More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.
Wat seg julle geleerdes?
Dankie
Wat se die wet
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Wat se die wet
Jy mag gewere verkoop.
Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.
Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.
Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
- andre007
- Hero Member

- Posts: 2234
- Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm
Re: Wat se die wet
Yip, die geweer/wapens koop en verkoop is fine maar die Ammo is die probleem, jy kan mos die Ammo aan n lisensiehouer skenk en op ontvangs daarvan skenk hy jou n kas bier of so iets?Smirre wrote:More
Ons by die skiet vereniging wou onderling n groep stig om oortollige ammo gewere ens te verkoop.
Een van die klublede se dis onwettig om wapens en ammo op so groep te adverteer.
Wat seg julle geleerdes?
Dankie
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
Groete
Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat se die wet
Yip. Dit is presies wat die wet sê.Chris Swart wrote:Jy mag gewere verkoop.
Jy mag onder geen omstandighede ammo verkoop sonder 'n handelaars lisensie nie.
Dit is wat Martin Hood vir my gesê het.
Aim small, miss small
-
Johan Nel
- Hero Member

- Posts: 2172
- Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm
Re: Wat se die wet
Ek glo jy sal wel komponente mag smous, koeëls en doppe, maar nie slagdoppe en kruit nie, aangesien dit ook beheerde items is.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
- Laurence J. Peter
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Wat se die wet
Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat se die wet
Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie....Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.
Aim small, miss small
-
Chris Swart
- Hero Member

- Posts: 859
- Joined: Fri May 18, 2012 7:49 am
Re: Wat se die wet
Jy KAN, maar ek sal myself eerder die moontlike papierwerk spaar...Eugene wrote:Nee, maar as die nuwe eienaar die lisensie het en sy geweer kom haal, kan jy hom seker die ou ammo wat jy het, saam met die geweer gee. En as hy jou uit dankbaarheid 'n R200 gee, dan is dit seker maar net 'n fooitjie....Chris Swart wrote:Jy mag ook nie gelaaide ammo as deel van 'n paket saam met 'n geweer verkoop nie.![]()
![]()
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Wat se die wet
Die vuurwapenwet het seker van die mees onpraktiese bepalings ooit in.
Byvoorbeeld:
1. ek verkoop my 270 aan jou en het geen ander 270 op my naam nie. Toe jy die geweer met jou natnuwe lisensie kom haal, het ek nog so 12 gelaaide rondtes oor. Ek mag dit nie vir jou gee nie, maar ek mag dit ook nie hou nie. Wat moet ek nou daarmee doen?
2. Ek het 'n paar gewere en my vrou het 'n paar gewere. Ons het egter saam lisensies vir 'n 308, ek hoof en sy addisioneel. Ons mag daardie geweer in 'n kluis saam sit, waarvan sy en ek elkeen 'n sleutel het, maar my ander gewere moet in 'n kluis waarvan net ek die sleutel het, en haar gewere in 'n kluis waarvan net sy die sleutel het.......
Aim small, miss small


