Handelaars onkunde
-
jannie78
- Newbie

- Posts: 15
- Joined: Tue Apr 12, 2016 8:47 am
Handelaars onkunde
Naand almal. Ek het raad nodig hoe om 'n frustrerende situasie op te los. Ek het by 'n handelaar ingestap op soek na 'n 223. Hy deel my toe mee dat hy iets beter het - 'n Howa Varmint 22-250 met 1:9 twist. Perfek. Nou ek ek swaarder koeëls skiet teen 'n hoër spoed. Ek het my lisensie gekry en sukkel die afgelope 2 weke om groeperings te kry. Moedeloos gaan ek na my geweersmid en ons meet ook sommer die loop se twist. Dit blyk toe dat die geweer 'n 1:12 draai het en nie 1:9 soos dit aan my verkoop is nie. Wat staan my te doen want ek is redelik g@&vol!. Groete
6.5 Creedmoor, Musgrave 30.06, CZ .375, Beretta semi- auto, Glock 19, CZ 457. 22, Ak47, Remington 243 
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Handelaars onkunde
handelaar moet pa staan en klaar
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Handelaars onkunde
as jy bewyse het dat dit 1:9 is moet hy pa staan ja! dit dink ek nie is onkunde nie maar gierigheid. maar ek sit dalk die pot mis, gaan terug en gesels, dit werk 85% van die tyd om bitjie met die baas rustig te gesels.ruaanb wrote:handelaar moet pa staan en klaar
hoop jy kom reg!