Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek wil graag 'n nuwe kolf invoer vir een van my wapens. Ek het nou deeglik navraag gedoen by die vervaardiger en ek kan glad nie via hulle bestel nie aangesien hulle nie 'n kolf aan my kan stuur nie, slegs aan 'n handelaar of besigheid. Hulle het voorgestel dat ek die kolf laat verskeep na iemand wat ek ken in Amerika en dat die persoon dit dan aan my pos of stuur. Volgens hulle is daar nie 'n probleem hiermee nie?
Ek weet daar is manne op die forum wat al by Boyd's en Richard's Micro Fit gelamineerde en hout kolwe bestel het en dit met die pos laat kom het sonder enige probleme.
Hierdie kolf is egter nie gelamineerd of hout nie, maar sinteties. Dis egter 'n gewone styl kolf, nie 'n taktiese een nie.
Ek wil graag hoor by die manne wat weet of iemand al op hierdie manier 'n sintetiese kolf ingebring het? Volgens die verskaffer sal daar geen moeilikheid wees om die kolf uit die USA uit te kry nie, ek moet net uitvind of ons customs aan die kant probleme met sulke goed het.
Middag Rooijakkals
Ongelukkig het ek nie raad vir jou nie, maar sal graag ook wil hoor iemand n iemand ken wat kan help.
Ek kyk na nie HS precision Varmint kolf vir my 243. Die swart een met die grys "web", dit lyk darm maar bitter stout.
Ongelukkig het Boyds nie sintetiese kolwe nie. Ek soek 'n Bell & Carlson Carbelite met Black Gray spiderweb of Olive black spiderweb afwerking, dis darrem maar baie mooi. Ekt nou bietjie navorsing gedoen. Die groot probleem is met kolwe van meer as $100. Daarvvor het jy 'n uitvoerlisensie nodig en dan hardloop die vervaardiger vinnig weg as hy daai woorde hoor. Dis hoekom Boyd's ook net tot by $100 kolwe uitvoer. Richard's microfit doen wel kolwe van meer as $100 maar hulle het 'n uitvoerlisensie, so dis nie n probleem nie. Albei die maatskapye doen slegs gelamineerde en houtkolwe. Gaan kyk bietjie op stockysstocks.com daai manne het ook baie mooi kolwe en die pryse is uitstekend. Hulle voer ongelukkig glad nie uit nie, nie eers vir minder as $100 nie. Jy kan egter vir kolwe van minder as $100 via MyUS.com of 'n ander kanaal hiernatoe verskeep. Die kolf wat ek soek is ongelukkig $165.
Al manier hoe jy 'n kolf van meer as $100 hier gaan kry is as jy hom na iemand wat jy ken in Amerika toe stuur en dat die persoon dit dan aan jou stuur as 'n geskenk / "gift". Dan is daar gewoonlik nie snaakse vrae nie plus daar is geen invoer belasting en BTW nie. Net jammer ek ken nie rerig mense in Amerika nie!!
Wat se kolf soek jy en vir wat se aksie?
"No problem" en S&O kry hom vir jou so vinnig soos 'n "p&?p uit 'n bad uit"!
Laat weet net en ek reel vir jou!
Ek het 'n Bell and Carlson kolf van die USA af bestel, hulle doen die export permits etc vir jou, so als behoort glad te loop. Hulle 'label' dit as 'sporting goods'.
Float like a butterfly, sting like a 70grainer at 3500ft/s...