kyk bietjie op stockysstocks.com daai manne het ook baie mooi kolwe en die pryse is uitstekend. Hulle voer ongelukkig glad nie uit nie, nie eers vir minder as $100 nie. Jy kan egter vir kolwe van minder as $100 via MyUS.com of 'n ander kanaal hiernatoe verskeep. Die kolf wat ek soek is ongelukkig $165.  :(

Al manier hoe jy 'n kolf van meer as $100 hier gaan kry is as jy hom na iemand wat jy ken in Amerika toe stuur en dat die persoon dit dan aan jou stuur as 'n geskenk / "gift". Dan is daar gewoonlik nie snaakse vrae nie plus daar is geen invoer belasting en BTW nie. Net jammer ek ken nie rerig mense in Amerika nie!!  :( :( :( :( :( :( :( :(

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
safric

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by safric »

Lourens,

Wat se kolf soek jy en vir wat se aksie?
"No problem" en S&O kry hom vir jou so vinnig soos 'n "p&?p uit 'n bad uit"!
Laat weet net en ek reel vir jou!

Safric
User avatar
TikkaT3
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Thu Mar 03, 2011 1:35 pm

Re: Sintetiese kolf invoer

Post by TikkaT3 »

Ek het 'n Bell and Carlson kolf van die USA af bestel, hulle doen die export permits etc vir jou, so als behoort glad te loop. Hulle 'label' dit as 'sporting goods'.
Float like a butterfly, sting like a 70grainer at 3500ft/s...
Post Reply