Wat se die wet

Post Reply
Smirre
Hero Member
Hero Member
Posts: 985
Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am

Wat se die wet

Post by Smirre »

More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.

Wat seg julle geleerdes?

Dankie
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Wat se die wet

Post by Chris Swart »

Jy mag gewere verkoop.

Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.

Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Wat se die wet

Post by andre007 »

Smirre wrote:More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.

Wat seg julle geleerdes?

Dankie
Yip, die geweer/wapens koop en verkoop is fine maar die Ammo is die probleem, jy kan mos die Ammo aan n lisensiehouer skenk en op ontvangs daarvan skenk hy jou n kas bier of so iets? :police:
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat se die wet

Post by Eugene »

Chris Swart wrote:Jy mag gewere verkoop.

Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.

Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
Yip. Dit is presies wat die wet sê.
Aim small, miss small
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Wat se die wet

Post by Johan Nel »

Ek glo jy sal wel komponente mag smous, koeëls en doppe, maar nie slagdoppe en kruit nie, aangesien dit ook beheerde items is.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Wat se die wet

Post by Chris Swart »

Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat se die wet

Post by Eugene »

Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie.... >:D >:D >:D
Aim small, miss small
Chris Swart
Hero Member
Hero Member
Posts: 859
Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am

Re: Wat se die wet

Post by Chris Swart »

Eugene wrote:
Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie.... >:D >:D >:D
Jy KAN, maar ek sal myself eerder die moontlike papierwerk spaar...
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Wat se die wet

Post by Eugene »

++>: ++>: ++>:

Die vuurwapenwet het seker van die mees onpraktiese bepalings ooit in.

Byvoorbeeld:
1. ek verkoop my 270 aan jou en het geen ander 270 op my naam nie. Toe jy die geweer met jou natnuwe lisensie kom haal, het ek nog so 12 gelaaide rondtes oor. Ek mag dit nie vir jou gee nie, maar ek mag dit ook nie hou nie. Wat moet ek nou daarmee doen?

2. Ek het 'n paar gewere en my vrou het 'n paar gewere. Ons het egter saam lisensies vir 'n 308, ek hoof en sy addisioneel. Ons mag daardie geweer in 'n kluis saam sit, waarvan sy en ek elkeen 'n sleutel het, maar my ander gewere moet in 'n kluis waarvan net ek die sleutel het, en haar gewere in 'n kluis waarvan net sy die sleutel het....... ::)
Aim small, miss small
Post Reply