SD wapen gesoek

Enige iets waarna jy soek/Anything you want
Post Reply
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

SD wapen gesoek

Post by Jacquesb »

Verkieslik Glock verkies .10mm Auto of .45
In goeie kondisie.
Of wat het jy om te verkoop.

Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
henrygriffiths
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Tue Jan 17, 2012 9:54 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by henrygriffiths »

dagse ek het n 357 mag austra 4 duim wat ek wil verkoop R750 vir die revolver en dan het ek dies en doppe en patrone so om en by 500 ekstra
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Apie »

Jacques

Gaan jy die wapen dra daagliks of slegs as jy langpad ry?

Kyk bietjie op een van die ander drade is daar n pos oor verskillede punte se penetrasie vermoë

Selfs n 9mm met goeie ammo soos Winchester Rangers, Hornady Critical Defense, Federal HST ens is verseker in die running.

10mm ammo is nie so volop nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Arnold »

Soek vir jou n 9mm Glock. Ek het n 45 gehad en het na 9mm beweeg oor jy n kleiner wapen met baie meer ammo in die magesyn kan kry. Slaankrag is ook nie n issue met moderne 9mm ammo nie.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Alwin »

Niks fout met 10mm Glock nie. Hy skop nogal, maar is gewoonlik baie akkuraat. Ammu is skaars, maar nie onbekombaar nie. Jy sal noodwendig moet herlaai, anders kan jy nie oefen nie.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Carl »

Hallo Jacques

Jy het reeds 'n 9mmP, hoekom wil jy 'n ander kaliber ook by koop? Wil jy die vuurwapen elke dag dra (EDD)?
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Apie »

Het self nog nie n 10mm Auto geskiet nie.
My ervaring met die 40 en 45 is geneig om te twist in jou hand as jy vinnig begin skiet.
Veral met selfverdediging ammo wat bietjie meer 'torque' het.
Glo my, jy wil.nie met n Winchester Ranger in 9mm raakgeskiet wees nie.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: SD wapen gesoek

Post by Jacquesb »

More almal.
Dankie vir julle insette.
Dis vir n vriend, eks tevrede met die H&K.
Ek gee hom vanaand al die terugvoer en dan volg ons individueel op soos nodig.
Voorspoed.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3073
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Apie »

As hy daagliks gaan dra sal ek voorstel hy koop 'n

Glock 19 of dalk 26
CZ Duty

Magasyne, holsters, visiere en alle by en toebehore is volop en die pistole dra lekker en skiet ook lekker.
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: SD wapen gesoek

Post by Alwin »

As jou vriend die wapen net vir selfvedediging (SV) wil dra, en hom elke dag gaan dra (hoe anders?), dan is die 9mm die beter keuse. In Glock se reeks, is die G19 die gewildste, en dis met goeie rede.

Die 10mm Auto het 'n nut. Dis 'n goeie handwapenjag-kaliber, vir gebruik as primêre jagwapen, of as sekondêre wapen, d.w.s. vir die toediening van 'n doodskoot op gekweste wild (met die regte ammu en waar wettig). Hys is natuurlik 'n goeie SV kaliber ook, met die regte ammu.

Ballisties gewys is die 10mm heelwat kragtiger as die 357 Mag, en baie vergelykbaar met die 41 Mag. Jy kan natuurlik die 10mm aflaai na omtrent 40S&W ballistiek, dan is hy mak soos 'n lammetjie.

Wat hanteerbaarheid betref, is die 10mm meer van 'n handvol as enige ander normale pistool kaliber. (Kom ons beperk die gesprek to Glock pistole.) In die mod 20 en 40, is hy 'n plesier. Die mod 29 is moeiliker om te hanteer, want daar is minder vatplek. Die ooreenstemmende 45ACP modelle (21, 41 en 30) is presies ewe groot, maar skiet effens geriefliker omdat die 45 ACP heelwat makker is as "normale" 10mm ladings. Die groter modelle hanteer dus gaaf, maar dra moeiliker. Die kompakte model dra lekker, maar hanteer nie so goed nie.

Die 45 ACP modelle wen op hanteerbaarheid, maar is minder geskik vir jagdoeleindes, aangesien die kaliber nie sulke diep penetrasie gee as die 10mm nie. Dit is natuurlik ammu-afhanklik. Hulle vat ook gewoonlik 2 patrone minder in die magasyn, as die ooreenstemmende 10mm.

Ons kan aanhou, maar iewers moet mens maar 'n kompromis aangaan en die ene kry wat aan jou (en nie iemand anders se) belangrikste, vereistes voldoen. Die belangrikste is, dat hy daar is as die papaja die waaier se lemme tref.
Post Reply